Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossies vol vuur op SA’s

 15 Oct 2018 @ 00:00:00

Vossies was soos oudergewoonte op hul beste by die Suid-Afrikaanse skyfskiet-kampioenskappe in Newcastle, wat van 29 September tot 5 Oktober, plaasgevind het. 

In die O/21-afdeling het Hano Sliep ‘n voltal geskiet op lê en ‘n spesiale toekenning daarvoor ontvang. Hy het ‘n totaal van 544 geskiet op 3P. 

Zack Verster het 540 geskiet, wat sy persoonlike beste is. 

Johandre le Roux het 523 geskiet op 3P en Maryke Basson O/16 532. 

Mareli Delport en Zander Engelbrecht het hul baie goed van hul taak gekwyt! 

Foto 1:  Hano Sliep

Foto 2:  

Voor: Zack Verster, Maryke Basson en Johandre le Roux.

Agter: Zander Engelbrecht, Hano Sliep en Mareli Delport.

 Vossie skuts kraai koning by die Leeu kompetisie in Louis Trichardt.

 07 May 2019 @ 00:00:00

Op 4 Mei het die Vossies die skuts van Pietersburg Hoërskool, Hoërskool Louis Trichardt, Hoërskool Piet Potgieter en ME Akademie aangedurf en gewys dat hulle ‘n gedugte span is. [ Lees meer . . . ]

 Vossies bied met trots SA-skyfskietproewe aan

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster was die afgelope naweek die gasheer vir die SANSSU proewe vanaf 11-13 April 2019. [ Lees meer . . . ]

 Vossie Skuts Mik Sekuur!

 12 Mar 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster se skyfskietspan het weer gewys waar die teikens se kolskote lê. Hulle is fynskuts, wat hard werk, en het die vrugte daarvan gepluk. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-skuts op die wenpad!

 12 Feb 2019 @ 00:00:00

Die skyfskietspan van Die Hoërskool Ben Vorster het die afgelope naweek aan die eerste kompetisie van die jaar te Neos Akademie by Koedoeskop deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie skyfskietklub huisves afrigterskursus!

 30 Jan 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 19 Januarie 2019, was Ben Vorster Skyfskietklub die gasheer vir ‘n skyfskietafrigterskursus. Johan Pienaar is ‘n afrigter van Gauteng, en het die ISSF-kursus, wat groot byval gevind het, aangebied. [ Lees meer . . . ]

 Skyfskiet by Limpopo Kampioenskappe

 27 Aug 2018 @ 00:00:00

Die skyfskietjaar is besig om tot ‘n einde te kom en die provisiale hoogtepunt het op 18 Augsutus plaasgevind met die Limpopo Kampioenskappe wat by Hoërskool Ben Vorster aangebied is. [ Lees meer . . . ]

 Maryke verower bronsmedalje vir skyfskiet in Engeland

 27 Aug 2018 @ 00:00:00

Maryke Basson is Hoërskool Ben Vorster se skut wat saam met die SA-Skole Skyfskietspan in Bisley (Engeland), vanaf 30 Julie tot 14 Augustus 2018, gaan deelneem het. [ Lees meer . . . ]

 Maryke Basson haal SA-skolespan in skyfskiet

 16 Apr 2018 @ 00:00:00

Hano Sliep en Maryke Basson, leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster, is genooi om aan die Suid-Afrikaanse skyfskietspan-proewe deel te neem, wat in Bloemfontein, van 12-14 April plaasgevind het. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-skuts presteer!

 13 Mar 2018 @ 07:58:52

Die afgelope Saterdag, 10 Maart, het die Hoërskool Ben Vorster aan die Rhino-kompetisie te Mokopane saam met MEA, Pietersburg Hoërskool, Hoërskool Louis Trichardt en Hoërskool Piet Potgieter deelgeneem. [ Lees meer . . . ]