Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossies beklink sege in doodsnikke

 14 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossies het op Saterdag, 11 Mei, net weer bewys dat ‘n Vossie nooit opgee nie. Ben Vorster se O/14A-span het gewys dat Vossie se junior rugby gesond is. Hulle het Eldoraigne se 0/14’s 26-10 kafgedraf in ‘n baie opwindende stryd.  Die Vossies se O/14B-span moes hard veg en was met rustydtelling 5-7.  Na Hoërskool Eldoraigne hulle reserwes opgesit het, moes hulle ongelukkig die knie buig met ‘n telling van 5-34.

 

Dit blyk of die O/15-liga hierdie jaar ‘n rillerstryd gaan wees.  Die Vossies se O/15A-span het in ‘n rillerstryd-veggees en wilskrag gehad om die wen te kon deurtrek. Die Vossies se O/15B-span moes ongelukkig stert tussen die bene huis toe nadat hulle 7-31 verloor het. Ben Vorster se O/16A-span het gelyk soos die All Blacks in 1999 se Wêreldbeker - elke man groter en sterker as sy opponent. Dit was steeds ‘n reuse oorwinning vir die Vossies met ‘n eindtelling van 59-0.

 

Wat kommerwekkend van die so genaamde makro skole is, is dat hulle omtrent geen B-spanne kan bied aan die platteland se skooltjie nie. Maar wat die Vossies wel kan sê, is hier gee ons elke seun die kans om te speel en deel te neem aan dit waarvoor hy LIEF is - RUGBY!!

 

Die Treasury One 1ste span van Ben Vorster het hul oorwinning in die laaste 30 sek behaal. Dit was ‘n spanningsvolle stryd tussen twee reuse gewees. Ben Vorster se SA-Skole sewesster was weer een van sy span se uitblinkers, maar die Vossie se binnesenter, Franco Broodryk, het die “oomblik” gesteel met twee pragdrieë waarvan een die wendrie was.

 

Die Vossie speel komende naweek teen Kempton Park te Kempton.  Ons wens al die spanne en afrigters sterkte toe.

Foto 1:  Franco Broodryk in aksie.

 Vossies bobaas op Buffelpark

 03 Sep 2019 @ 00:00:00

Beide die Vossies se sewesspanne was die naweek op Buffelpark gekroon as die Limpopo seweskampioene. [ Lees meer . . . ]

 Vossies word GEKROON as Virseker Beker Plaatafdeling Kampioene

 21 Aug 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster is Saterdag, 17 Augustus, gekroon as die Virseker Beker Plaatafdeling Kampioene in Alberton. Die Vossies het teen Hoërskool Eldoraigne van Pretoria te staan gekom in die kragmeting. [ Lees meer . . . ]

 Nuwe posisie vir Vossie skeidsregter!

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Mnr. Regardt Kleingeld, leerkrag en rugby-breier van Die Hoërskool Ben Vorster, is ook ‘n kranige rugbyskeidsregter verbonde aan die Limpopo Skeidsregters Vereniging. [ Lees meer . . . ]

 Vossies “VIRSEKER” van Virseker semifinale

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster, wat verlede jaar nog in die Skild Afdeling gespeel het, het hierdie jaar in die Plaat Afdeling ‘n trappie hoër sy stempel afdruk en is seker van twee semifinale in die Top 17-skole in die hele Noordvaal. [ Lees meer . . . ]

 Vossies gooi appelkar omver!

 29 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossies het die afgelope naweek teen Hoërskool Marais Viljoen te staan gekom in die Virseker Beker Afdeling 1 Plaat. [ Lees meer . . . ]

 Vossie rugby het ‘n gemengde dag op die veld!

 21 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossie se O/14A-span was die beter span op die dag, maar is deur ‘n paar beslissings gekniehalter. DA Swart, die Vossies se kaptein, het van voor gelei en was uitstekend gewees. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-wintersport neem vriendskaplik deel teen Hoërskool Menlopark

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Vossies was die afgelope naweek in ‘n harde stryd teen Hoërskool Menlopark van Pretoria en het aan vriendskaplike wedstryde deelgeneem. Hoërskool Menlopark, een van die mega skole in die Noordvaal, het Die Hoërskool Ben Vorster se sport spanne omtrent laat werk om enige punte op die telbord te kry. Die Vossies het wel karakter gewys en nie gaan lê nie. [ Lees meer . . . ]

 Groen en Goud vir rugbyspelers

 28 Feb 2019 @ 00:00:00

Christiaan Smit en Renzo du Plessis, leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster, verruil die rooi en wit vir die GROEN EN GOUD! [ Lees meer . . . ]

 Grootvlei rugbytoer te Engeland en Skotland

 15 Oct 2018 @ 00:00:00

Gedurende die September/Oktober vakansie het 14 seuns van Ben Vorster se Inyathi’s tesame met hul hoof-afrigter, mnr. Sakkie Vermeulen, na Engeland en Skotland saam met Grootvlei Rugby Akademy getoer. [ Lees meer . . . ]