Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossies gee om!

 27 Feb 2018 @ 11:39:10

Die Studenteraad van Hoërskool Ben Vorster se liefdadigheidsreëlingskomitee, onder leiding van Anzeret Scheepers, het al die Vossies uitgedaag om saam te staan om te deel in hul pragtige kleredonasie-projek. Die projek is in die gemeenskap geloots om minderbevoorregtes te help. Natuurlik het die Vossies hul harte en kaste letterlik oopgemaak en as skool die “HART” van Vossieland gewys!

‘n Projek, wat self deur hierdie Vossies gestig is, met die doel om mede-Vossies te leer om vir mekaar en vir ander om te gee. Sodoende word ‘n bewussyn gekweek dat jy jouself geestelik verryk, emosioneel versterk en selfwaarde ontwikkel as jy ander help. Al die klere word aan SAVF geskenk! Leerlinge, wat klere geskenk het, kon vir die dag “FUNKY” sokkies aantrek. Die Vossies beplan reeds die volgende projek.

Baie dankie Vossies vir die omgee!

Foto 1:  Anzeret Scheepers saam met Ilza Roelofse van die SAVF.

Foto 2:  Vossies gee om!