Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Ben Vorster presteer in die water!

 06 Feb 2019 @ 00:00:00

Tien van Die Hoërskool Ben Vorster se swemmers het aan die Limpopo School Champs, wat op 1 en 2 Februarie in Polokwane plaasgevind het, deelgeneem.  Baie geluk aan al ons swemmers - almal het puik presteer.

Die volgende prestasies is behaal:

Dogters

Liandri de Bruin O/15  Bronsmedalje in 50m-borsslag, 100m- en

50m-vryslag 

6de plek in 50m-rugslag

 

Anika Bezuidenhout 16jr en ouer  Silwermedalje in 50m-vlinderslag

4de plek in 100m-vryslag

5de plek in 50m- en 100m-borsslag

6de plek in 50m-rugslag

 

Kayla Olivier 16jr en ouer  Bronsmedalje in 100m- en 50m-rugslag

4de plek in 50m-, 100m- en 200m-borsslag

5de plek in 100m-vryslag

 

Nicola van Heyningen 16jr en ouer  Bronsmedalje in 50m-vryslag

5de plek in 50m-vlinderslag

8ste plek in 100m-borsslag en

100m-vryslag

10de plek in 50m-borsslag

 

Seuns

Juan Meintjes O/14  Goue medaljes in:

100m- en 50m-vryslag, 50m-rugslag en

50m-vlinderslag

 

Armand van Vuuren O/14  Goue medaljes in 100m- en 200m rugslag

Silwermedaljes in 50m-rugslag, 100m- en 50m-vlinderslag

4de plek in 50m-vryslag

5de plek in 100m-vryslag

 

Marnus Kruger O/15  Silwermedaljes in 100m-rugslag, 50m- en 100m-borsslag

5de plek in 100m-vryslag

 

Pieter du Toit 16jr en ouer  8ste plek in 50m-vlinderslag

9de plek in 100m-vlinderslag

11de plek in 50m-vlinderslag

12de plek in 100m-vryslag

 

Erno Botha 16jr en ouer  Silwermedalje in 200m-borsslag

Bronsmedaljes in 100m-rugslag en

200m-IM

4de plek in 100m-vryslag

 

Ruan Hanaczeck-Krüger 16jr en ouer  Goue medaljes in:

100m-rugslag

50m- en 100m-borsslag

50m- en 100m-vryslag

50m- en 100m-vlinderslag

200m-IM

 

Ruan Hanaczeck-Krüger het twee trofeës ontvang:

  • Beste Individuele prestasie seuns – 50m-vlinderslag, 26,28s (778 punte)
  • Senior Victor Ludorum

Baie geluk, Ruan!  Dit is uitsonderlike prestasies!

 

Die Vossies het in totaal 31 medaljes (14 goud, 8 silwer en 9 brons) verower.  Baie geluk aan al ons swemmers - dit is prestasies om op trots te wees.           

Foto 1:  Ruan Hanaczeck-Krüger ontvang die trofee vir Beste Individuele prestasie seuns en Senior Victor Ludorum.  Hy verower 8 goue medaljes.         

Foto 2:  Voor: Kayla Olivier.

Middel: Liandri de Bruin en Anika Bezuidenhout.

Agter: Nicola van Heyiningen.

Foto 3:  Voor: Juan Meintjes, Ruan Hanaczeck-Krüger en Pieter du Toit.

Agter:Armand van Vuuren, Erno Botha en Marnus Kruger.

   

 Vossie Flippers presteer tydens Level 3-swemkampioenskappe

 08 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Suid-Afrikaanse Level 3-swemkampioenskappe het vanaf 28-31 Maart 2019 by Germiston (Johannesburg) plaasgevind. Die Vossie swemmers het uitstekend gevaar met die volgende top uitslae van elke swemmer: [ Lees meer . . . ]

 Vossie-Flippers is SA-skole swemgala-kampioene

 11 Jan 2019 @ 00:00:00

Die volgende Vossie-swemmers het vanaf 9 tot 14 Desember 2018 aan die SA-skole swemgala-kampioenskappe deelgeneem. Dit het by Ellispark in Johannesburg plaasgevind en hulle het puik presteer! [ Lees meer . . . ]

 Vossie Sprint Gala

 27 Aug 2018 @ 00:00:00

Vier swemmers van Hoërskool Ben Vorster het op Saterdag, 18 Augustus 2018, aan die TUKS Sprint Gala deelgeneem wat op Mokopane plaasgevind het. Baie geluk aan al die swemmers. [ Lees meer . . . ]

 Vossies in Limpopo-swemspan

 27 Aug 2018 @ 00:00:00

Elf Vossie-swemmers het vir die Limpopo-swemspan gekwalifiseer, wat tussen 9 – 14 Desember 2018 aan die SA-skole Kampioenskappe te Kaapstad, gaan deelneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossies swem die wêreld aan die brand!

 05 Jun 2018 @ 00:00:00

Vier leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster is gekies vir die Limpopo Aquatics swemgroep. Ruan Hanaczeck-Krüger is vir die Elite Senior groep gekies en Doran Kleynhans, Erno Botha en Pieter Du Toit is vir die Junior FAST TRACK groep gekies. [ Lees meer . . . ]

 Ruan presteer tydens die SA-swem te Durban

 16 Apr 2018 @ 00:00:00

Ruan Hanaczeck-Krüger, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, het aan die SA-swemkampioenskappe in Durban deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossies-swemmers skitter by Levels

 16 Apr 2018 @ 00:00:00

Agt swemmers van die Hoërskool Ben Vorster het gedurende die April-vakansie deelgeneem aan die Level 2- en Level 3-swemkampioenskappe. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-swemmer kwalifiseer vir SA-Senior Nasionale swemkampioenskappe

 27 Mar 2018 @ 12:49:28

Ruan Hanaczeck-Krüger, ‘n graad 10-leerling van die Hoërskool Ben Vorster het die afgelope naweek aan die Suid-Afrikaanse junior swemkampioenskappe in Durban deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Ruan swem dat dit spat!

 05 Feb 2018 @ 09:17:00

Ruan Hanaczedk-Krüger, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, het vir die volgende swem-items gekwalifiseer: [ Lees meer . . . ]