Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossies swem die wêreld aan die brand!

 05 Jun 2018 @ 00:00:00

Vier leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster is gekies vir die Limpopo Aquatics swemgroep.  Ruan Hanaczeck-Krüger is vir die Elite Senior groep gekies en Doran Kleynhans, Erno Botha en Pieter Du Toit is vir die Junior FAST TRACK groep gekies.

Dit is ‘n merkwaardige prestasie aangesien ‘n handjievol vir hierdie groepe kwalifiseer.  Die oefenkampe vind op 23 Junie, 21 Julie en 18 Augustus plaas. 

Baie geluk aan die vier swemmers asook die swemklubs: Shamu en TASC.  Die Vossies is baie trots op julle!

Foto 1:  Doran Kleynhans

Foto 2:  Ruan Hanaczeck-Krüger

Foto 3:  Erno Botha

Foto 4:  Pieter du Toit

 Ben Vorster is Limpopo swemkampioene

 24 Oct 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster het die Top 10-swemgala vir Hoërskole vir die sesde keer in ’n ry ingepalm. [ Lees meer . . . ]

 Vossie flippers blink uit by die Limpopo Skole Kampioenskappe

 09 Oct 2019 @ 00:00:00

Agt van Die Hoërskool Ben Vorster se swemmers het aan die Limpopo Skole Kampioenskappe op Saterdag, 5 Oktober, tot Sondag, 6 Oktober, in Polokwane gaan deelneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie swemmers presteer!

 29 Jul 2019 @ 00:00:00

Vyf leerlinge van Die Hoërskool Ben Vorster het uitstekend gevaar tydens die Age Group 2 Swemgala, wat op Saterdag, 20 Julie 2019, te Ben Vorster, plaasgevind het. [ Lees meer . . . ]

 Vossie Flippers presteer tydens Level 3-swemkampioenskappe

 08 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Suid-Afrikaanse Level 3-swemkampioenskappe het vanaf 28-31 Maart 2019 by Germiston (Johannesburg) plaasgevind. Die Vossie swemmers het uitstekend gevaar met die volgende top uitslae van elke swemmer: [ Lees meer . . . ]

 Ben Vorster presteer in die water!

 06 Feb 2019 @ 00:00:00

Tien van Die Hoërskool Ben Vorster se swemmers het aan die Limpopo School Champs, wat op 1 en 2 Februarie in Polokwane plaasgevind het, deelgeneem. Baie geluk aan al ons swemmers - almal het puik presteer. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-Flippers is SA-skole swemgala-kampioene

 11 Jan 2019 @ 00:00:00

Die volgende Vossie-swemmers het vanaf 9 tot 14 Desember 2018 aan die SA-skole swemgala-kampioenskappe deelgeneem. Dit het by Ellispark in Johannesburg plaasgevind en hulle het puik presteer! [ Lees meer . . . ]

 Vossie Sprint Gala

 27 Aug 2018 @ 00:00:00

Vier swemmers van Hoërskool Ben Vorster het op Saterdag, 18 Augustus 2018, aan die TUKS Sprint Gala deelgeneem wat op Mokopane plaasgevind het. Baie geluk aan al die swemmers. [ Lees meer . . . ]

 Vossies in Limpopo-swemspan

 27 Aug 2018 @ 00:00:00

Elf Vossie-swemmers het vir die Limpopo-swemspan gekwalifiseer, wat tussen 9 – 14 Desember 2018 aan die SA-skole Kampioenskappe te Kaapstad, gaan deelneem. [ Lees meer . . . ]

 Ruan presteer tydens die SA-swem te Durban

 16 Apr 2018 @ 00:00:00

Ruan Hanaczeck-Krüger, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, het aan die SA-swemkampioenskappe in Durban deelgeneem. [ Lees meer . . . ]