Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossies skiet die doele in!

 12 Mar 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 9 Maart 2019, het die Vossies vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Lydenburg op die astrobaan gespeel.  Dit was ‘n baie suksesvolle dag vir die Vossies gewees.

Die dogterspanne het ál hul wedstryde gewen!

 

UITSLAE:

SPAN:                       BV                              LYDENBURG

O/14A                         16                                0

O/15A                         2                                  0

O/16A                        10                                1

2de span                   4                                  0

1ste span                  8                                  0

Die Vossies het ‘n totaal van 40 doele aangeteken en net een doel afgstaan.

Die O/14A-span het ‘n briljante wedstryd  gehad en die span se meeste doele is deur Azel Vorster aangeteken.  Sy het agt van die 16 doele aangeteken.

Die O/15A-span se twee doele is deur Joalize Smit aangeteken.

In die O/16A-span was dit Helandre Venter wat vyf van die 10 doele aangeteken het. In die 2de span het Lume Vorster twee van die vier doele aangeteken en in die 1ste span het Amberley Bergmann vier van die agt doele aangeteken.

Foto 1:  O/14A – Tessa van Heyningen in aksie.

Foto 2:  

Die 1ste dogters hokkiespan:

Voor: Khani Mnisi en Lourencia van Dyk.

Middel: Rivoningo Mangalana, Lané Prinsloo, Jana Oberholzer, Lorinda Esterhuizen en me. Elrisa Oosthuizen (afrigter).

Agter: Vanessa Nkanyani, Cindy Greyvenstein, Christine Kruger, Lianca Pieterse, Amberley Bergmann, Milané Smit, Nkosazana Mabunda, Chantel van Schalkwyk, René Thete en Marli Lombard.

 Zoë in Mpumalanga Senior Dames IPT-hokkiespan

 11 Sep 2019 @ 00:00:00

Zoë Bergmann, ‘n 16 jarige leerder van Die Hoërskool Ben Vorster, is tydens die Julievakansie verkies as lid van die Mpumalanga Senior Dames IPT-hokkiespan. [ Lees meer . . . ]

 Die O/15-Vossie dogterhokkiespan is Champ of Champs in Limpopo!

 29 Jul 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 27 Julie, het twee van Die Hoërskool Ben Vorster se dogtershokkiespanne (O/14 en O/15) aan die “Champ of Champs” wedstryde in Polokwane gaan deelneem en uitstekend gevaar. [ Lees meer . . . ]

 Ben Vorster Dogters Hokkie Limpopo Semi en Finale

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Al vyf dogterhokkiespanne van Die Hoërskool Ben Vorster het deurgedring na die Limpopo semifinale, wat op Vrydag, 19 Julie 2019, plaasgevind het. [ Lees meer . . . ]

 Vossie hokkie wen 4 uit 5 wedstryde teen Stanford

 29 May 2019 @ 00:00:00

Op Maandag, 20 Mei 2019, het die twee eerste spanne en die O/15A-seunspan hul ligawedstryde teen Stanford gaan speel. [ Lees meer . . . ]

 Liam presteer!

 21 May 2019 @ 00:00:00

Liam Meintjes, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, is in die O/18A-IPT- hokkiespan, wat gedurende die Junie vakansie in Pietermaritzburg gaan deelneem, opgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie hokkie meet kragte teen by Kempton Park

 21 May 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 18 Mei 2019, het die Vossies - dou voor dag die lang pad aangevat Kempton Park toe. Die Vossies het twee wedstryde gewen en twee gelykop gespeel. [ Lees meer . . . ]

 Limpopo hokkie het hul A- en B-spanne aangekondig

 14 May 2019 @ 00:00:00

Baie geluk aan die volgende Vossie dogters wat in die onderskeie spanne opgeneem is om hul provinsie te gaan verteenwoordig gedurende die Junie vakansie. [ Lees meer . . . ]

 10 Vossie seunshokkiespelers in Limpopo spanne opgeneem

 03 May 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster is baie trots op die volgende seunshokkiespelers wat in onderskeie ouderdomsgroepe opgeneem is om hul provinsie te verteenwoordig tydens toernooie in die Junie /Julie vakansie. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-wintersport neem vriendskaplik deel teen Hoërskool Menlopark

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Vossies was die afgelope naweek in ‘n harde stryd teen Hoërskool Menlopark van Pretoria en het aan vriendskaplike wedstryde deelgeneem. Hoërskool Menlopark, een van die mega skole in die Noordvaal, het Die Hoërskool Ben Vorster se sport spanne omtrent laat werk om enige punte op die telbord te kry. Die Vossies het wel karakter gewys en nie gaan lê nie. [ Lees meer . . . ]

 2019-Nedstar Hokkiekliniek

 08 Apr 2019 @ 00:00:00

Die eerste spanne van die Hoërskool Ben Vorster het gedurende die vakansie (20 - 23 Maart 2019) aan die Nedstarhokkiekliniek in Pretoria deelgeneem. [ Lees meer . . . ]