Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossie-swemmer kwalifiseer vir SA-Senior Nasionale swemkampioenskappe

 27 Mar 2018 @ 12:49:28

Ruan Hanaczeck-Krüger, ‘n graad 10-leerling van die Hoërskool Ben Vorster het die afgelope naweek aan die Suid-Afrikaanse junior swemkampioenskappe in Durban deelgeneem.  Hy het reeds vir die 50m-borsslag se finaal gekwalifiseer en het ‘n 4de plek behaal.

Hiermee het hy vir die Suid-Afrikaanse Senior Nationale kampioenskappe, wat volgende maand in Port Elizabeth plaasvind, gekwalifiseer.  Hy het vir die 100m-borsslag se finaal gekwalifiseer waaraan hy moet deelneem.

Baie geluk, Ruan.  Die Vossies is trots op jou prestasies.

  

 

 Vossie swemmers presteer!

 29 Jul 2019 @ 00:00:00

Vyf leerlinge van Die Hoërskool Ben Vorster het uitstekend gevaar tydens die Age Group 2 Swemgala, wat op Saterdag, 20 Julie 2019, te Ben Vorster, plaasgevind het. [ Lees meer . . . ]

 Vossie Flippers presteer tydens Level 3-swemkampioenskappe

 08 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Suid-Afrikaanse Level 3-swemkampioenskappe het vanaf 28-31 Maart 2019 by Germiston (Johannesburg) plaasgevind. Die Vossie swemmers het uitstekend gevaar met die volgende top uitslae van elke swemmer: [ Lees meer . . . ]

 Ben Vorster presteer in die water!

 06 Feb 2019 @ 00:00:00

Tien van Die Hoërskool Ben Vorster se swemmers het aan die Limpopo School Champs, wat op 1 en 2 Februarie in Polokwane plaasgevind het, deelgeneem. Baie geluk aan al ons swemmers - almal het puik presteer. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-Flippers is SA-skole swemgala-kampioene

 11 Jan 2019 @ 00:00:00

Die volgende Vossie-swemmers het vanaf 9 tot 14 Desember 2018 aan die SA-skole swemgala-kampioenskappe deelgeneem. Dit het by Ellispark in Johannesburg plaasgevind en hulle het puik presteer! [ Lees meer . . . ]

 Vossie Sprint Gala

 27 Aug 2018 @ 00:00:00

Vier swemmers van Hoërskool Ben Vorster het op Saterdag, 18 Augustus 2018, aan die TUKS Sprint Gala deelgeneem wat op Mokopane plaasgevind het. Baie geluk aan al die swemmers. [ Lees meer . . . ]

 Vossies in Limpopo-swemspan

 27 Aug 2018 @ 00:00:00

Elf Vossie-swemmers het vir die Limpopo-swemspan gekwalifiseer, wat tussen 9 – 14 Desember 2018 aan die SA-skole Kampioenskappe te Kaapstad, gaan deelneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossies swem die wêreld aan die brand!

 05 Jun 2018 @ 00:00:00

Vier leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster is gekies vir die Limpopo Aquatics swemgroep. Ruan Hanaczeck-Krüger is vir die Elite Senior groep gekies en Doran Kleynhans, Erno Botha en Pieter Du Toit is vir die Junior FAST TRACK groep gekies. [ Lees meer . . . ]

 Ruan presteer tydens die SA-swem te Durban

 16 Apr 2018 @ 00:00:00

Ruan Hanaczeck-Krüger, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, het aan die SA-swemkampioenskappe in Durban deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossies-swemmers skitter by Levels

 16 Apr 2018 @ 00:00:00

Agt swemmers van die Hoërskool Ben Vorster het gedurende die April-vakansie deelgeneem aan die Level 2- en Level 3-swemkampioenskappe. [ Lees meer . . . ]