Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossies kraai koning by die Limpopo Coca-Cola Skole T20-kompetisie

 28 Feb 2019 @ 00:00:00

Die uitklopfase van die Limpopo Coca-Cola Skole T20 Kompetisie het op 23 en 24 Februarie in Polokwane plaasgevind.  Die Hoërskool Ben Vorster se 1ste span - “Black Caps” - word vir die 2de jaar in ‘n ry gekroon as die kampioene van die Limpopo Coca-Cola Skole T20-kompetisie en word ook beloon met ‘n wennerstjek van R 30 000-00.  Hul kwalifiseer vir die Provinsiale uitspele, wat eerskomende naweek sal plaasvind, tussen die onderskeie wenners van Mpumalanga, Easterns, Northern Titans en Limpopo. Die wenner van die uitspele kwalifiseer vir die Nasionale finale later in Maart.

 

Hoërskool Ben Vorster se eerste span het Bochum Cricket Club in die uitspeel rondte getrek en besluit om eerste te kolf.  Die Black Caps het 139/4 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken.  Die volgende kolwers het lopies aangeteken: Johan Harms 40, Cobus Geldenhuys 39 en Ernst van der Schyff 34.  Bochum het gaan kolf en is almal uitgeboul in die 17de boulbeurt vir 90 lopies.  Ernst van der Schyff het drie paaltjies geneem vir 12 lopies in 4 beurte en Cobus Geldenhuys drie paaltjies vir 27 lopies in 4 beurte.  Ben Vorster het die wedstryd met 49 lopies gewen en kwalifiseer vir die semifinale.

Op Sondag, 24 Februarie, het die Black Caps in die een semifinaal te staan gekom teen Phalaborwa Hub. Ben Vorster is gevra om eerste te kolf en met hul telling op 24/4 na 5 boulbeurte was hul kniediep in die moeilikheid. ‘n Vennootskap van 66 lopies tussen Johan Harms (31) en Ernst van der Schyff (35) het dinge vir die Black Caps gestabiliseer.  ‘n Vinnige 34 lopies van 22 balle deur Lulama Shilubane het die Black Caps in staat gestel om ‘n medingende totaal van 144 vir 8 aan te teken.  Phalaborwa het gaan kolf en was in ‘n baie aanvallende bui en met hul telling op 71/1 na 9 boulbeurte, het dinge nie goed vir die Vossies gelyk nie.  Swak boulwerk en verbroude vangkanse het dinge vir die Black Caps vererger.  Phalaborwa het slegs ses lopies van die laaste boulbeurt benodig met nog vyf paaltjies staande.  Kaptein Johan Harms het die laaste boulbeurt geboul en het Phalaborwa verhoed om enige lopies aan te teken. Die Vossies wen die spannende wedstryd met vyf lopies en kwalifiseer vir die finaal teen Merensky dieselfde middag.

Limpopo finaal tussen Ben Vorster en Merensky.

Merensky het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die Black Caps se boulers het baie gedissiplineerd geboul en het dit moeilik gemaak vir Merensky om lopies aan te teken. Met hul telling op 65/6 na 14 boulbeurte het die Vossies die bo toon gevoer.  Die Vossie boulers het by hul plan gehou en Merensky is almal uitgeboul vir 93 lopies. Johan Harms het 3/18 in vier beurte geneem, Lulama Shilubane 2/17 in drie beurte en Ernst van der Schyff 2/4 in twee beurte.  Die Black Caps het gaan kolf en verloor hul openingskolwer Edward Clements met die eerste bal, maar Ruan Paulse en Johan Harms se vennootskap van 58 lopies om die 2de paaltjie het die Vossies in ‘n gunstige posisie geplaas om die finaal te wen. Johndé Grobler het ‘n grenshou deur die dekveld vir die wenlopies geslaan en die Vossies het die finaal gemaklik met sewe paaltjies gewen.  Johan Harms het 54 lopies aangeteken en nie uit van 45 balle.

 Vossie krieketspelers en afrigters word vereer

 07 Jun 2019 @ 00:00:00

Op Vrydag, 24 Mei 2019, het Limpopo Impala Krieket vir die seisoen (2018/2019) sy jaarlikse prysuitdelingsfunksie gehad. [ Lees meer . . . ]

 Vossie krieketspelers en afrigters word vereer

 05 Jun 2019 @ 00:00:00

Op Vrydag, 24 Mei 2019, het Limpopo Impala Krieket vir die seisoen (2018/2019) sy jaarlikse prysuitdelingsfunksie gehad. [ Lees meer . . . ]

 Vossie krieketspelers en afrigters word vereer

 29 May 2019 @ 00:00:00

Op Vrydag, 24 Mei 2019, het Limpopo Impala Krieket vir die seisoen (2018/2019) sy jaarlikse prysuitdelingsfunksie gehad. [ Lees meer . . . ]

 Vossies se 1ste krieketspan ontvang ‘n prys van Coca-Cola as oorwinnaars van die T20-kompetisie

 03 May 2019 @ 00:00:00

Coca-Cola Beverages het Die Hoërskool Ben Vorster op 25 April 2019 besoek om erkenning aan hul 1ste krieketspan te gee wat vir die 2de jaar in ‘n ry die Limpopo Nasionale Skole T20-kompetisie gewen het. [ Lees meer . . . ]

 Coca-Cola Skole T20-Semifinale: Hoërskool Ben Vorster vs Hoërskool Waterkloof

 08 Mar 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 2 Maart 2019, het Die Hoërskool Ben Vorster teen Hoërskool Waterkloof in die semifinale van die Coca-Cola Skole T20-kompetisie te Benoni gespeel. [ Lees meer . . . ]

 Nasionale Coca-Cola T20-krieket

 20 Feb 2019 @ 00:00:00

Op Woensdag, 13 Februarie, het Die Hoërskool se 1ste krieketspan teen Hoërskool Frans du Toit van Phalaborwa in hul laaste Nasionale Coca-Cola T20-rondomtalie westryd in Limpopo Noord streek te staan gekom en die Vossies het oortuigend met nege paaltjies gewen. [ Lees meer . . . ]

 Hoërskool Ben Vorster @ Hoërskool Merensky op krieketveld!

 06 Feb 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 2 Februarie het die Vossies se Black Caps (1ste span) vas geval in die plaas se modder! Die Vossies het hul wedstryd ongelukkig teen Merensky met 2 paaltjies verloor, maar die Vossies se O/15-span het geseëvier en het Merensky oortuigend met 77 lopies gewen. [ Lees meer . . . ]

 Vossies wen Finsbury liga-krieketwedstryd!

 23 Jan 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 19 Januarie, het Ben Vorster se Black Caps (1ste span) tuis teen Hoërskool Lichtenburg kragte gemeet. Die DLS was die Vossies egter goedgesind en die Black Caps het die wedstryd met 5 paaltjies gewen. [ Lees meer . . . ]

 Ben Vorster krieket liga seisoen begin op hoë noot

 13 Aug 2018 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster se 1ste krieketspan het die afgelope naweek, 11 Augustus 2018, teen Hoërskool Phalaborwa in ‘n ligawedstryd gespeel en met 60 lopies gewen. [ Lees meer . . . ]