Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossie Skuts Mik Sekuur!

 12 Mar 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster se skyfskietspan het weer gewys waar die teikens se kolskote lê. Hulle is fynskuts, wat hard werk, en het die vrugte daarvan gepluk.

Die afgelope naweek is die Interprovinsiale proewe in Florida, Johannesburg, gehou waar agt Vossieskuts deelgeneem het. Hul kompetisie was oor ‘n totaal van 1600 punte geskiet.

Maryke Basson, Johandre le Roux, Mareli Delport, Cleo Kotze, Zander Engelbrecht, Pieter Basson, Liam Meredith en Esté Neuhoff was onder die deelnemers.

Maryke het geseëvier met die die beste telling oor twee 3P-kompetisies en een 10m-staan kompetisie. Sy het ‘n briljante telling van 550/600 (92%), op 3P en 351/400 op 10m-staan geskiet.

Zander Engelbrecht en Johandre le Roux het albei 522/600 (87%) met Esté 507 (84%) en Mareli met 503 (84%), in die 3P geskiet. Pieter Basson het ‘n persoonlike beste geskiet met 82% en Cleo met 83%. Liam het met 77% geëindig.

Veels geluk aan Maryke Basson en Zack Verster wat na die SA-skole proewe genooi is.  Die land se beste skuts word genooi om hul plek los te skiet in dié gesogte span wat Bisley (Engeland) later in die jaar besoek.

Nog ‘n eerste vir Limpopo en spesifiek vir Die Hoërskool Ben Vorster is dat die SA-Skole Skietproewe by Hoërskool Ben Vorster aangebied sal word.  Dit sal plaasvind op 12 en 13 April met ‘n spogdinee waar die span aangekondig sal word.

Foto 1:  

Die Vossie skyfskietspan in aksie.

Esté Neuhoff, Liam Meredith, Pieter Basson, Cleo Kotze, Zander Engelbrecht, Mareli Delport, Maryke Engelbrecht en Johandré le Roux.

 Maryke bring goud van Engeland huistoe!

 21 Aug 2019 @ 00:00:00

Maryke Basson, ‘n leerling van Die Hoërskool Ben Vorster, het Woendag teruggekeer van Engeland waar sy in Bisley aan die British Junior International Championships gaan deelneem het. [ Lees meer . . . ]

 Vossies skuts doen dit weer!

 21 Aug 2019 @ 00:00:00

Die afgelope naweek is die Limpopo Skyfskietkampioenskappe by Die Hoërskool Ben Vorster gehou. Ses skole se spanlede het meegeding vir 21 plekke in die span. [ Lees meer . . . ]

 Vernuftige Vossie-Skuts

 29 Jul 2019 @ 00:00:00

Die Vossie-skuts het hul vernuf weereens gewys by die afgelope naweek se kompetisie wat deur PHS aangebied is. Vier skole het aan die kragmeting deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie skuts kraai koning by die Leeu kompetisie in Louis Trichardt.

 07 May 2019 @ 00:00:00

Op 4 Mei het die Vossies die skuts van Pietersburg Hoërskool, Hoërskool Louis Trichardt, Hoërskool Piet Potgieter en ME Akademie aangedurf en gewys dat hulle ‘n gedugte span is. [ Lees meer . . . ]

 Vossies bied met trots SA-skyfskietproewe aan

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster was die afgelope naweek die gasheer vir die SANSSU proewe vanaf 11-13 April 2019. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-skuts op die wenpad!

 12 Feb 2019 @ 00:00:00

Die skyfskietspan van Die Hoërskool Ben Vorster het die afgelope naweek aan die eerste kompetisie van die jaar te Neos Akademie by Koedoeskop deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie skyfskietklub huisves afrigterskursus!

 30 Jan 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 19 Januarie 2019, was Ben Vorster Skyfskietklub die gasheer vir ‘n skyfskietafrigterskursus. Johan Pienaar is ‘n afrigter van Gauteng, en het die ISSF-kursus, wat groot byval gevind het, aangebied. [ Lees meer . . . ]

 Vossies vol vuur op SA’s

 15 Oct 2018 @ 00:00:00

Vossies was soos oudergewoonte op hul beste by die Suid-Afrikaanse skyfskiet-kampioenskappe in Newcastle, wat van 29 September tot 5 Oktober, plaasgevind het. [ Lees meer . . . ]

 Skyfskiet by Limpopo Kampioenskappe

 27 Aug 2018 @ 00:00:00

Die skyfskietjaar is besig om tot ‘n einde te kom en die provisiale hoogtepunt het op 18 Augsutus plaasgevind met die Limpopo Kampioenskappe wat by Hoërskool Ben Vorster aangebied is. [ Lees meer . . . ]