Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossies leer van “lights, camera, action”!

 29 Jul 2019 @ 00:00:00

Die meeste Vossies het nog lekker vakansie gehou terwyl vier leerders ‘n Teater Tegnologie Kursus by die Letaba skou bygewoon het tydens die Julie skoolvakansie.

 

Hierdie insiatief is deur Letaba skou aan verskeie skole voorgehou.  Die geleentheid is geskep waar vier leerlinge van verskeie skole die kursus gratis kon bywoon.

 

Op 5 en 6 Julie het JJ van Rooyen, Mpho Raphela, Bernadette Coetzee en Richard Shingange baie geleer oor Teater Tegnologie.  Die kursus is aangebied deur Artéma, Instituut van Kunstebestuur en ontwikkeling van die Noordwes-Universiteit.  

 

Die kennis, wat die leerders tydens hierdie kursus opgedoen het, kan hul prakties implementeer tydens die Letaba Skou in Augustus in Tzaneen.  Hier word die leerders die geleentheid gegun waar hul in samewerking met Gig Corporation kan help en leer oor verhoogbestuur en beligting van die skouverhoog.

 

“Lights, camera, action” - Hierdie woorde is nie nou meer Grieks nie en Ben Vorster Hoërskool waardeer die wonderlike ondervinding en kennis wat die Vossies kon opdoen!

Foto 1:  Bernadette Coetzee, JJ van Rooyen en Mpho Raphela

Foto 2:  Richard Shingange