Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossie Sprint Gala

 27 Aug 2018 @ 00:00:00

Vier swemmers van Hoërskool Ben Vorster het op Saterdag, 18 Augustus 2018, aan die TUKS Sprint Gala deelgeneem wat op Mokopane plaasgevind het.  Baie geluk aan al die swemmers.  Die Vossies is trots op julle!

 

Die Vossie-swemmers het die volgende uitslae behaal:

Liandri de Bruin

Een 3de plek - (50m-borsslag)

Drie 2de plekke - (50m-vryslag, 200m-IM en 50m-rugslag)

Een 1ste plek - (100m-vryslag)

 

Marnus Kruger                    

Twee 2de plekke - (50m-vlinderslag, 200m-IM)

Vier 1ste plekke - (50m-borsslag, 50m-vryslag, 50m-rugslag en 100m-borsslag)

 

Ruan Hanaczeck-Krüger   

Agt 1ste plekke - (50m/100m-vryslag, 50m/100m-rugslag, 50m/100m-vlinderslag en 50m/100m-borsslag)

Ruan het ook vyf rekords gedurende die gala verbeter.

 

Erno Botha

Vier 1ste plekke - (50m/100m-vryslag, 100m-borsslag en 100m-rugslag)

Erno het ook een rekord verbeter.

Foto 1:

Voor:  Liandri de Bruin

Agter: Ruan Hanaczeck-Krüger, Erno Botha en Marnus Kruger

 Vossie Flippers presteer tydens Level 3-swemkampioenskappe

 08 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Suid-Afrikaanse Level 3-swemkampioenskappe het vanaf 28-31 Maart 2019 by Germiston (Johannesburg) plaasgevind. Die Vossie swemmers het uitstekend gevaar met die volgende top uitslae van elke swemmer: [ Lees meer . . . ]

 Ben Vorster presteer in die water!

 06 Feb 2019 @ 00:00:00

Tien van Die Hoërskool Ben Vorster se swemmers het aan die Limpopo School Champs, wat op 1 en 2 Februarie in Polokwane plaasgevind het, deelgeneem. Baie geluk aan al ons swemmers - almal het puik presteer. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-Flippers is SA-skole swemgala-kampioene

 11 Jan 2019 @ 00:00:00

Die volgende Vossie-swemmers het vanaf 9 tot 14 Desember 2018 aan die SA-skole swemgala-kampioenskappe deelgeneem. Dit het by Ellispark in Johannesburg plaasgevind en hulle het puik presteer! [ Lees meer . . . ]

 Vossies in Limpopo-swemspan

 27 Aug 2018 @ 00:00:00

Elf Vossie-swemmers het vir die Limpopo-swemspan gekwalifiseer, wat tussen 9 – 14 Desember 2018 aan die SA-skole Kampioenskappe te Kaapstad, gaan deelneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossies swem die wêreld aan die brand!

 05 Jun 2018 @ 00:00:00

Vier leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster is gekies vir die Limpopo Aquatics swemgroep. Ruan Hanaczeck-Krüger is vir die Elite Senior groep gekies en Doran Kleynhans, Erno Botha en Pieter Du Toit is vir die Junior FAST TRACK groep gekies. [ Lees meer . . . ]

 Ruan presteer tydens die SA-swem te Durban

 16 Apr 2018 @ 00:00:00

Ruan Hanaczeck-Krüger, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, het aan die SA-swemkampioenskappe in Durban deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossies-swemmers skitter by Levels

 16 Apr 2018 @ 00:00:00

Agt swemmers van die Hoërskool Ben Vorster het gedurende die April-vakansie deelgeneem aan die Level 2- en Level 3-swemkampioenskappe. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-swemmer kwalifiseer vir SA-Senior Nasionale swemkampioenskappe

 27 Mar 2018 @ 12:49:28

Ruan Hanaczeck-Krüger, ‘n graad 10-leerling van die Hoërskool Ben Vorster het die afgelope naweek aan die Suid-Afrikaanse junior swemkampioenskappe in Durban deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Ruan swem dat dit spat!

 05 Feb 2018 @ 09:17:00

Ruan Hanaczedk-Krüger, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, het vir die volgende swem-items gekwalifiseer: [ Lees meer . . . ]