Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Grootvlei rugbytoer te Engeland en Skotland

 15 Oct 2018 @ 00:00:00

Gedurende die September/Oktober vakansie het 14 seuns van Ben Vorster se Inyathi’s tesame met hul hoof-afrigter, mnr. Sakkie Vermeulen, na Engeland en Skotland saam met Grootvlei Rugby Akademy getoer.

Tydens hierdie toer het die span verskeie plekke in Engeland en Skotland besoek en dit was ‘n groot ervaring vir hierdie seuns. 

Gedurende hulle besoek in London is onder andere London Eye en Twickenham rugbystadion besoek waartydens die seuns tot in die Engelse rugbyspan se kleedkamers ingeneem is - ‘ n Ervaring wat lewenslank by hierdie seuns sal bly.

Daar is ook besoek afgelê by Manchester United waar die seuns ‘n volledige toer deur die hele stadion en tot binne die kleedkamers van die spelers gehad het.  Hulle kon fisies op elke sokkerspeler se sitplek sit - ‘n voorreg wat min skoolseuns kry.

Besoek is ook aan Edinburgh Castle in Skotland afgelê waar die tradisies en geskiedenis van Skotland aan die seuns uitgelê is. 

Gedurende die toer het die seuns wedstryde bygewoon tussen Saracens en Bath asook Edinburgh en Cheetahs.  Voor die wedstryd tussen Saracens en Bath het die spelers afrigtingsessies by die Saracens High Performance afrigters ontvang en so ongelooflike nuwe kennis van die spel opgedoen.

Grootvlei het drie wedstryde tydens die toer gespeel waarvan hulle al die wedstryde gewen het.  Franco Broodryk (kaptein) en sy span het uitstekend gevaar en die onderstaande uitslae spreek boekdele van die spel wat die seuns opgelewer het:

1.  Grootvlei teen Cheshunt           (48–7 Grootvlei)

2.  Grootvlei teen Heaton Moor     (38-12 Grootvlei)

3.  Grootvlei teen Kirkcaldy            (59-7 Grootvlei)

Die seuns se dissipline was van hoogstaande gehalte en Ben Vorster kan uiters trots wees op die Inyathi’s wat gekies is om die toer mee te maak.  Die seuns het voorwaar Ben Vorster se vaandel hooggedra en ‘n uitstekende voorbeeld vir die ander spelers wat gekies is gestel.

Die toer is elke rugbyspeler se droom!

Foto 1:  Afrigter, mnr. Sakkie Vermeulen en Franco Broodryk (kaptein).

Foto 2:  Grootvlei rugbytoer te Engeland en Skotland

 Vossie rugby het ‘n gemengde dag op die veld!

 21 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossie se O/14A-span was die beter span op die dag, maar is deur ‘n paar beslissings gekniehalter. DA Swart, die Vossies se kaptein, het van voor gelei en was uitstekend gewees. [ Lees meer . . . ]

 Vossies beklink sege in doodsnikke

 14 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossies het op Saterdag, 11 Mei, net weer bewys dat ‘n Vossie nooit opgee nie. Ben Vorster se O/14A-span het gewys dat Vossie se junior rugby gesond is. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-wintersport neem vriendskaplik deel teen Hoërskool Menlopark

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Vossies was die afgelope naweek in ‘n harde stryd teen Hoërskool Menlopark van Pretoria en het aan vriendskaplike wedstryde deelgeneem. Hoërskool Menlopark, een van die mega skole in die Noordvaal, het Die Hoërskool Ben Vorster se sport spanne omtrent laat werk om enige punte op die telbord te kry. Die Vossies het wel karakter gewys en nie gaan lê nie. [ Lees meer . . . ]

 Groen en Goud vir rugbyspelers

 28 Feb 2019 @ 00:00:00

Christiaan Smit en Renzo du Plessis, leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster, verruil die rooi en wit vir die GROEN EN GOUD! [ Lees meer . . . ]

 Franco Broodryk aangewys as kaptein van rugbyspan!

 25 Sep 2018 @ 00:00:00

Gedurende die Maart vakansie het die Hoërskool Ben Vorster se Inyathi’s (2de span) deelgeneem aan ‘n rugbytoernooi te Grootvlei Sport academy Pretoria waar hulle meegeding het teen ander skole se 1ste spanne. [ Lees meer . . . ]

 Noordvaal Top 16-Sewesrugby

 20 Sep 2018 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster het die afgelope naweek te Pretoria aan die Noordvaal Sewesrugbykampioenskappe deelgeneem en puik presteer waar die O/15-sewesspan 7de en die O/17-sewesspan 11de geëindig het. [ Lees meer . . . ]

 Vossies is 7’s rugby Limpopo-kampioene!

 03 Sep 2018 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster het die afgelope naweek in Polokwane aan ‘n 7’s toernooi deelgeneem waar die O/15-span as Limpopo-kampioene gekroon is en die O/17-span 2de plek geëindig het. [ Lees meer . . . ]

 Ben Vorster eerste span deur na die Virseker Beker finale

 13 Aug 2018 @ 00:00:00

Drie van die Hoërskool Ben Vorster se rugbyspanne het die afgelope naweek, 11 Augustus 2018, in die semifinale van die Virskeker Beker se afdeling 1-skild gespeel. Die O/14- en O/15-spanne het in Pretoria teen onderskeidelik Hoërskool Florida en Hoërskool Lichtenburg te staan gekom terwyl die eerste span op hul tuisveld teen Hoërskool Middelburg gespeel het. [ Lees meer . . . ]

 Vossies bly op die wenpad in die Virseker Beker Toernooi

 23 Jul 2018 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster se rugbyspanne het die afgelope naweek te staan gekom teen Hoërskool Middelburg. Die Vossies het vyf van die agt wedstryde gewen. [ Lees meer . . . ]