Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Limpopo Leopards Hokkie

 12 Oct 2018 @ 00:00:00

Tydens 5-7 Oktober het die Limpopo Leopards aan ‘n toernooi in Johannesburg, waarna hul uitgenooi is, deelgeneem.  Hulle moes teen Gauteng se Gryphons, Pretoria se Pit bulls en Mpumalanga se Mambas deelneem.

Hulle het baie ondervinding opgedoen.  Die volgende leerlinge van Ben Vorster was by die spanne ingedeel.  Hulle neem weer in Desember aan die Pro Series Indoor Nationals deel:

O/14:   Heiletje le Roux en Chanté Smith

O/16-meisies:  Jana Oberholzer en Lorinda Esterhuizen

O/16-seuns:  Liam Meintjes en Ernst van der Schyff

Foto 1:  

Voor: Heiletje le Roux en Chanté Smith

Agter: Ernst van der Schyff, Jana Oberholzer, Lorinda Esterhuizen en Liam Meintjes.

 4de plek by Noordvaal vir Vossies O/14-dogtershokkiespan

 13 Aug 2018 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster se O/14-dogtershokkiespan is baie trots nadat hul met ‘n 4de plek by die Noordvaal geëindig het. Die toernooi het in Pretoria te Cornwill Hill College plaasgevind. [ Lees meer . . . ]

 Ben Vorster presteer by Limpopo-semifinaal hokkie

 11 Jun 2018 @ 00:00:00

Op Saterdag, 9 Junie 2018, het drie van die Hoërskool Ben Vorster se dogters-hokkiespanne in die Limpopo-semifinale gespeel te Polokwane. [ Lees meer . . . ]

 Ben Vorster hokkie liga-uitslae

 21 May 2018 @ 00:00:00

Op Woensdag, 16 Mei 2018, het die seuns liga-wedstryde teen Groblersdal Academy tuis plaasgevind. Die Vossies het een wedstryd gewen en een verloor. [ Lees meer . . . ]

 Vossies se wintersport meet kragte teen Hoërskool Oos-Moot

 16 Apr 2018 @ 00:00:00

Die afgelope naweek het Hoërskool Ben Vorster na Pretoria gereis om teen Hoërskool Oos-Moot kragte te meet in die PUK-reeks. Die netbal-, hokkie- en rugbyspanne het baie goed gevaar. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-hokkie vaar goed in die PUK-reeks teen Centurion!

 20 Mar 2018 @ 08:27:13

Hoërskool Ben Vorster se hokkie het Saterdag, 17 Maart, hul staal gewys en ‘n totaal van 22 doele teen Centurion aangeteken en die besoekers kon geen doele teen die Vossies aanteken nie. [ Lees meer . . . ]

 Tawwe stryd vir Vossie-hokkie!

 13 Mar 2018 @ 09:31:54

Die Vossie-hokkie het geweet dat Saterdag se wedstryde teen Klerksdorp baie sterk kompetisie gaan wees. Die spanne moes baie hard werk vir elke doel wat aangeteken is. [ Lees meer . . . ]

 Die Vossies is gerat vir 2018!

 15 Jan 2018 @ 12:37:57

Die Hoërskool Ben Vorster het ‘n baie suksesvolle Malik-hokkiekliniek op 12 en 13 Januarie 2018 aangebied. [ Lees meer . . . ]

 Vossies kry bestuurder vir Astro-hokkiebaan!

 22 Aug 2017 @ 07:45:45

Louis van Dyk is aangestel as die bestuurder van Hoërskool Ben Vorster se beplande Astro-hokkiebaan. Louis was die afrigter van Hoërskool Frans du Toit se eerste en junior seunshokkiespanne asook afrigter van die Limpopo O/16A-span. [ Lees meer . . . ]

 Astro hokkiebaan, ‘n eerste vir Tzaneen!

 08 Aug 2017 @ 09:21:05

Die Hoërskool Ben Vorster se hokkie het die afgelope paar jare teen sterker kompetisie te staan gekom omdat hulle opponente op astro bane begin oefen het. [ Lees meer . . . ]