Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossies-swemmers skitter by Levels

 16 Apr 2018 @ 00:00:00

Agt swemmers van die Hoërskool Ben Vorster het gedurende die April-vakansie deelgeneem aan die Level 2- en Level 3-swemkampioenskappe.

Ons wil van die geleentheid gebruik maak om elke swemmer geluk te wens met hul pragprestasies.  Die Vossies is baie trots op julle!  Ons gelukwense gaan ook aan die afrigters: mnr. Johan Grobbelaar (SHAMU) en mnr. Hein Toerien en me. Liezl Toerin (TASC).

 

Die swemmers se Top 3-prestasies was as volg:

 

Level 2 te Polokwane op 7-9 April 2018

Kayla Olivier - D O/14  Brons (3de) in die 50m-borslag, 5de in die 100m-borslag en 4de in die 200m-borslag

 

Level 3 te Hillcrest (Pretoria) op 3-6 April 2018

 

Lané Prinsloo - D O/16  13de in die 50m-vlinderslag, 15de in die 50m-vryslag en 22ste in die 100m-rugslag

Deané Toerien - D O/16-O/18  4de in die 50m-borslag, 9de in die 100m-borslag se finaal en 10de in die 50m rugslag finaal

Marnus Kruger - S O/13  6de in die 50m-borslag se finaal, 7de in die 100m-borslag se finaal en 18de in die 50m-vlinderslag

Pieter du Toit - S O/14  Silwer (2de) in die 100m-vlinderslag se finaal, 5de in die 50m-vlinderslag se finaal en 9de in die 50m-vryslag se finaal

Erno Botha - S O/15  4de in die 50m-rugslag se finaal, 4de in die 100m-rugslag se finaal en 5de in die 200m-rugslag se finaal

Doran Kleynhans - S O/16-O/18  4de in die 100m-rugslag se finaal, 5de in die 50m-rugslag se finaal en 6de in die 50m-vlinderslag se finaal

Rhyno du Plessis - S O/16-O/18  15de in die 200m-IM, 16de in die 50m-rugslag en 19de in die 200m-vryslag

 Vossie Flippers presteer tydens Level 3-swemkampioenskappe

 08 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Suid-Afrikaanse Level 3-swemkampioenskappe het vanaf 28-31 Maart 2019 by Germiston (Johannesburg) plaasgevind. Die Vossie swemmers het uitstekend gevaar met die volgende top uitslae van elke swemmer: [ Lees meer . . . ]

 Ben Vorster presteer in die water!

 06 Feb 2019 @ 00:00:00

Tien van Die Hoërskool Ben Vorster se swemmers het aan die Limpopo School Champs, wat op 1 en 2 Februarie in Polokwane plaasgevind het, deelgeneem. Baie geluk aan al ons swemmers - almal het puik presteer. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-Flippers is SA-skole swemgala-kampioene

 11 Jan 2019 @ 00:00:00

Die volgende Vossie-swemmers het vanaf 9 tot 14 Desember 2018 aan die SA-skole swemgala-kampioenskappe deelgeneem. Dit het by Ellispark in Johannesburg plaasgevind en hulle het puik presteer! [ Lees meer . . . ]

 Vossie Sprint Gala

 27 Aug 2018 @ 00:00:00

Vier swemmers van Hoërskool Ben Vorster het op Saterdag, 18 Augustus 2018, aan die TUKS Sprint Gala deelgeneem wat op Mokopane plaasgevind het. Baie geluk aan al die swemmers. [ Lees meer . . . ]

 Vossies in Limpopo-swemspan

 27 Aug 2018 @ 00:00:00

Elf Vossie-swemmers het vir die Limpopo-swemspan gekwalifiseer, wat tussen 9 – 14 Desember 2018 aan die SA-skole Kampioenskappe te Kaapstad, gaan deelneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossies swem die wêreld aan die brand!

 05 Jun 2018 @ 00:00:00

Vier leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster is gekies vir die Limpopo Aquatics swemgroep. Ruan Hanaczeck-Krüger is vir die Elite Senior groep gekies en Doran Kleynhans, Erno Botha en Pieter Du Toit is vir die Junior FAST TRACK groep gekies. [ Lees meer . . . ]

 Ruan presteer tydens die SA-swem te Durban

 16 Apr 2018 @ 00:00:00

Ruan Hanaczeck-Krüger, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, het aan die SA-swemkampioenskappe in Durban deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-swemmer kwalifiseer vir SA-Senior Nasionale swemkampioenskappe

 27 Mar 2018 @ 12:49:28

Ruan Hanaczeck-Krüger, ‘n graad 10-leerling van die Hoërskool Ben Vorster het die afgelope naweek aan die Suid-Afrikaanse junior swemkampioenskappe in Durban deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Ruan swem dat dit spat!

 05 Feb 2018 @ 09:17:00

Ruan Hanaczedk-Krüger, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, het vir die volgende swem-items gekwalifiseer: [ Lees meer . . . ]