Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Die Vossies se O/15-netbalspan is as Limpopo Fast 5-Kampioene gekroon

 21 Aug 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster se O/15- en O/17-spanne het die afgelope naweek aan die Fast 5-Limpopo Kampioenskappe in Polokwane deelgeneem.

 

Die O/15-span het ‘n baie goeie wedstryd gehad en was onoorwonne en is as Limpopo Kampioene gekroon.  Die O/17-span het in die semifinaal teen PHS vasgeval en het algeheel 3de in Limpopo geëindig.

 

Albei die spanne is uitgenooi na die Top Schools Toernooi vir Fast 5 in Boksburg vanaf 22-25 September.

 

Ons is trots op elke speler en sien uit na die res van die seisoen!  Baie geluk aan die afrigters!

 

Foto 1:  Dedeya Shipalana in aksie.

Foto 2:  Die Vossies se O/15-netbalspan was onoorwonne en is as Limpopo kampioene gekroon.

Foto 3:  Molatelo Makoro in aksie.

Foto 4:  Die Vossies se O/17-netbalspan het algeheel 3de in Limpopo geëindig.

 

 Agt Vossie netbalspelers in 2020 “high performance” Limpopo oefenspan

 24 Oct 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 12 Oktober 2019, het die 2020 Limpopo “high performance” proewe plaasgevind. Ons is trots om te kan sê dat agt van Die Hoërskool Ben Vorster in die Limpopo “high performance” O/15- en O/16-oefenspanne opgeneem is. [ Lees meer . . . ]

 Vossie netbalspan 7de in Suid-Afrika

 08 Oct 2019 @ 00:00:00

Die O/15-netbalspan het tydens die skoolvakansie aan die Top Skole Fast 5-netbaltoernooi te Boksburg, van 22-25 September, deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie netbal wys hul staal tydens die Fast 5-netbaltoernooi

 11 Sep 2019 @ 00:00:00

Die O/15- en O/17-netbalspanne van Die Hoërskool Ben Vorster het die naweek van 6 en 7 September aan die Hoërskool Oos-Moot se Fast 5-netbaltoernooi deelgeneem in Pretoria. [ Lees meer . . . ]

 Vossie netbal kompeteer by Top skole

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Die 1ste en O/16-span van Die Hoërskool Ben Vorster het vanaf 18-21 Julie aan die Top skole netbaltoernooi in Boksburg gaan deelneem waar hul teen die wenners en naaswenners van elke provinsie in die land meegeding het. [ Lees meer . . . ]

 Limpopo Netbalkampioenskappe

 05 Jun 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster se 1ste-, O/16- en O/14-netbalspanne het die afgelope naweek aan die Limpopo Netbalkampioenskappe by PHS deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Rooimasjien se netbalmeisies kook!

 29 May 2019 @ 00:00:00

Op Dinsdag, 21 Mei 2019, het Die Hoërskool Ben Vorster se netbal ligawedstryde teen Merensky plaasgevind. [ Lees meer . . . ]

 Die Vossies wen sewe uit agt wedstryde in die eerste netbal ligawedstryde

 03 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossies het op 25 April 2019 Hoërskool Frans du Toit verwelkom vir hul eerste ligawedstryde van die seisoen. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-wintersport neem vriendskaplik deel teen Hoërskool Menlopark

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Vossies was die afgelope naweek in ‘n harde stryd teen Hoërskool Menlopark van Pretoria en het aan vriendskaplike wedstryde deelgeneem. Hoërskool Menlopark, een van die mega skole in die Noordvaal, het Die Hoërskool Ben Vorster se sport spanne omtrent laat werk om enige punte op die telbord te kry. Die Vossies het wel karakter gewys en nie gaan lê nie. [ Lees meer . . . ]

 Vossies bied ‘n uiters suksesvolle Laerskole netbaltoernooi aan

 08 Apr 2019 @ 00:00:00

Dit was vir Die Hoërskool Ben Vorster ‘n groot voorreg om die 13 deelnemende skole – Laerskool Tzaneen, Laerskool Louis Trichardt, Laerskool Messina, Curro Heuwelkruin, Laerskool Lydenburg, Laerskool Krugerpark, Laerskool Drakensig, Laerskool Duiwelskloof, Unicorn Primary, Laerskool Mariepskop, Laerskool Phalaborwa Noord, Laerskool Dr. Annecke en Laerskool Pietersburg Noord - op Vrydag en Saterdag, 29 en 30 Maart 2019, te ontvang. [ Lees meer . . . ]