Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 FINESSE Moeder- en dogterdag

 21 Oct 2019 @ 00:00:00

Op Vrydag, 4 Oktober, het die Vossies hul jaarlikse Moeder- en dogterdag aangebied.  Die befaamde spreker, Lynette Beer – Seeds of inspiration, het die dames behoorlik laat skater!

 

Dit was só ‘n kosbare en spesiale middag saam met oumas, ma’s en vriendinne.  Me. Nikki Pohl (organiseerder) wil elke gasvrou hartlik bedank vir hul moeite met hul versierde tafels en verruklike eetgoed – dit was prentjiemooi.  Lynette Beer is ‘n formidabele spreker en word aanbeveel vir enige funksie – hul het behoorlik aan haar lippe gehang.  Me. Pohl beplan om haar vroeg in 2020 te bespreek om haar Temperamente kurses te kom aanbied.

Foto 1:  Me. Lynette Beer en me. Nikki Pohl.

Foto 2:  Mee. Judy du Plessis, Zinnia du Plessis, Laryn du Plessis en Landie Coetzee.

Foto 3:  Mee. Dané Atkins, Nienne Barnard, Minke Rossouw en Venita Botes.