Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Zack Verster – ‘n Visserman van formaat

 24 Oct 2018 @ 00:00:00

Zack Verster, ‘n leerling van Hoërskool Ben Vorster, het op 21 en 22 Julie 2018, op 18 en 19 Augustus 2018 en op 22 en 23 September 2018 aan die Junior Northern Division Bass-kompetisies deelgeneem.  Hy het derde vir die seisoen geëindig.

Hy is ook vir die afgelope drie jaar gekies om vir die Northern Division-span, wat die SABAA-Junior Nasionale Kampioenskappe gaan bywoon, deel te neem.  Die kompetisie vind plaas vanaf 28-31 Maart 2019 te Witbank.

Baie geluk Zack en sterkte vir die groot uitdaging!

  

 

 

 Ruan Hanaczeck-Krüger vlieghengel vir Limpopo

 12 Oct 2018 @ 00:00:00

Ruan Hanaczeck-Krüger, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, het tydens die afgelope skoolvakansie vanaf 3 tot 7 Oktober die Limpopo se A-span by die Nasionale vlieghengel kompetisie in die Wes-Kaap verteenwoordig. [ Lees meer . . . ]

 Welgedaan Tharishca met jou Limpopo-kleure!

 25 Sep 2018 @ 00:00:00

Tharischa van der Walt, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, is gekies om die Limpopo Provinsie by die SANESA-Western Mounted Games, wat van 29 September tot 1 Oktober 2018 in Parys (Vrystaat, te verteenwoordig. [ Lees meer . . . ]

 Bronsmedalje in stoei vir Theo le Roux

 04 Sep 2018 @ 00:00:00

Theo le Roux, ‘n graad 11-leerling van die Hoërskool Ben Vorster, het op 29 en 30 Junie 2018 aan die SA-stoeikampioenskappe te Newcaste gaan meeding. [ Lees meer . . . ]

 Cameron blink uit by die SA-veerpyltjiekampioenskappe

 27 Aug 2018 @ 00:00:00

Cameron van Dyk, ‘n graad 10 leerder van Hoërskool Ben Vorster, het Limpopo verteenwoordig tydens die SA-veerpyltjiekampioenskappe. Dit het in Gauteng vanaf 9 - 13 Julie 2018 plaasgevind. [ Lees meer . . . ]

 Vierde plek vir Tharishca by Nasionale Western Mounted Games!

 17 Oct 2017 @ 13:50:41

Tharischca van der Walt, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, het Limpopo die afgelope vakansie by die Nasionale Kamioenskappe vir Western Mounted Games, wat in Parys plaasgevind het, verteenwoordig. Sy het in die SANESA-skole afdeling, Level 1, 4de uit 30 ruiters geëindig. In die ope afdeling, Level 2, het sy ‘n 54ste plek uit 78 ruiters behaal. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-vlieghengelaar vir Limpopo span gekies!

 22 Aug 2017 @ 10:50:23

Ruan Hanaczheck-Krüger, ‘n graad 9-leerder van die Hoërskool Ben Vorster, is gekies vir die Limpopo Vlieghengel A-span wat in Oktober aan die Junior Nasionale vlieghengelkompetisie in Douglas gaan deelneem. [ Lees meer . . . ]

 Western Mounted Games!

 11 May 2017 @ 12:30:43

Tharischa van der Walt, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, het die afgelope naweek aan die 3de Western Mounted Games te Polokwane deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie hengelaar gekies vir Proteaspan!

 21 Apr 2017 @ 11:56:04

Zack Verster, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, is vir die junior SA-hengelaarspan gekies wat later vanjaar teen Zimbabwe gaan deelneem. Baie geluk, Zack! [ Lees meer . . . ]

 Vossies ruiter behaal sukses!

 13 Mar 2017 @ 09:17:52

Marisa Haynes, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, het op Saterdag, 11 Maart, aan die Letaba Ride-uithourit deelgeneem. Marisa en haar perd, Harab, het ‘n afstand van 81km voltooi. Dit was ‘n uitputtende rit, maar hulle het dit met hul uithouvermoë getroef. Die Vossies is trots op Marisa en Harab. [ Lees meer . . . ]