Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Akademiese Verryking

Deur die jaar reël die Hoërskool Ben Vorster verskeie akademiese verrykingsgeleenthede vir leeders.

Twee keer per jaar word beroepsuitstallings vir leerders gereël om hul keuses ten opsigte van verdere studie- en/of werksgeleenthede, te verbreed.  Die eerste uitstalling vir Graad 12-leerders vind gedurende die eerste week van Maart plaas en die tweede uitstalling, dié vir Graad 11-leerders, gedurende die tweede week van Augustus.  By beide uitstallings word Graad 9-leerders ook betrek om ‘n voorsmakie  te kry van die verskeidenheid van studie-opsies en beroepe, veral met die oog op hul vakkeuse vir Graad 10 aan die einde van hul Graad 9-jaar.

HOI’s wat deelneem is onder andere Universiteite, Universiteite van Tegnologie, privaat kolleges en ander privaat instansies - plaaslik asook vanoor die hele Suid-Afrika.

 

 

 Nuus:

 Gekonfyte woorde wat werk

 04 Sep 2018 @ 00:00:00

Thys Nortjé,’n graad 11-leerder van Hoërskool Ben Vorster, het Vrydag, 17 Augustus, sy slag gewys tydens die ATKV-redenaars se finaal te Buffelspoort. [ Lees meer . . . ]

 Zoé vaar uitstekend by Rojac!

 04 Sep 2018 @ 00:00:00

Op Saterdag, 26 Augustus, het Zoé Robertson, ‘n graad 11-leerling van Hoërskool Ben Vorster, aan die jaarlikse “Rojac”-kompetisie te Polokwane deelgeneem. Rojac” staan vir “Rotary Junior Ambassador’ s Competition”. [ Lees meer . . . ]

 Zoé vaar uitstekend by Rojac!

 03 Sep 2018 @ 00:00:00

Op Saterdag, 26 Augustus, het Zoé Robertson, ‘n graad 11-leerling van Hoërskool Ben Vorster, aan die jaarlikse “Rojac”-kompetisie te Polokwane deelgeneem. Rojac” staan vir “Rotary Junior Ambassador’ s Competition”. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-onderwysers word vereer

 05 Feb 2018 @ 10:33:23

4 van die Hoërskool Ben Vorster se onderwysers is op 26 Januarie vereer tydens die Mayor’s Excellence Awards-seremonie gehou te Hotel@Tzaneen. [ Lees meer . . . ]

 Vossies presteer by Nasionale Tritech!

 18 Sep 2017 @ 10:52:44

Vyf leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster het op Vrydag, 15 September, aan die Nasionale Tritech rondte deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossies se natuurwetenskaplikes presteer!

 18 Sep 2017 @ 09:38:07

Dertien Graad 8- en 9-leerders van die Hoërskool Ben Vorster het onlangs aan die jaarlikse Bio Science olimpiade deelgeneem en uitstekende uitslae behaal. Die landswye olimpiade toets die leerders se algemene natuurwetenskapkennis. [ Lees meer . . . ]

 Vossie redenaars!

 15 May 2017 @ 11:10:12

Op Woensdag, 3 Mei, en Donderdag, 4 Mei, het die VOSSIES se interne redenaarskompetisies plaasgevind. [ Lees meer . . . ]

 Vossies wys hul staal by Nasionale Tritech!

 26 Sep 2016 @ 11:58:01

Die Hoërskool Ben Vorster het oudergewoonte puik ge presteeer tydens die Tri-Tech streeksrondte wat op 16 September by die Hoërskool Merensky aangebied is. Die Vossies het 9 projekte aan die beoordelaars voorgelê. [ Lees meer . . . ]

 Vossie Kunsveiling van graad 9-leerders ‘n reuse sukses!

 26 Sep 2016 @ 11:25:34

Die Hoërskool Ben Vorster se jaarlikse graad 9-kunsveiling wat op Maandag, 12 September 2016, plaasgevind het, was weereens 'n reuse sukses. Leerders en hul ouers was dit eens dat dit 'n genotvolle aand was. [ Lees meer . . . ]

 Vossie redenaars maak geskiedenis!

 22 Aug 2016 @ 13:47:49

2016 is beslis die beste jaar wat die Hoërskool Ben Vorster se redenaars nog beleef het. Om deur te dring na die finale rondte van die ATKV-redenaarskompetisie is die hoogtepunt van enige toegewyde redenaar se redenaarsdroom. Soos Wian Jacobs, die Vossies se SR-lid belas met die kultuurportefeulje, tereg opgemerk het: “Die finaal in die ATKV-redenaarskompetisie is soos die Cravenweek in skolerugby.” [ Lees meer . . . ]