Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossies neem aan SA’s deel in die skone Kaap!

 09 Oct 2019 @ 00:00:00

Gedurende die vakansie is die SA-Skyfskietkampioenskappe deur Wes-Kaap aangebied. 

 

Sewe Vossies was deel van die Limpopo span, wat die prestige geleentheid bygewoon het.  Hulle was:  Maryke Basson (Kapteine van die Limpopo span), Zack Verster, Johandré le Roux, Mareli Delport, Zander Engelbrecht, Pieter Basson en Semilda van Hansen. Die skuts het weereens bewys dat hulle fynskuts is.

 

Maryke Basson het uitgeblink en was een van twee Limpopo skuts wat gekwalifiseer het vir SA-kleure.

Welgedaan, Vossies!  

 

Foto 1:  Voor: Mnr Lammie Griesel, Johandré le Roux, Maryke Basson en Semilda van Hansen.

Agter: Zack Verster, Zander Engelbrecht, Mareli Delport en Pieter Basson.

Foto 2:  Maryke Basson het uitgeblink en was een van twee Limpopo skuts wat gekwalifiseer het vir SA-kleure.

 Maryke bring goud van Engeland huistoe!

 21 Aug 2019 @ 00:00:00

Maryke Basson, ‘n leerling van Die Hoërskool Ben Vorster, het Woendag teruggekeer van Engeland waar sy in Bisley aan die British Junior International Championships gaan deelneem het. [ Lees meer . . . ]

 Vossies skuts doen dit weer!

 21 Aug 2019 @ 00:00:00

Die afgelope naweek is die Limpopo Skyfskietkampioenskappe by Die Hoërskool Ben Vorster gehou. Ses skole se spanlede het meegeding vir 21 plekke in die span. [ Lees meer . . . ]

 Vernuftige Vossie-Skuts

 29 Jul 2019 @ 00:00:00

Die Vossie-skuts het hul vernuf weereens gewys by die afgelope naweek se kompetisie wat deur PHS aangebied is. Vier skole het aan die kragmeting deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie skuts kraai koning by die Leeu kompetisie in Louis Trichardt.

 07 May 2019 @ 00:00:00

Op 4 Mei het die Vossies die skuts van Pietersburg Hoërskool, Hoërskool Louis Trichardt, Hoërskool Piet Potgieter en ME Akademie aangedurf en gewys dat hulle ‘n gedugte span is. [ Lees meer . . . ]

 Vossies bied met trots SA-skyfskietproewe aan

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster was die afgelope naweek die gasheer vir die SANSSU proewe vanaf 11-13 April 2019. [ Lees meer . . . ]

 Vossie Skuts Mik Sekuur!

 12 Mar 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster se skyfskietspan het weer gewys waar die teikens se kolskote lê. Hulle is fynskuts, wat hard werk, en het die vrugte daarvan gepluk. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-skuts op die wenpad!

 12 Feb 2019 @ 00:00:00

Die skyfskietspan van Die Hoërskool Ben Vorster het die afgelope naweek aan die eerste kompetisie van die jaar te Neos Akademie by Koedoeskop deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie skyfskietklub huisves afrigterskursus!

 30 Jan 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 19 Januarie 2019, was Ben Vorster Skyfskietklub die gasheer vir ‘n skyfskietafrigterskursus. Johan Pienaar is ‘n afrigter van Gauteng, en het die ISSF-kursus, wat groot byval gevind het, aangebied. [ Lees meer . . . ]

 Vossies vol vuur op SA’s

 15 Oct 2018 @ 00:00:00

Vossies was soos oudergewoonte op hul beste by die Suid-Afrikaanse skyfskiet-kampioenskappe in Newcastle, wat van 29 September tot 5 Oktober, plaasgevind het. [ Lees meer . . . ]