Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 ‘n Mond vol woorde - nie tande!

 11 Jun 2018 @ 00:00:00

Thys Nortjé, ‘n graad 11-leerder van die Hoërskool Ben Vorster, het dit weer reggekry. 

Thys het op 25 Mei 2018 deurgedring na die finale rondte van die nasionale ATKV-redenaarskompetisie.  Die finale rondte vind plaas by ATKV-Buffelspoort op           19 Agustus 2018.  Hy sal hier weer sy woorde laat klink in die onvoorbereide afdeling. 

 

Baie geluk, Thys!  Die Vossies staan bankvas agter jou.

 Vossie-onderwysers word vereer vir prestasies!

 19 Feb 2018 @ 09:58:31

Van die Hoërskool Ben Vorster se onderwysers is vereer vir uitsonderlike onderrig tydens die Mopani Distrik Munisipaliteit se prestasie-prysuitdeling wat op Woensdag, 14 Februarie, gehou is. [ Lees meer . . . ]