Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Coca-Cola Skole T20-Semifinale: Hoërskool Ben Vorster vs Hoërskool Waterkloof

 08 Mar 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 2 Maart 2019, het Die Hoërskool Ben Vorster teen Hoërskool Waterkloof in die semifinale van die Coca-Cola Skole T20-kompetisie te Benoni gespeel. Ongelukkig moes die Vossies die knie buig en het hul die westryd met 98 lopies verloor.

Kaptein, Johan Harms, het die loot gewen en Hoërskool Waterkloof gevra om eerste te kolf.  Hoërskool Waterkloof se openingskolwers was in ‘n verwoestende bui en het geen genade vir die boulers van Hoërskool Ben Vorster gehad nie.  Na 10 boulbeurte het Hoërskool Waterkloof op 130/2 gestaan en was hul goed op pad om ‘n reuse totaal in hul 20 boulbeurte aan te teken.  Die Black Caps het egter teruggeslaan en 7 paaltjies vir slegs 57 lopies geneem in die laaste 10 boulbeurte. Hoërskool Waterkloof het met hul telling op 187/9 in hul toegelate 20 boulbeurte geëindig.  Ernst van der Schyff was die beste bouler en het drie paaltjies vir 28 lopies in sy 4 boulbeurte geneem.

Die Vossies het gaan kolf, maar was vroeg in die moeilikheid na die top drie kolwers vroeg hul paaltjies verloor het.  Cobus Geldenhuys (32 lopies) en Christiaan Ackerman het moedig probeer om die telbord aan die rol te hou, maar Hoërskool Waterkloof se boulers was net te akkuraat met hul boulwerk. Hoërskool Ben Vorster het 89/9 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken.

 Black Caps onoorwonne!

 10 Feb 2020 @ 00:00:00

Op Saterdag, 1 Februarie 2020, het Die Hoërskool Ben Vorster in die T20-semifinaal teen Taxilla van Polokwane kragte gemeet. Kaptein, Johndé Grobler, het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. [ Lees meer . . . ]

 Vossies verteenwoordig Limpopo krieket

 21 Jan 2020 @ 00:00:00

Die Limpopo Provinsiale O/15-span het vanaf 5 tot 9 Desember 2019 aan die Nasionale Momentum O/15-kriekettoernooi te Oos-Londen deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vyf Ben Vorster seuns is gekies vir Limpopo krieketspan

 21 Oct 2019 @ 00:00:00

Vyf van Die Hoërskool Ben Vorster se seuns is gekies vir hul onderskeie Limpopo krieketspanne. [ Lees meer . . . ]

 Vossie krieketspelers en afrigters word vereer

 07 Jun 2019 @ 00:00:00

Op Vrydag, 24 Mei 2019, het Limpopo Impala Krieket vir die seisoen (2018/2019) sy jaarlikse prysuitdelingsfunksie gehad. [ Lees meer . . . ]

 Vossie krieketspelers en afrigters word vereer

 05 Jun 2019 @ 00:00:00

Op Vrydag, 24 Mei 2019, het Limpopo Impala Krieket vir die seisoen (2018/2019) sy jaarlikse prysuitdelingsfunksie gehad. [ Lees meer . . . ]

 Vossie krieketspelers en afrigters word vereer

 29 May 2019 @ 00:00:00

Op Vrydag, 24 Mei 2019, het Limpopo Impala Krieket vir die seisoen (2018/2019) sy jaarlikse prysuitdelingsfunksie gehad. [ Lees meer . . . ]

 Vossies se 1ste krieketspan ontvang ‘n prys van Coca-Cola as oorwinnaars van die T20-kompetisie

 03 May 2019 @ 00:00:00

Coca-Cola Beverages het Die Hoërskool Ben Vorster op 25 April 2019 besoek om erkenning aan hul 1ste krieketspan te gee wat vir die 2de jaar in ‘n ry die Limpopo Nasionale Skole T20-kompetisie gewen het. [ Lees meer . . . ]