Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Zoë in Mpumalanga Senior Dames IPT-hokkiespan

 11 Sep 2019 @ 00:00:00

Zoë Bergmann, ‘n 16 jarige leerder van Die Hoërskool Ben Vorster, is tydens die Julievakansie verkies as lid van die Mpumalanga Senior Dames IPT-hokkiespan.  Dié span het tydens 26 – 31 Augustus aan ‘n Nasionale toernooi te Bloemfontein deelgeneem – waar hul 4de geëindig het.

 

Alhoewel die kompetisie sterk was, het Zoë geen tree teruggestaan vir die senior dames in die toernooi nie en het sy die ondervinding, wat sy opgedoen het, as die moeite werd beskou.  Sy sal dit weer doen, sou die geleentheid hom voordoen.

 

Baie geluk, Zoë!

 Die O/15-Vossie dogterhokkiespan is Champ of Champs in Limpopo!

 29 Jul 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 27 Julie, het twee van Die Hoërskool Ben Vorster se dogtershokkiespanne (O/14 en O/15) aan die “Champ of Champs” wedstryde in Polokwane gaan deelneem en uitstekend gevaar. [ Lees meer . . . ]

 Ben Vorster Dogters Hokkie Limpopo Semi en Finale

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Al vyf dogterhokkiespanne van Die Hoërskool Ben Vorster het deurgedring na die Limpopo semifinale, wat op Vrydag, 19 Julie 2019, plaasgevind het. [ Lees meer . . . ]

 Vossie hokkie wen 4 uit 5 wedstryde teen Stanford

 29 May 2019 @ 00:00:00

Op Maandag, 20 Mei 2019, het die twee eerste spanne en die O/15A-seunspan hul ligawedstryde teen Stanford gaan speel. [ Lees meer . . . ]

 Liam presteer!

 21 May 2019 @ 00:00:00

Liam Meintjes, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, is in die O/18A-IPT- hokkiespan, wat gedurende die Junie vakansie in Pietermaritzburg gaan deelneem, opgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie hokkie meet kragte teen by Kempton Park

 21 May 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 18 Mei 2019, het die Vossies - dou voor dag die lang pad aangevat Kempton Park toe. Die Vossies het twee wedstryde gewen en twee gelykop gespeel. [ Lees meer . . . ]

 Limpopo hokkie het hul A- en B-spanne aangekondig

 14 May 2019 @ 00:00:00

Baie geluk aan die volgende Vossie dogters wat in die onderskeie spanne opgeneem is om hul provinsie te gaan verteenwoordig gedurende die Junie vakansie. [ Lees meer . . . ]

 10 Vossie seunshokkiespelers in Limpopo spanne opgeneem

 03 May 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster is baie trots op die volgende seunshokkiespelers wat in onderskeie ouderdomsgroepe opgeneem is om hul provinsie te verteenwoordig tydens toernooie in die Junie /Julie vakansie. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-wintersport neem vriendskaplik deel teen Hoërskool Menlopark

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Vossies was die afgelope naweek in ‘n harde stryd teen Hoërskool Menlopark van Pretoria en het aan vriendskaplike wedstryde deelgeneem. Hoërskool Menlopark, een van die mega skole in die Noordvaal, het Die Hoërskool Ben Vorster se sport spanne omtrent laat werk om enige punte op die telbord te kry. Die Vossies het wel karakter gewys en nie gaan lê nie. [ Lees meer . . . ]

 2019-Nedstar Hokkiekliniek

 08 Apr 2019 @ 00:00:00

Die eerste spanne van die Hoërskool Ben Vorster het gedurende die vakansie (20 - 23 Maart 2019) aan die Nedstarhokkiekliniek in Pretoria deelgeneem. [ Lees meer . . . ]