Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Grootvlei rugbytoer te Engeland en Skotland

 15 Oct 2018 @ 00:00:00

Gedurende die September/Oktober vakansie het 14 seuns van Ben Vorster se Inyathi’s tesame met hul hoof-afrigter, mnr. Sakkie Vermeulen, na Engeland en Skotland saam met Grootvlei Rugby Akademy getoer.

Tydens hierdie toer het die span verskeie plekke in Engeland en Skotland besoek en dit was ‘n groot ervaring vir hierdie seuns. 

Gedurende hulle besoek in London is onder andere London Eye en Twickenham rugbystadion besoek waartydens die seuns tot in die Engelse rugbyspan se kleedkamers ingeneem is - ‘ n Ervaring wat lewenslank by hierdie seuns sal bly.

Daar is ook besoek afgelê by Manchester United waar die seuns ‘n volledige toer deur die hele stadion en tot binne die kleedkamers van die spelers gehad het.  Hulle kon fisies op elke sokkerspeler se sitplek sit - ‘n voorreg wat min skoolseuns kry.

Besoek is ook aan Edinburgh Castle in Skotland afgelê waar die tradisies en geskiedenis van Skotland aan die seuns uitgelê is. 

Gedurende die toer het die seuns wedstryde bygewoon tussen Saracens en Bath asook Edinburgh en Cheetahs.  Voor die wedstryd tussen Saracens en Bath het die spelers afrigtingsessies by die Saracens High Performance afrigters ontvang en so ongelooflike nuwe kennis van die spel opgedoen.

Grootvlei het drie wedstryde tydens die toer gespeel waarvan hulle al die wedstryde gewen het.  Franco Broodryk (kaptein) en sy span het uitstekend gevaar en die onderstaande uitslae spreek boekdele van die spel wat die seuns opgelewer het:

1.  Grootvlei teen Cheshunt           (48–7 Grootvlei)

2.  Grootvlei teen Heaton Moor     (38-12 Grootvlei)

3.  Grootvlei teen Kirkcaldy            (59-7 Grootvlei)

Die seuns se dissipline was van hoogstaande gehalte en Ben Vorster kan uiters trots wees op die Inyathi’s wat gekies is om die toer mee te maak.  Die seuns het voorwaar Ben Vorster se vaandel hooggedra en ‘n uitstekende voorbeeld vir die ander spelers wat gekies is gestel.

Die toer is elke rugbyspeler se droom!

Foto 1:  Afrigter, mnr. Sakkie Vermeulen en Franco Broodryk (kaptein).

Foto 2:  Grootvlei rugbytoer te Engeland en Skotland

 Vossies bobaas op Buffelpark

 03 Sep 2019 @ 00:00:00

Beide die Vossies se sewesspanne was die naweek op Buffelpark gekroon as die Limpopo seweskampioene. [ Lees meer . . . ]

 Vossies word GEKROON as Virseker Beker Plaatafdeling Kampioene

 21 Aug 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster is Saterdag, 17 Augustus, gekroon as die Virseker Beker Plaatafdeling Kampioene in Alberton. Die Vossies het teen Hoërskool Eldoraigne van Pretoria te staan gekom in die kragmeting. [ Lees meer . . . ]

 Nuwe posisie vir Vossie skeidsregter!

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Mnr. Regardt Kleingeld, leerkrag en rugby-breier van Die Hoërskool Ben Vorster, is ook ‘n kranige rugbyskeidsregter verbonde aan die Limpopo Skeidsregters Vereniging. [ Lees meer . . . ]

 Vossies “VIRSEKER” van Virseker semifinale

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster, wat verlede jaar nog in die Skild Afdeling gespeel het, het hierdie jaar in die Plaat Afdeling ‘n trappie hoër sy stempel afdruk en is seker van twee semifinale in die Top 17-skole in die hele Noordvaal. [ Lees meer . . . ]

 Vossies gooi appelkar omver!

 29 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossies het die afgelope naweek teen Hoërskool Marais Viljoen te staan gekom in die Virseker Beker Afdeling 1 Plaat. [ Lees meer . . . ]

 Vossie rugby het ‘n gemengde dag op die veld!

 21 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossie se O/14A-span was die beter span op die dag, maar is deur ‘n paar beslissings gekniehalter. DA Swart, die Vossies se kaptein, het van voor gelei en was uitstekend gewees. [ Lees meer . . . ]

 Vossies beklink sege in doodsnikke

 14 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossies het op Saterdag, 11 Mei, net weer bewys dat ‘n Vossie nooit opgee nie. Ben Vorster se O/14A-span het gewys dat Vossie se junior rugby gesond is. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-wintersport neem vriendskaplik deel teen Hoërskool Menlopark

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Vossies was die afgelope naweek in ‘n harde stryd teen Hoërskool Menlopark van Pretoria en het aan vriendskaplike wedstryde deelgeneem. Hoërskool Menlopark, een van die mega skole in die Noordvaal, het Die Hoërskool Ben Vorster se sport spanne omtrent laat werk om enige punte op die telbord te kry. Die Vossies het wel karakter gewys en nie gaan lê nie. [ Lees meer . . . ]

 Groen en Goud vir rugbyspelers

 28 Feb 2019 @ 00:00:00

Christiaan Smit en Renzo du Plessis, leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster, verruil die rooi en wit vir die GROEN EN GOUD! [ Lees meer . . . ]