Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossies “VIRSEKER” van Virseker semifinale

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster, wat verlede jaar nog in die Skild Afdeling gespeel het, het hierdie jaar in die Plaat Afdeling ‘n trappie hoër sy stempel afdruk en is seker van twee semifinale in die Top 17-skole in die hele Noordvaal. Ben Vorster se 1ste span en 0/15A-span het na die afloop van die naweek se rugby teen Hoërskool Nelspruit hul plek in die twee semifinale bevestig.

 

Die Nyati’s storm voort in hulle seisoen en sal komende naweek veg om hulle seisoen onoorwonne af te sluit teen Hoërskool Zwartkop. Hulle het die Rhino’s van Nelspruit in ‘n tawwe stryd 24-22 gewen om hulle status te behou en ook as die wenners van die reeks van die veld gestap.  Die 3de span het verloor (34-5).  Die Vossies se 0/16-span het ‘n tawwe dag op kantoor gehad en moes klaar kom sonder twee van hulle staatmakers op die dag. Die Vossies se 0/15-span het hulle plek in die semifinale geboek deur die Nellies manne op tuisbodem te klop.  Paballo Legodi en Tsegofatso Ramaloko het 3 skitter drieë uit hulle eie helfte gedruk en die wentelling van 33-27 aan die Vossies gegee.

 

Ben Vorster se 1ste span moes hierdie wedstryd wen om hulle self te verseker van ‘n semifinaal. Die Vossies moes hard veg vir hulle oorwinning van 33-35. Die Vossies was halftyd 21-14 agter gewees en met 10min oor 33-20 agter, maar dit het nie die Vossies laat terugstaan nie. Met twee blits drieë deur die Vossies en ‘n strafdoel deur Meyer Vorster het dit die Vossies verseker van ‘n wen.

 

Die Vossies speel op 3 Augustus tuis teen Hoërskool Zwartkops wat sal bepaal of die Vossies ‘n tuis semifinaal het. Kom ondersteun die Vossies asseblief!!

 Vossies bobaas op Buffelpark

 03 Sep 2019 @ 00:00:00

Beide die Vossies se sewesspanne was die naweek op Buffelpark gekroon as die Limpopo seweskampioene. [ Lees meer . . . ]

 Vossies word GEKROON as Virseker Beker Plaatafdeling Kampioene

 21 Aug 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster is Saterdag, 17 Augustus, gekroon as die Virseker Beker Plaatafdeling Kampioene in Alberton. Die Vossies het teen Hoërskool Eldoraigne van Pretoria te staan gekom in die kragmeting. [ Lees meer . . . ]

 Nuwe posisie vir Vossie skeidsregter!

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Mnr. Regardt Kleingeld, leerkrag en rugby-breier van Die Hoërskool Ben Vorster, is ook ‘n kranige rugbyskeidsregter verbonde aan die Limpopo Skeidsregters Vereniging. [ Lees meer . . . ]

 Vossies gooi appelkar omver!

 29 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossies het die afgelope naweek teen Hoërskool Marais Viljoen te staan gekom in die Virseker Beker Afdeling 1 Plaat. [ Lees meer . . . ]

 Vossie rugby het ‘n gemengde dag op die veld!

 21 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossie se O/14A-span was die beter span op die dag, maar is deur ‘n paar beslissings gekniehalter. DA Swart, die Vossies se kaptein, het van voor gelei en was uitstekend gewees. [ Lees meer . . . ]

 Vossies beklink sege in doodsnikke

 14 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossies het op Saterdag, 11 Mei, net weer bewys dat ‘n Vossie nooit opgee nie. Ben Vorster se O/14A-span het gewys dat Vossie se junior rugby gesond is. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-wintersport neem vriendskaplik deel teen Hoërskool Menlopark

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Vossies was die afgelope naweek in ‘n harde stryd teen Hoërskool Menlopark van Pretoria en het aan vriendskaplike wedstryde deelgeneem. Hoërskool Menlopark, een van die mega skole in die Noordvaal, het Die Hoërskool Ben Vorster se sport spanne omtrent laat werk om enige punte op die telbord te kry. Die Vossies het wel karakter gewys en nie gaan lê nie. [ Lees meer . . . ]

 Groen en Goud vir rugbyspelers

 28 Feb 2019 @ 00:00:00

Christiaan Smit en Renzo du Plessis, leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster, verruil die rooi en wit vir die GROEN EN GOUD! [ Lees meer . . . ]

 Grootvlei rugbytoer te Engeland en Skotland

 15 Oct 2018 @ 00:00:00

Gedurende die September/Oktober vakansie het 14 seuns van Ben Vorster se Inyathi’s tesame met hul hoof-afrigter, mnr. Sakkie Vermeulen, na Engeland en Skotland saam met Grootvlei Rugby Akademy getoer. [ Lees meer . . . ]