Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Nuwe posisie vir Vossie skeidsregter!

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Mnr. Regardt Kleingeld, leerkrag en rugby-breier van Die Hoërskool Ben Vorster, is ook ‘n kranige rugbyskeidsregter verbonde aan die Limpopo Skeidsregters Vereniging.

 

Mnr. Kleingeld is onlangs as die nuwe Ondervoorsitter van dié Skeidsregters Vereniging aangewys. Daarbenewens sal hy ook die hoof bied oor die afrigting en evaluering van Limpopo se bestaande- en nuwe aspirante skeidsregters.

 

“In 2009, as agsteman vir Pukke (Noord-Wes Universiteit), het hy ‘n besering opgedoen wat my loopbaan as speler kortgeknip het. Ek wou egter by rugby betrokke bly en het my fokus na skeidsregting gerig”, het Kleingeld gesê.

 

In 2010 het hy, toe ‘n onderwyser by die Hoërskool Pietersburg, aangesluit by die Limpopo Skeidsregters Vereniging in Polokwane. Dit het hom nie lank geneem om sy voete as skeidsregter te vind nie, en ook te danke aan sy passie vir rugby het hy hom as ‘n eerste liga skeidsregter bekwaam.

 

Kleingeld het hom stelselmatig in Limpopo as een van die voorste, oftewel top vier, fluitjieblasers gevestig.

 

“Ek sal graag die fluit wil blaas tot ek my 33-jarige ouderdomkerf bereik het.  Daarna sal ek graag wil mik om vir die afrigting en verrigting van Suid-Afrikaanse Rugby skeidsregters verantwoordelik te wees. Ek wil nie ouer as 33-jarige ouderdom blaas nie”, het Kleingeld gesê.

 

Volgens Kleingeld is sekerlik een van die moeilikste van skeidsregting om regverdig te wees en veral ondersteuners gelukkig te hou.

 

Kleingeld sê “Daar is al op my geskree en ek is al gedreig. As “blaser” is dit die beste om jouself by die wedstryd en die reëls van die spel te bepaal sonder om mense se skellery kop toe te neem”.

 

“Ek erken indien ek ‘n fout begaan het. Ek glo skeidsregters, wat sy foute erken, sal op die einde net ‘n beter en gesoute skeidsregter word. Alhoewel daar wel diegene is wat sal ontken dat hulle foute maak, is ek is nie so nie.  Dis belangrik om aan jou foute te werk om dit sodoende te kan uitskakel.”

 

Volgens Kleingeld het heelwat van Limpopo se ouer en ervare skeidsregters hul fluite opgehang. Hy sê dit hang van die jonger generasie af om betrokke te raak as skeidsregters en dat leerders van so jonk as 16-jaar al betrokke kan raak.

 

“Limpopo se huidige skeidsregters se kwaliteit is baie goed en hoef beslis nie vlak gekyk te word nie.  Dis belangrik om jonger skeidsregters te betrek waar hulle die nodige ervaring kan leer. Ek was gelukkig om onder die wakened oog van die ervare Limpopo Blou Bulle skeidsregter, Attie Buitendag, my as skeidsregter te bekwaam.”

 

Hy sê dat skeidsregters nie moet mik om die kollig in ‘n wedstryd te steel nie. Volgens hom gaan dit oor die spel wat gespeel word en niks anders nie.

 

 Vossies word GEKROON as Virseker Beker Plaatafdeling Kampioene

 21 Aug 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster is Saterdag, 17 Augustus, gekroon as die Virseker Beker Plaatafdeling Kampioene in Alberton. Die Vossies het teen Hoërskool Eldoraigne van Pretoria te staan gekom in die kragmeting. [ Lees meer . . . ]

 Vossies “VIRSEKER” van Virseker semifinale

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster, wat verlede jaar nog in die Skild Afdeling gespeel het, het hierdie jaar in die Plaat Afdeling ‘n trappie hoër sy stempel afdruk en is seker van twee semifinale in die Top 17-skole in die hele Noordvaal. [ Lees meer . . . ]

 Vossies gooi appelkar omver!

 29 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossies het die afgelope naweek teen Hoërskool Marais Viljoen te staan gekom in die Virseker Beker Afdeling 1 Plaat. [ Lees meer . . . ]

 Vossie rugby het ‘n gemengde dag op die veld!

 21 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossie se O/14A-span was die beter span op die dag, maar is deur ‘n paar beslissings gekniehalter. DA Swart, die Vossies se kaptein, het van voor gelei en was uitstekend gewees. [ Lees meer . . . ]

 Vossies beklink sege in doodsnikke

 14 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossies het op Saterdag, 11 Mei, net weer bewys dat ‘n Vossie nooit opgee nie. Ben Vorster se O/14A-span het gewys dat Vossie se junior rugby gesond is. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-wintersport neem vriendskaplik deel teen Hoërskool Menlopark

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Vossies was die afgelope naweek in ‘n harde stryd teen Hoërskool Menlopark van Pretoria en het aan vriendskaplike wedstryde deelgeneem. Hoërskool Menlopark, een van die mega skole in die Noordvaal, het Die Hoërskool Ben Vorster se sport spanne omtrent laat werk om enige punte op die telbord te kry. Die Vossies het wel karakter gewys en nie gaan lê nie. [ Lees meer . . . ]

 Groen en Goud vir rugbyspelers

 28 Feb 2019 @ 00:00:00

Christiaan Smit en Renzo du Plessis, leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster, verruil die rooi en wit vir die GROEN EN GOUD! [ Lees meer . . . ]

 Grootvlei rugbytoer te Engeland en Skotland

 15 Oct 2018 @ 00:00:00

Gedurende die September/Oktober vakansie het 14 seuns van Ben Vorster se Inyathi’s tesame met hul hoof-afrigter, mnr. Sakkie Vermeulen, na Engeland en Skotland saam met Grootvlei Rugby Akademy getoer. [ Lees meer . . . ]

 Franco Broodryk aangewys as kaptein van rugbyspan!

 25 Sep 2018 @ 00:00:00

Gedurende die Maart vakansie het die Hoërskool Ben Vorster se Inyathi’s (2de span) deelgeneem aan ‘n rugbytoernooi te Grootvlei Sport academy Pretoria waar hulle meegeding het teen ander skole se 1ste spanne. [ Lees meer . . . ]