Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossies bobaas op Buffelpark

 03 Sep 2019 @ 00:00:00

Beide die Vossies se sewesspanne was die naweek op Buffelpark gekroon as die Limpopo seweskampioene. 

 

Die jong buffeltjies het deur hulle groep wedstryde gedrafstap. Hulle het in die kwartfinaal teen Hoërskool Hans Strijdom te staan gekom en hulle oortuigend met 28-5 gewen.  Die semifinaal was soos ‘n jukskei derbie tussen Hoërskool Ben Vorster en Hoërskool Merensky.  Die Vossies het vir ‘n tweede agtereenvolgende naweek die tweestryd 28-7 gewen.  Die Beker finaal was teen Hoërskool Piet Potgieter.  Die jong buffeltjies het geen kanse gevat nie en het seker gemaak die beker bly vir ‘n 3de jaar by die Vossies se O/15-span.  Die eindtelling was 24-0. 

 

Die Vossies se senior sewesspan het hulle voetfout van verlede naweek dié naweek ordentlik reggestel.  Die senior span het hulle groep wedstryde met gemak gewen en deurgedring na die Beker kwartfinaal - waar hulle 55-5 gewen het . Die Vossies het teen Hoërskool Tom Naudé gespeel in die Beker semifinaal en goed afgereken met hulle met ‘n telling van 42-0.  Die Vossies het teen Hoërskool Ellisras in die Beker finaal te staan gekom.  Beide hierdie spanne was onoorwonne tot in die finaal.  Die Vossies was net te goed vir die manne van Ellisras en het hulle oortuigend gewen (26-0) om die Limpopo kroon vir 2019 te dra.

 

Baie dankie aan al die deelnememde skole wat hier was. Baie geluk ook aan Hoërskool Piet Potgieter se O/15-span en Hoërskool Ellisras wat saam  met Ben Vorster gekwalifiseer het vir die Noordvaal sewes op 14 en 15 September.

Foto 1:Vossies se O/15-sewesspan is as Limpopo seweskampioene gekroon.

Foto 2:  Vossies se O/17-sewesspan is as Limpopo seweskampioene gekroon.

 Vossies word GEKROON as Virseker Beker Plaatafdeling Kampioene

 21 Aug 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster is Saterdag, 17 Augustus, gekroon as die Virseker Beker Plaatafdeling Kampioene in Alberton. Die Vossies het teen Hoërskool Eldoraigne van Pretoria te staan gekom in die kragmeting. [ Lees meer . . . ]

 Nuwe posisie vir Vossie skeidsregter!

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Mnr. Regardt Kleingeld, leerkrag en rugby-breier van Die Hoërskool Ben Vorster, is ook ‘n kranige rugbyskeidsregter verbonde aan die Limpopo Skeidsregters Vereniging. [ Lees meer . . . ]

 Vossies “VIRSEKER” van Virseker semifinale

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster, wat verlede jaar nog in die Skild Afdeling gespeel het, het hierdie jaar in die Plaat Afdeling ‘n trappie hoër sy stempel afdruk en is seker van twee semifinale in die Top 17-skole in die hele Noordvaal. [ Lees meer . . . ]

 Vossies gooi appelkar omver!

 29 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossies het die afgelope naweek teen Hoërskool Marais Viljoen te staan gekom in die Virseker Beker Afdeling 1 Plaat. [ Lees meer . . . ]

 Vossie rugby het ‘n gemengde dag op die veld!

 21 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossie se O/14A-span was die beter span op die dag, maar is deur ‘n paar beslissings gekniehalter. DA Swart, die Vossies se kaptein, het van voor gelei en was uitstekend gewees. [ Lees meer . . . ]

 Vossies beklink sege in doodsnikke

 14 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossies het op Saterdag, 11 Mei, net weer bewys dat ‘n Vossie nooit opgee nie. Ben Vorster se O/14A-span het gewys dat Vossie se junior rugby gesond is. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-wintersport neem vriendskaplik deel teen Hoërskool Menlopark

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Vossies was die afgelope naweek in ‘n harde stryd teen Hoërskool Menlopark van Pretoria en het aan vriendskaplike wedstryde deelgeneem. Hoërskool Menlopark, een van die mega skole in die Noordvaal, het Die Hoërskool Ben Vorster se sport spanne omtrent laat werk om enige punte op die telbord te kry. Die Vossies het wel karakter gewys en nie gaan lê nie. [ Lees meer . . . ]

 Groen en Goud vir rugbyspelers

 28 Feb 2019 @ 00:00:00

Christiaan Smit en Renzo du Plessis, leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster, verruil die rooi en wit vir die GROEN EN GOUD! [ Lees meer . . . ]

 Grootvlei rugbytoer te Engeland en Skotland

 15 Oct 2018 @ 00:00:00

Gedurende die September/Oktober vakansie het 14 seuns van Ben Vorster se Inyathi’s tesame met hul hoof-afrigter, mnr. Sakkie Vermeulen, na Engeland en Skotland saam met Grootvlei Rugby Akademy getoer. [ Lees meer . . . ]