Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Kan jy dink... of gaan jy sink???

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Op 12 Julie 2019 het ses spanne (18 leerders) van Hoërskool Ben Vorster aan die

AfriForum Dink of Sink kompetisie deelgeneem.  Dit was die eerste rondte van die

Limpopo streek.

 

Jy moet jou praat ken..., want hierdie kompetisie  is ’n onvoorbereide

debatskompetisie wat reeds vir jare in die Vrystaat, Noord-Kaap en Wes-Kaap

plaasvind en ’n groot treffer onder hoërskoolleerlinge is.  Ben Vorster se leerders

het vir die eerste keer aan hierdie AfriForum inisiatiefprojek deelgeneem.  Waarom

nie... dit is belangrik om Afrikaans te bevorder en ons jeug waardevolle vaardighede

te leer om op hul voete te kan dink, standpunt in te neem en om jou opponent met

feite en algemene kennis te oortuig.

 

Daar was 20 spanne van hoërskole in Limpopo wat deelgeneem het, en die

genotvolle en leersame dag is aangebied by ons buurskool - Hoërskool Merensky.

 

Ons sien uit na volgende jaar se Dink of Sink kompetisie, en die Vossies berei

solank voor vir ‘n vurige debat vir 2020!  Baie geluk, Vossies!

 

 Vossies verwerf niks minder as A’s en A-plusse tydens Radikale Redenaarskompetisie!

 21 Aug 2019 @ 00:00:00

Vossie leerders het op Maandag, 12 Augustus 2019, aan die Radikale Redenaarskompetisie deelgeneem en het beïndruk met vier A’s en twee A-plusse. [ Lees meer . . . ]

 Ben Vorster neem deel aan die Tritech Streeksrondte

 29 Jul 2019 @ 00:00:00

Op Vrydag, 19 Julie 2019, het vyf van Die Hoërskool Ben Vorster se leerders aan die Streeksrondte van Tritech te Ben Vorster deelgeneem en uitstekende uitslae behaal. [ Lees meer . . . ]

 Gekonfyte woorde wat werk

 04 Sep 2018 @ 00:00:00

Thys Nortjé,’n graad 11-leerder van Hoërskool Ben Vorster, het Vrydag, 17 Augustus, sy slag gewys tydens die ATKV-redenaars se finaal te Buffelspoort. [ Lees meer . . . ]

 Zoé vaar uitstekend by Rojac!

 04 Sep 2018 @ 00:00:00

Op Saterdag, 26 Augustus, het Zoé Robertson, ‘n graad 11-leerling van Hoërskool Ben Vorster, aan die jaarlikse “Rojac”-kompetisie te Polokwane deelgeneem. Rojac” staan vir “Rotary Junior Ambassador’ s Competition”. [ Lees meer . . . ]

 Zoé vaar uitstekend by Rojac!

 03 Sep 2018 @ 00:00:00

Op Saterdag, 26 Augustus, het Zoé Robertson, ‘n graad 11-leerling van Hoërskool Ben Vorster, aan die jaarlikse “Rojac”-kompetisie te Polokwane deelgeneem. Rojac” staan vir “Rotary Junior Ambassador’ s Competition”. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-onderwysers word vereer

 05 Feb 2018 @ 10:33:23

4 van die Hoërskool Ben Vorster se onderwysers is op 26 Januarie vereer tydens die Mayor’s Excellence Awards-seremonie gehou te Hotel@Tzaneen. [ Lees meer . . . ]

 Vossies presteer by Nasionale Tritech!

 18 Sep 2017 @ 10:52:44

Vyf leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster het op Vrydag, 15 September, aan die Nasionale Tritech rondte deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossies se natuurwetenskaplikes presteer!

 18 Sep 2017 @ 09:38:07

Dertien Graad 8- en 9-leerders van die Hoërskool Ben Vorster het onlangs aan die jaarlikse Bio Science olimpiade deelgeneem en uitstekende uitslae behaal. Die landswye olimpiade toets die leerders se algemene natuurwetenskapkennis. [ Lees meer . . . ]

 Vossie redenaars!

 15 May 2017 @ 11:10:12

Op Woensdag, 3 Mei, en Donderdag, 4 Mei, het die VOSSIES se interne redenaarskompetisies plaasgevind. [ Lees meer . . . ]