Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossie rugby het ‘n gemengde dag op die veld!

 21 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossie se O/14A-span was die beter span op die dag, maar is deur ‘n paar beslissings gekniehalter.  DA Swart, die Vossies se kaptein, het van voor gelei en was uitstekend gewees.  Die O/14B-span het gewys wat in hulle steek en het hulle stryd in die finale sekondes 24-19 gewen. Die Vossies se O/15A-span was so gevaarlik soos die Japanese in Pearl Harbour. Paballo Legodi, Tsegofatso Ramaloko en John-Jacques Joubert was die manne wat uitgestaan het met die telling van 59-0 vir die Vossies. Die Vossie se O/15B-span was nog in die eksamenlokaal van Vrydag en moes egter die knie met ‘n telling van 12 – 17 buig. 

 

Ben Vorster se O/16's was nog voos van die provinsiale proewe van verlede Dinsdag en het eers in die 2de helfte begin rugby speel.  Beide die O/16A en B-spanne het groot terugveg-pogings geloods in die 2de helfte, maar beide het ongelukkig verloor. O/16A (26-19) en O/16B (12-17).

 

Die Redbulls en Nyathi's het gewys daar is baie diepte by die senior rugby in Ben Vorster. Die Redbulls het vroegoggend hul teenstanders 25-12 geklop en die Nyathi's het rugby soos van ouds gespeel. Tot Doc Danie Craven sou trots gewees het op die mooi hardlooprugby. Die Nyathi's het 41-7 gewen in ‘n verkorte wedstryd. 

 

Die Vossie se 1ste span het ‘n lang dag op die veld ervaar met 37 strafskoppe teen hulle en net 13 vir hulle. Ben Vorster was met rustyd 33-7 agter en het ‘n groot terugvegpoging geloods, maar het egter uit tyd gehardloop en 33-50 verloor. Die Vossies veg ver bo hulle gewigsklas en dis baie belangrik dat elke leerder die geleentheid gegun word om op die hoogste vlak deel te neem. Die Vossie pak komende naweek vir Marais Viljoen in Alberton – baie sterkte!

 Vossies bobaas op Buffelpark

 03 Sep 2019 @ 00:00:00

Beide die Vossies se sewesspanne was die naweek op Buffelpark gekroon as die Limpopo seweskampioene. [ Lees meer . . . ]

 Vossies word GEKROON as Virseker Beker Plaatafdeling Kampioene

 21 Aug 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster is Saterdag, 17 Augustus, gekroon as die Virseker Beker Plaatafdeling Kampioene in Alberton. Die Vossies het teen Hoërskool Eldoraigne van Pretoria te staan gekom in die kragmeting. [ Lees meer . . . ]

 Nuwe posisie vir Vossie skeidsregter!

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Mnr. Regardt Kleingeld, leerkrag en rugby-breier van Die Hoërskool Ben Vorster, is ook ‘n kranige rugbyskeidsregter verbonde aan die Limpopo Skeidsregters Vereniging. [ Lees meer . . . ]

 Vossies “VIRSEKER” van Virseker semifinale

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster, wat verlede jaar nog in die Skild Afdeling gespeel het, het hierdie jaar in die Plaat Afdeling ‘n trappie hoër sy stempel afdruk en is seker van twee semifinale in die Top 17-skole in die hele Noordvaal. [ Lees meer . . . ]

 Vossies gooi appelkar omver!

 29 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossies het die afgelope naweek teen Hoërskool Marais Viljoen te staan gekom in die Virseker Beker Afdeling 1 Plaat. [ Lees meer . . . ]

 Vossies beklink sege in doodsnikke

 14 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossies het op Saterdag, 11 Mei, net weer bewys dat ‘n Vossie nooit opgee nie. Ben Vorster se O/14A-span het gewys dat Vossie se junior rugby gesond is. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-wintersport neem vriendskaplik deel teen Hoërskool Menlopark

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Vossies was die afgelope naweek in ‘n harde stryd teen Hoërskool Menlopark van Pretoria en het aan vriendskaplike wedstryde deelgeneem. Hoërskool Menlopark, een van die mega skole in die Noordvaal, het Die Hoërskool Ben Vorster se sport spanne omtrent laat werk om enige punte op die telbord te kry. Die Vossies het wel karakter gewys en nie gaan lê nie. [ Lees meer . . . ]

 Groen en Goud vir rugbyspelers

 28 Feb 2019 @ 00:00:00

Christiaan Smit en Renzo du Plessis, leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster, verruil die rooi en wit vir die GROEN EN GOUD! [ Lees meer . . . ]

 Grootvlei rugbytoer te Engeland en Skotland

 15 Oct 2018 @ 00:00:00

Gedurende die September/Oktober vakansie het 14 seuns van Ben Vorster se Inyathi’s tesame met hul hoof-afrigter, mnr. Sakkie Vermeulen, na Engeland en Skotland saam met Grootvlei Rugby Akademy getoer. [ Lees meer . . . ]