Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 1ste Meisietennisspan gekroon as wenners!

 12 Mar 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster se tennisspelers het op 6 Maart 2019 aan die Limpopo Noordstreek tennisliga deelgeneem.

Baie geluk aan die 1ste meisietennisspan wat as wenners gekroon is.  Hul speel op 17 Julie 2019 teen Limpopo Suidstreek se wenners om te bepaal wie die Limpopo kampioene is.  Die Vossies eindig algeheel 2de.

Wel geslaan Vossies!

Foto 1:  

Ben Vorster se 1ste meisietennisspan:

Christine Kruger, Amberley Bermann, Zoë Bergmann en Louise Snyman.

 Ben Vorster se 1ste meisietennisspan is 2019-Limpopo Wenners

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Op Woensdag, 17 Julie 2019, het die Vossies se 1ste meisietennisspan in Polokwane teen Hoërskool Nylstroom uitgespeel en as Limpopo Wenners uit die stryd getree. [ Lees meer . . . ]

 Twee Vossies verkies tot Limpopo tennisspan

 23 Jan 2019 @ 00:00:00

Op 2 en 3 Desember 2018 het die laaste Limpopo tenniskampioenskappe in Polokwane plaasgevind. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-tennis vir 2018 is goed op dreef!

 29 Jan 2018 @ 14:52:29

Die tennis-daagwedstryde begin in Februarie waarvolgens spanne (seuns en meisies) saamgestel gaan word. [ Lees meer . . . ]

 Vierde plek vir Vossies by Sun City-tennistoernooi!

 22 Aug 2017 @ 11:42:49

Die Hoërskool Ben Vorster se 1ste meisiestennisspan het ‘n vierde plek in die jaarlikse Sun City-tennistoernooi vir hoërskole verower. Agt skole het aan die rondomtalie-toernooi, wat vanaf 11 tot 14 Augustus gestrek het, deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie tennis vaar goed!

 21 Apr 2017 @ 12:17:33

Drie leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster se tennisspan: Christine Kruger, Nicole Fourie en Louise Snyman, het vanaf 11 tot 16 April in Bloemfontein aan die nasionale tenniskampioenskappe gaan deelneem. Christine het 22ste in haar groep geëindig. Baie geluk aan hierdie tennisspelers. [ Lees meer . . . ]

 Vossies geniet hulle tennis!

 22 Mar 2017 @ 13:20:10

Die Vossies se vier tennisspanne het op 15 Maart, te Polokwane aan die Noordstreek tenniskampioenskap deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Twee Vossies deur na nasionale tenniskampioenskappe!

 07 Mar 2017 @ 14:24:27

Nicole Fourie en Christine Kruger, van die Hoërskool Ben Vorster, is gekies om aan die nasionale tenniskampioenskappe, deel te neem. Dit vind vanaf 11 tot 16 April in Bloemfontein plaas. Baie geluk meisies! [ Lees meer . . . ]