Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 VOSSIE NETBAL ONDER TOP 10 BY FAST 5-TOP SKOLE-TOERNOOI

 12 Oct 2018 @ 00:00:00

Die Vossies het dit weer gedoen om onder die Top 10 te eindig met die O/15- en O/17-netbalspanne by die Nasionale Fast 5-toernooi te Hoërskool EG Jansen, wat op 1 en 2 Oktober 2018 in Boksburg, plaasgevind het.  Die O/15-span het die 8ste plek en die O/17-span die 10de plek behaal.  Baie geluk aan al die spelers en hul afrigters.

 

Die O/15-span het teen die volgende spanne in hul poel gespeel en hul uitslae was as volg:

Hoërskool Monument verloor 14-24

Hoërskool EG Jansen verloor 12-18

Hoërskool Duineveld gelykop 16 elk

Hoërskool Middelburg gelykop 10 elk

Hoërskool Goudeveld verloor 13-19

Hulle het vir 7de / 8ste posisie teen Hoërskool Middelburg gespeel en 15-17 verloor om 8ste geplaas te word.

 

Die O/17-span het teen die volgende spanne in hul poel gespeel en hul uitslae was as volg:

Hoërskool Upington verloor 19-20

Hoërskool dinamika wen 20-19

Hoërskool Martin Oosthuizen 22-12

Hoërskool Kempton Park verloor 12-21

Hoërskool Waterkloof verloor 14-23

Eunice Girls High verloor 19-22

Hoërskool Merensky wen 18-14

Hulle het vir die 9de / 10de posisie teen Hoërskool dinamika gespeel en 21-22 verloor om 10de geplaas te word.

 

 

 Netbal-afrigterskursus by Hoërskool Ben Vorster

 24 Oct 2018 @ 00:00:00

Op Woensdag, 17 Oktober, het me. Charmaine Beetge (netbalorganiseerder van Ben Vorster) ‘n afrigtingskursus aangebied. 84 Afrigters regoor die Mopani distrik het die kursus bygewoon. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-netbal skitter by Fast 5-toernooi

 20 Sep 2018 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster se netbal het die afgelope naweek sukses beleef met hulle deelname aan die jaarlikse Fast 5-toernooi te Hoërskool Oos-Moot in Pretoria. Die Vossies se O/15-span is as naaswenners aangewys en die O/17-span het bronsmedaljes verower. [ Lees meer . . . ]

 Vossie netbal eindig onder Top 10 by Top Skole Toernooi te Vanderbijlpark

 27 Aug 2018 @ 00:00:00

Hoërskool Ben Vorster se O/15-netbalspan het vanaf 23-26 Augustus aan die SA-Top Skole Toernooi vir O/15-spanne, geborg deur die Motsepe-stigting, gaan deelneem en as volg presteer: [ Lees meer . . . ]

 Vossie-netbal se 1ste span eindig 8ste in Suid-Afrika!

 13 Aug 2018 @ 00:00:00

Die afgelope naweek het die Top 8 O/19-spanne in Suid-Afrika teen mekaar meegeding. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-netbal presteer tydens SA-Skole Toernooi

 23 Jul 2018 @ 00:00:00

Hoërskool Ben Vorster het vanaf 22-24 Julie aan die Nasionale Top Skole Netbaltoernooi te Hoërskool EG Jansen gaan deelneem. Die Vossies het geskitter en drie van hulle vier spanne het in die Top 10 van die toernooi geëindig. [ Lees meer . . . ]

 Vossies oortref alle rekords

 05 Jun 2018 @ 00:00:00

Hoërskool Ben Vorster se netbal het by die afgelope naweek se Provinsiale Netbal Kampioenskappe gewys dat die Vossie-netbal net van krag-tot-krag gaan en het skoonskip gemaak in al die ouderdomsgroepe. [ Lees meer . . . ]

 Die Vossies netbal skitter tydens liga-wedstryde teen Merensky

 23 May 2018 @ 00:00:00

Ben Vorster het op 17 Mei 2018, hulle liga-wedstryde teen Merensky gespeel en die Vossies het behoorlik geskitter tydens die netbal wedstryde. [ Lees meer . . . ]

 Vossies se wintersport meet kragte teen Hoërskool Oos-Moot

 16 Apr 2018 @ 00:00:00

Die afgelope naweek het Hoërskool Ben Vorster na Pretoria gereis om teen Hoërskool Oos-Moot kragte te meet in die PUK-reeks. Die netbal-, hokkie- en rugbyspanne het baie goed gevaar. [ Lees meer . . . ]

 Laeveld Laerskole Netbaltoernooi 6-7 April 2018 te Hoërskool Ben Vorster

 27 Mar 2018 @ 12:29:18

Dit is vir Hoërskool Ben Vorster ‘n eer om die 3de agtereenvolgende jaar gasheer te speel vir die Laeveld laerskole Netbaltoernooi vanaf 6-7 April 2018. [ Lees meer . . . ]