Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossie-gholfspeler blink uit!

 17 Oct 2017 @ 13:35:22

James Vorster, ‘n graad 10-leerder van die Hoërskool Ben Vorster, het van 1 – 3 Oktober te Rustenburg aan die SA-Hoërskole gholfkampioenskappe deelgeneem. Daar was 75 spelers en James het ‘n 38ste plek behaal. James het ook aan die Limpopo Junior Ope vanaf 5 – 8 Oktober te Polokwane deelgeneem waar hy ‘n 2de plek in die “strokeplay”, wat oor vier rondtes gespeel is, behaal het en hy het ook die kwarteindrondte in die “Matchplay” behaal.  Baie geluk, James!

 James Vorster verwerf 2de plek by Limpopo Hoërskole Gholfkampioenskappe

 21 Aug 2019 @ 00:00:00

James Vorster, ‘n graad 12-leerling van Die Hoërskool Ben Vorster, het die afgelope naweek ‘n 2de plek tydens die Limpopo Hoërskole Gholfkampioenskappe behaal. [ Lees meer . . . ]

 James Vorster kraai koning by die Soutpansberg Ope in Louis Trichardt

 23 Jan 2019 @ 00:00:00

James Vorster, ‘n graad 12-leerling van die Hoërskool Ben Vorster, het die afgelope naweek aan die Soutpansberg Ope te Louis Trichardt deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 James Vorster blink uit tydens die Limpopo Inter- en Junior Ope Gholfkampioenskappe

 12 Oct 2018 @ 00:00:00

James Vorster, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, het tydens die vakansie deelgeneem aan die O/19-Inter provinsiale kampioenskappe en was ook die kaptein van die span. [ Lees meer . . . ]

 Limpopo Gholf-ster!

 25 Sep 2018 @ 00:00:00

Jaco de la Rey, ‘n graad 12-leerling van die Hoërskool Ben Vorster, is onlangs aangewys as die 2018-“Far North Junior Gholf Champion” van die jaar. [ Lees meer . . . ]

 James Vorster verkies tot Limpopo Hoërskole golfspan!

 05 Sep 2017 @ 07:42:06

James Vorster, die kranige golfspeler van die Hoërskool Ben Vorster, het op Saterdag, 2 September, deelgeneem aan die Limpopo se provinsiale golf kampioenskappe vir Hoërskole. [ Lees meer . . . ]

 Vossies se B-gholfspan wen 2017-Interhoër

 08 Aug 2017 @ 10:31:41

Agt skole het op 1 Augustus 2017 teen mekaar (op die Tzaneen Country Klub) te staan gekom vir hierdie jaar se gholf-interhoër. Hoërskool Ben Vorster se A-span het in die tweede plek, die B-span in die 1ste plek en die C-span in die 3de plek geëindig. [ Lees meer . . . ]

 James gekies vir Limpopo Premier span!

 24 Jul 2017 @ 14:50:22

James Vorster, ‘n leerder van Hoërskool Ben Vorster, is vir die Limpopo gholf-unie se premier interprovinsiale span, wat 18 – 22 September by die Bryanston Country Club in Sandton aan die SA interprovinsiale toernooi gaan deelneem, gekies. [ Lees meer . . . ]