Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossie-wintersport neem vriendskaplik deel teen Hoërskool Menlopark

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Vossies was die afgelope naweek in ‘n harde stryd teen Hoërskool Menlopark van Pretoria en het aan vriendskaplike wedstryde deelgeneem. Hoërskool Menlopark, een van die mega skole in die Noordvaal, het Die Hoërskool Ben Vorster se sport spanne omtrent laat werk om enige punte op die telbord te kry.  Die Vossies het wel karakter gewys en nie gaan lê nie.

Vossie rugby stoei met Hoërskool Menlopark in die voorstad!!

Menlo se O/14-, O/15- en O/16-spanne, wat huidiglik in die top 10 spanne van S.A. is, was moeilik om in toom op hulle tuisvelde te hou.  Die Vossies se O/14A-span uitslae was 31-0 en O/14B 5-42 in die guns van Menlopark. Die O/15’s het hulle self goed van hulle taak gekwyt en was halftyd 7-15 agter, maar moes aan die einde die knieg buig met ‘n finale telling van 22-7.  Die O/15B-span het egter gewys dat die diepte baie gesond by die Vossies se 0/15’s is en Menlo 12-10 gewen. Die Vossies se O/16’s het ‘n groot vegpoging aangewend en was met rustyd 10-7 agter, maar Menlo se manne het nie opgehou met hulle aanslag nie en het aan die einde 37-7 gewen.  Die O/16B-span verloor 48-0.

 

Die senior manne het gewys dat die boerseuns die stadsmanne in ‘n kopklem kan kry. Die Redbulls se telling was 7-37. Die Nyati’s het soos ‘n goeie rooiwyn met tyd beter geraak, maar het ongelukkig 15-31 verloor in ‘n klipharde stryd. Ben Vorster se 1ste span het spoedig uit die blokke aangeval, maar kon net nie die lyn breek nie. Die Vossies was binne minute 6-0 voor gewees - met twee verbroude strafskoppe daarby.  Ben Vorster was met halftyd in beheer van die wedstryd (16-15), maar was te gemaklik gewees vir die eerste paar minute na halftyd waar Menlo elke kans gevat het.  Menlo het aan die einde die laaste sê gehad en die wedstryd 44-30 gewen.  Tot Doc Danie Cravenweek sou trots gewees het op die gehalte rugby wat opgedis is op die dag.

 

Ben Vorster se 1ste span vertrek komende Woensdag na die KES Easter Festival in JHB.  Ons wens hulle sterkte toe met die volgende uitdagings.

Foto 1:  Dehan van Vuuren en Rickus Nel van die 1ste span in aksie.

Foto 2:  

Die O/15B-span wen 12-10:

Voor: Lethabo Moagi, Kgotso Nkuna, Maropene Mokoena, Justin Brass, Lesogo Moremi, Mashohle Nkgapele en Khetso Mabunda.

Agter: Wikus Joubert, Johan Snyman, mnr. Regardt Kleyngeld (afrigter), Dylan Strydom, Malahlela “Beast” Makwala, Jandró Botha, Kgomotso Mathonsi, Dudley Jackson, Phumelo Thete, Langu Mthembi, Lesedi Thete, Tiyani Mushwana en Marcus Spies.

Foto 3:  Dehan van Vuuren en Rickus Nel van die 1ste span in aksie.

 Vossies bobaas op Buffelpark

 03 Sep 2019 @ 00:00:00

Beide die Vossies se sewesspanne was die naweek op Buffelpark gekroon as die Limpopo seweskampioene. [ Lees meer . . . ]

 Vossies word GEKROON as Virseker Beker Plaatafdeling Kampioene

 21 Aug 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster is Saterdag, 17 Augustus, gekroon as die Virseker Beker Plaatafdeling Kampioene in Alberton. Die Vossies het teen Hoërskool Eldoraigne van Pretoria te staan gekom in die kragmeting. [ Lees meer . . . ]

 Nuwe posisie vir Vossie skeidsregter!

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Mnr. Regardt Kleingeld, leerkrag en rugby-breier van Die Hoërskool Ben Vorster, is ook ‘n kranige rugbyskeidsregter verbonde aan die Limpopo Skeidsregters Vereniging. [ Lees meer . . . ]

 Vossies “VIRSEKER” van Virseker semifinale

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster, wat verlede jaar nog in die Skild Afdeling gespeel het, het hierdie jaar in die Plaat Afdeling ‘n trappie hoër sy stempel afdruk en is seker van twee semifinale in die Top 17-skole in die hele Noordvaal. [ Lees meer . . . ]

 Vossies gooi appelkar omver!

 29 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossies het die afgelope naweek teen Hoërskool Marais Viljoen te staan gekom in die Virseker Beker Afdeling 1 Plaat. [ Lees meer . . . ]

 Vossie rugby het ‘n gemengde dag op die veld!

 21 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossie se O/14A-span was die beter span op die dag, maar is deur ‘n paar beslissings gekniehalter. DA Swart, die Vossies se kaptein, het van voor gelei en was uitstekend gewees. [ Lees meer . . . ]

 Vossies beklink sege in doodsnikke

 14 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossies het op Saterdag, 11 Mei, net weer bewys dat ‘n Vossie nooit opgee nie. Ben Vorster se O/14A-span het gewys dat Vossie se junior rugby gesond is. [ Lees meer . . . ]

 Groen en Goud vir rugbyspelers

 28 Feb 2019 @ 00:00:00

Christiaan Smit en Renzo du Plessis, leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster, verruil die rooi en wit vir die GROEN EN GOUD! [ Lees meer . . . ]

 Grootvlei rugbytoer te Engeland en Skotland

 15 Oct 2018 @ 00:00:00

Gedurende die September/Oktober vakansie het 14 seuns van Ben Vorster se Inyathi’s tesame met hul hoof-afrigter, mnr. Sakkie Vermeulen, na Engeland en Skotland saam met Grootvlei Rugby Akademy getoer. [ Lees meer . . . ]