Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossies presteer by atletiekbyeenkoms met 7 goue medaljes

 24 Oct 2018 @ 00:00:00

Die Vossies het op Saterdag, 20 Oktober 2018, aan die Marius Lengton Atletiekbyeenkoms, wat deur Hoërskool Tom Naudé aangebied is, deelgeneem.

Die Vossies het goeie prestasies gelewer deur sewe goue-, 11 silwer- en 12 bronsmedaljes te verower.  Twee nuwe rekords is ook deur die Vossies verbeter.

Pabalo Legodi  S O/14  100m (10,88sek) – 1121 ABSA-punte

Tshego Ramaloko  S O/14  verspring (6,47m) – 1200 ABSA-punte

Tshego Ramaloko (S O/14) het ook die trofee ontvang vir die beste seunsprestasie vir die dag.

 

Geluk aan alle atlete.  Die Vossies is trots op julle.


Foto 1:  Twee nuwe rekords is deur Pabalo Legodi en Tshego Ramaloko (trofee vir beste seunsprestasie vir die dag) verbeter.

Foto 2:  Dogters:

Voor: Mixo Nxumalo, Jolandi van der Merwe en Vunene Mabuza.

Agter: Elsje Kriel, risima Ngobeni, René Thete, Khanyisa Rikhotso en Lorinda Esterhuizen.

Foto 3:  Seuns:

Voor: Kea Maake, Kagiso Ramoloto, Thabang Sejake, Devon Fourie, Tshego Ramaloko en Paballo Legodi.

Agter: Renzo du Plessis, Rickus Nel, Nathan van den Heever, Christiaan Smit, Dilan Rossouw, Franco Broodryk en Kyle Maritz.

 

 Jolandi presteer!

 05 Jun 2018 @ 00:00:00

‘n Leerling van die Hoërskool Ben Vorster, Jolandi van der Merwe, is gekies vir die SPLIT SECOND ELITE-atletiekgroep wat van 28 Junie tot 8 Julie 2018 in Europa gaan toer. [ Lees meer . . . ]

 Vossies presteer by SA-Hoërskole atletiekkampioenskappe

 27 Mar 2018 @ 12:46:11

Die SA-Hoërskole atletiekkampioenskappe het op 21 tot 24 Maart 2018 te PUK McArthur atletiekstadion in Potchefstroom plaasgevind. [ Lees meer . . . ]

 Limpopo-atletiekkampioenskappe 2018!

 20 Mar 2018 @ 07:58:39

Sewe atlete van die Hoërskool Ben Vorster het aan die Limpopo-kampioenskappe, wat op Saterdag, 10 Maart 2018 by die Universiteit van Limpopo plaasgevind het, deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Die Vossies presteer tydens 2018-Prestige atletiekbyeenkoms!

 27 Feb 2018 @ 11:23:10

Op Vrydag, 16 Februarie 2018, het die Hoërskool Ben Vorster die jaarlikse Prestige atletiekbyeenkoms aangebied. Deelnemende skole was: Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Lydenburg, Hoërskool Uitsig, Hoërskool Tom Naudé, Stanford Lake College, Hoërskool Piet Potgieter, Lowveld Academy en Hoërskool Ben Vorster. [ Lees meer . . . ]

 Vossies 4de by die 2018-Interhoër te Sasolburg!

 27 Feb 2018 @ 10:57:54

Op Maandag, 19 Februarie 2018, het die Hoërskool Ben Vorster aan die Interhoër Noordvaal Groep 4 deelgeneem. Die byeenkoms het op die DP De Villiers stadion te Sasolburg plaasgevind. [ Lees meer . . . ]

 Atletiek distrikte kampioenskappe!

 27 Feb 2018 @ 10:06:45

Die Vossies het op Woensdag, 14 Februarie 2018, die atletiek distrikte kampioenskappe aangebied [ Lees meer . . . ]

 Vossies wen Top 10-trofee tydens Janus Robberts atletiek uitnodigingsbyeenkoms

 05 Feb 2018 @ 11:14:47

Die Hoërskool Ben Vorster se atlete het op Vrydag, 2 Februarie 2017, aan die Janus Robberts atletiek-uitnodigingsbyeenkoms te Polokwane deelgeneem. Die Vossies het die Top 10-trofee vir die dag verower. [ Lees meer . . . ]

 Vossie Atletiek!

 29 Jan 2018 @ 09:10:31

Die Vossies het op Saterdag 27 Januarie 2017, aan ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms te Nelspruit deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Atletiek begin op n hoë noot by Ben Vorster!

 23 Jan 2018 @ 09:51:43

Die Vossies het hul atletiekseisoen afgeskop met die jaarlikse Interhuis, wat op Donderdag, 18 Januarie, plaasgevind het. Vyf nuwe rekords is opgestel en die gees onder die leerlinge was puik. [ Lees meer . . . ]