Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossie atlete presteer by Distrikte Kampioenskappe

 05 Mar 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 23 Februarie 2019, het die Distrikte Atletiekbyeenkoms by Die Hoërskool Ben Vorster plaasgevind.  Die Vossie atlete het uitstekend gevaar en die uitslae was as volg:

 

Dogters:

Mixo Nxumalo (D O/15) 1ste – verspring, 3de – 90m-hekkies en 3de – 100m

Ndzalama Nghala (D O/15) 1ste – 400m en 2de – 200m

Jolandi van der Merwe (D O/17) 1ste – spiesgooi

 

Seuns:

Paballo Legodi (S O/15) 1ste – 100m en 3de – 200m

Dion Sebela (S O/15) 1ste – 1500m en 3de – 800m

Tebogo M’khomazi (S O/15) 1ste – 300m-hekkies en driesprong en 2de – verspring

Tshego Ramaloko (S O/15) 1ste – 100m-hekkies en verspring

Kagiso Ramoloto (S O/15) 2de – 300m-hekkies

Kea Maake (S O/15) Diskus – 1ste – diskus en spiesgooi

Devon Fourie (S O/17) 2de – spiegooi

Sean Roulston (S O/17) 1ste – 110m-hekkies

 

Die bostaande atlete sal Mopani Distrik verteenwoordig by die Limpopo Kampioenskappe, wat op Saterdag, 9 Maart 2019, te Polokwane, plaasvind.

Geluk aan die volgende atlete wat trofees ontvang het:

  • Tshego Ramaloko – Beste Baanatleet
  • Kagiso Maake – Beste Veldatleet

 

Baie geluk aan al die atlete en sterkte.  Die Vossies is trots op julle!

Foto 1:  

Tshego Ramaloko en Kea Maake

Foto 2:  

Voor:  Dion Sebela

Middel: Tshego Ramaloko, Kea Maake, Kagiso Ramoloto en Paballo Legodi.

Agter: Devon Fourie, Sean Roulston en Tebogo M’khomazi.

Foto 3:  

Voor: Mixo Nxumalo en Ndzalama Nghala.

Agter: Jolandi van der Merwe.

 Vossies verower silwer by SA’s

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Twee van Die Hoërskool Ben Vorster se atlete het aan die Suid-Afrikaanse Hoërskole Atletiekbyeenkoms, wat vanaf 21 tot 23 Maart 2019 in Port Elizabeth plaasgevind het, deelgeneem en puik presteer. [ Lees meer . . . ]

 Vossies by INTERHOËR

 28 Feb 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster atlete het hulle atletiekseisoen afgesluit met die NWU-Interhoër (Groep 4) wat op die Herman Immelman Stadion op Dinsdag, 19 Februarie 2019, plaasgevind het. [ Lees meer . . . ]

 Vossies-atlete skitter by Lydenburg Atletiekbyeenkoms

 12 Feb 2019 @ 00:00:00

Die Vossie-atlete het op Saterdag, 9 Februarie 2019, aan die Lydenburg Prestige Atletiekbyeenkoms deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossies skitter by Top 15

 12 Feb 2019 @ 00:00:00

17 atlete van Die Hoërskool Ben Vorster het aan die Noordheuwel Top 15-atletiekbyeenkoms, wat by die UJ-stadion in Johannesburg plaasgevind het, deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 BB Motorgroep Prestige Atletiek!

 06 Feb 2019 @ 00:00:00

Op Vrydag, 1 Februarie 2019, het die Hoërskool Ben Vorster die jaarlikse BB Motorgroep Prestige atletiekbyeenkoms aangebied. Skole wat die byeenkoms bygewoon het, was: Curro Nelspruit, Lowveld Academy en Stanford Lake College. [ Lees meer . . . ]

 Atletiek by Ben Voster in volle swang

 28 Jan 2019 @ 00:00:00

Die Vossie-atlete het op Vrydag, 25 Januarie 2019, aan die Middelburg Tegniese Prestige Atletiekbyeenkoms deelgeneem. Ongelukkig het die byeenkoms teen 19:00 uitgereën, maar die Vossies het nog steeds uitstekend presteer. [ Lees meer . . . ]

 Atlete presteer by Nelspruit atletiekbyeenkoms!

 23 Jan 2019 @ 00:00:00

Die atlete van Die Hoërskool Ben Vorster het op Saterdag, 19 Januarie 2019, aan die Nelspruit atletiekbyeenkoms deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossies hou Atletiek Interhuis

 15 Jan 2019 @ 00:00:00

Die jaarlikse Interhuis Atletiek van die Hoërskool Ben Vorster het op Donderdag en Vrydag, 10 en 11 Januarie 2019, plaasgevind. [ Lees meer . . . ]

 Vossies presteer by atletiekbyeenkoms met 7 goue medaljes

 24 Oct 2018 @ 00:00:00

Die Vossies het op Saterdag, 20 Oktober 2018, aan die Marius Lengton Atletiekbyeenkoms, wat deur Hoërskool Tom Naudé aangebied is, deelgeneem. [ Lees meer . . . ]