Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Ben Vorster Dogters Hokkie Limpopo Semi en Finale

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Al vyf dogterhokkiespanne van Die Hoërskool Ben Vorster het deurgedring na die Limpopo semifinale, wat op Vrydag, 19 Julie 2019, plaasgevind het. Die Vossies is die enigste skool wat dit reggekry het om in al die ouderdomsgroepe ‘n span te kan hê.

 

Uitslae van die semifinale:

O/14-span wen teen Hoërskool Ben Viljoen                   3-0

O/15-span wen teen Hoërskool Hans Strijdom              2-1

O/16-span verloor teen Hoërskool Ben Viljoen              2-0

Die 2 de span wen teen Hoërskool Frikkie Meyer          2-1

Die 1 ste span wen teen Hoërskool Frikkie Meyer         3-1

 

Vier van die spanne dring deur na die Limpopo Finaal en die O/16-span speel uit vir posissie 3 of 4.

 

Op Saterdag, 20 Julie 2019, het die Limpopo finale plaasgevind.  Die Vossies speel kookwater hokkie en het dit reggekry om drie finale te wen.

 

Uitslae van die finale :

O/14-span wen teen Hoërskool Merensky                      4-2 : Limpopo Wenners

O/15-span wen teen Hoërskool Merensky                      3-2 : Limpopo Wenners

O/16-span wen teen Hoërskool Warmbad                      5-3 : Eindig 3de in Limpopo

Die 2de span wen teen Hoërskool Piet Potgieter           4-3 : Limpopo Wenners

Die 1ste span verloor teen Hoërskool Ben Viljoen         2-1 : Limpopo Naaswenners

 

Die Vossies is trots om te kan sê dat vier van hul spanne deurdring om aan die Noordvaal Toernooi deel te neem!

 

Die Noordvaal Toernooi vind plaas van 1-3 Augustus 2019!

 

Baie geluk met die puik prestasie!  Welgedaan, Vossies!

Foto 1:  

1ste span – Limpopo Naaswenners

Voor:  Khani Mnisi en Lourencia van Dyk.

Middel:  Amberley Bergmann, Chantel van Schalkwyk en Jana Oberholzer.

Agter:  Me. Helashia Biewenga (afrigter), Cindy Greyvenstein, René Thete, Marli Lombard, Lané Prinsloo, Christine Krüger, Lorinda Esterhuizen, Lianca Pieterse, Milané Smit (k) en me. Elrisa Oosthuizen (afrigter).

Foto 2:  

2de span – Limpopo Wenners

Voor:  Jean-Marie Pretorius, Maite Mohlatlole, Amoré Roos en Tanya Jacobs (k).

Agter:  Loné Hermann, Zanel Steenkamp, Lauren Bekker, Lumé Vorster, Lushé Mulder, Doné Aucamp, Zené Kruger, Lihani Vorster en Zané Botha.

Foto 3:  

O/16-span – 3de in Limpopo

Voor: Hope Manzini

Middel:  Jolene Cordier, Juanté Paulse, Louise Snyman en Anika Bezuidenhout.

Agter:  Jarike Stapelberg, megan Mostert, Helandré Venter, Kayla Olivier, Brenda Hermann, Zoë Bergmann (k), me. Michelle Rossouw (afrigter), Elsjé Kriel en Dezi Dreyer.

Foto 4:  

O/15-span – Limpopo Wenners

Voor:  Chanté Smit, Joalize Smit (k) en Elzet Toerien.

Middel:  Mnr. Louis van Dyk (afrigter), Nachandré de Lange en me. Estelle Oberholzer (afrigter).

Agter:  Anisa Verster, Michelle Ackerman, Renschie Engelbrecht, Mienke Pretorius, Nicole Aucmap, Shanté Labuschagne, Heiletje le Roux, Mixo Mxumalo, Hope Tafes en Amu Nkanyani.

Foto 5:    

O/14-span – Limpopo Wenners

Voor:  Tashné Opperman, Tessa van Heyningen, Yvett Mokwena, Azel Vorster (k), Dineo Letsoalo en Mahlatse Lethole.

Agter:  Me. Elmarie Jansen (afrigter), Zanele Nukeri, Kristy Shayawabaya, Brooke de Beer, Khanyi Nkhwashu, Mckayla Lauterbach, Shanique Matthysen en me. Candize Prinsloo (afrigter)

 

 Die O/15-Vossie dogterhokkiespan is Champ of Champs in Limpopo!

 29 Jul 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 27 Julie, het twee van Die Hoërskool Ben Vorster se dogtershokkiespanne (O/14 en O/15) aan die “Champ of Champs” wedstryde in Polokwane gaan deelneem en uitstekend gevaar. [ Lees meer . . . ]

 Vossie hokkie wen 4 uit 5 wedstryde teen Stanford

 29 May 2019 @ 00:00:00

Op Maandag, 20 Mei 2019, het die twee eerste spanne en die O/15A-seunspan hul ligawedstryde teen Stanford gaan speel. [ Lees meer . . . ]

 Liam presteer!

 21 May 2019 @ 00:00:00

Liam Meintjes, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, is in die O/18A-IPT- hokkiespan, wat gedurende die Junie vakansie in Pietermaritzburg gaan deelneem, opgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie hokkie meet kragte teen by Kempton Park

 21 May 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 18 Mei 2019, het die Vossies - dou voor dag die lang pad aangevat Kempton Park toe. Die Vossies het twee wedstryde gewen en twee gelykop gespeel. [ Lees meer . . . ]

 Limpopo hokkie het hul A- en B-spanne aangekondig

 14 May 2019 @ 00:00:00

Baie geluk aan die volgende Vossie dogters wat in die onderskeie spanne opgeneem is om hul provinsie te gaan verteenwoordig gedurende die Junie vakansie. [ Lees meer . . . ]

 10 Vossie seunshokkiespelers in Limpopo spanne opgeneem

 03 May 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster is baie trots op die volgende seunshokkiespelers wat in onderskeie ouderdomsgroepe opgeneem is om hul provinsie te verteenwoordig tydens toernooie in die Junie /Julie vakansie. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-wintersport neem vriendskaplik deel teen Hoërskool Menlopark

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Vossies was die afgelope naweek in ‘n harde stryd teen Hoërskool Menlopark van Pretoria en het aan vriendskaplike wedstryde deelgeneem. Hoërskool Menlopark, een van die mega skole in die Noordvaal, het Die Hoërskool Ben Vorster se sport spanne omtrent laat werk om enige punte op die telbord te kry. Die Vossies het wel karakter gewys en nie gaan lê nie. [ Lees meer . . . ]

 2019-Nedstar Hokkiekliniek

 08 Apr 2019 @ 00:00:00

Die eerste spanne van die Hoërskool Ben Vorster het gedurende die vakansie (20 - 23 Maart 2019) aan die Nedstarhokkiekliniek in Pretoria deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossies skiet die doele in!

 12 Mar 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 9 Maart 2019, het die Vossies vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Lydenburg op die astrobaan gespeel. Dit was ‘n baie suksesvolle dag vir die Vossies gewees. [ Lees meer . . . ]