Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossie Onderwysers en matrikulante vereer!

 27 Mar 2017 @ 13:01:02

Die Hoërskool Ben Vorster het verskeie toekennings by die Mopani distrik se prysuitdeling, wat 23 Maart gehou is, ontang.  Die pryse is gebasseer op die 2016-matriekuitslae en die kriteria is deur die Limpopo Departement van Onderwys vasgestel.

Die Vossies ontvang ‘n top 3-toekenning vir die beste publieke skool en skool met die meeste universiteitstoelatings in die kategorie 151 – 200 matrikulante.

Me. Isolde Fasondini, mnr. Archie Norval en mev. Mariëtte Duvenhage word vereer met trofeë vir uitnemendheid in onderskeidelik Fisiese Wetenskap, Besigheidstudies en Wiskunde Geletterdheid.

Die Vossies het ook drie van die top 12 matrikulante in die Mopani distrik opgelewer. Tebatso Mahasha in 10de plek, Tumi Mosegane in 6de plek en Abel Nortjé in 4de plek.

Geluk aan die 2016-jaargroep se personeel en matrikulante met hierdie toekennings. Die Vossies is trots op julle!  Nou is dit die huidige matrieks se kans om te wys of hul die prestasies kan oortref.  Sterkte vir die res van die akademiese jaar en die eksamens, wat in die volgende kwartaal, vir julle wag.  Die Vossies staan bankvas agter julle!

 Vossie Fest 2019!

 13 Aug 2019 @ 00:00:00

Vossie-Fest 30 & 31 Augustus 2019! Dis hier! Spoedig op almal se hakke - ons Vossie- Fest! Koop jou kaartjie NOU by die skool se MUNT en geniet TWEEDAG se feesgebeure vir die prys van EEN! Moenie dit misloop nie - 'like dit', 'share dit' en doen dit nou voordat jy uitmis op puik kunstenaars soos Harlind, Liezel Pieters, Arno Jordaan en Early B. Kaartjies se pryse sluit twee dae se vermaak in en is slegs: R60 per volwassene R40 per laer- of hoërskoolleerlinge Kleuters(gratis) PENSIO [ Lees meer . . . ]