Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossies sêriously sing acapella groep maak ons trots!

 21 Oct 2019 @ 00:00:00

 

Die oë het gestraal, die ritme was polsend, en die stemme was hoendervleis mooi! Die

Vossies Sêriously sing acapella sanggroep, wat bestaan uit 16 talenvolle leerders van Die

Hoërskool Ben Vorster, het op 4 en 5 Oktober gaan deelneem  aan die ATKV-Animato

Acapella sangkompetisie! 

 

Die kompetisie word jaarliks aangebied en topskole ding mee vir die beste Sêrgroep in die

land!  Ons tema, Jonkwees / Youth, en die liedjies was ‘n kombinasie van Afrikaans, Engels

en ‘n derde taal - Zulu.  Groot opgewondenheid het geheers toe die Vossies aangekondig is

om in die FINAAL, wat Saterdagaand, 5 Oktober plaasgevind het, hul staal te wys!  Net ses

skole :  Afrikaans Hoër Meisiesskool, Hoërskool Linden, Hoërskool Randburg, Hoërskool

Genl. Hertzog, Hoërskool Ben Vorster en Hoërskool Parys het dit uitgespook tydens die

finaal. 

 

Ons is trots op elke Sêrlid en hul afrigters dat hul ons skool verteenwoordig en laat bars van

trots tydens hierdie groot KULTUUR kompetisie! 

 Vossies leer van “lights, camera, action”!

 29 Jul 2019 @ 00:00:00

Die meeste Vossies het nog lekker vakansie gehou terwyl vier leerders ‘n Teater Tegnologie Kursus by die Letaba skou bygewoon het tydens die Julie skoolvakansie. [ Lees meer . . . ]