Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vernuftige Vossie-Skuts

 29 Jul 2019 @ 00:00:00

Die Vossie-skuts het hul vernuf weereens gewys by die afgelope naweek se kompetisie wat deur PHS aangebied is. Vier skole het aan die kragmeting deelgeneem.

 

Die Hoërskool Ben Vorster-skuts is by uitstek van deursettingsvermoë en durf aanmekaar gesit! Hulle oefen vier keer per week en neem aan 12 kompetisies deel van Januarie tot Oktober. Hulle is díé span in Limpopo met ses eerste plekke, 10 tweede plekke en 11 derde plekke.

 

Ben Vorster–fynskuts, wat hul staal gewys het, was: Maryke Basson, Mareli Delport, Zack Verster, Johandre le Roux en Liam Meredith (O/21). Zander Engelbrecht, Cleo Kotze, Semilda van Hansen, Pieter Basson, (O/16) en Tiard Thompson en Joshua Prior in die O/14 ouderdom.

 

Mareli was eerste in die 3P-lê posisie (O/21) met ‘n telling van 194/200, met Maryke tweede, (193/200) en Zack derde (189/200).

 

Cleo was tweede in die lê-posisie (O/16) met 188/200 en Pieter derde met 186/200.

 

In die O/21-staan-posisie was Maryke eerste met 176/200, Zack tweede met 160/200 en Johandre le Roux derde met 160 op ‘n terugtelling.

 

Pieter was tweede in die O/16-staan met 160/200 en Cleo vierde.

 

In die O/21-knielposisie was Johandre eerste met 175/200, Mareli tweede met 172 en Maryke derde met 169.

 

Zander was tweede in O/16-kniel met 184/200 en Pieter derde met 171/200. Tiard Thompson was derde in die O/14-ouderdom.

 

Maryke was eerste in die 3P-totaal, 10m-staan en Algeheel - met ‘n totaal van 353/400 (10m), Mareli tweede en Johandre derde.

 

Pieter was tweede in die O/16 10m-staan, 3P-totaal en Algeheel met Zander derde.

 

Tiard was derde in die O/14-ouderdom se 3P-afdeling en Algeheel tweede.

 

Maryke vertrek hierdie week na Engeland om te gaan deelneem aan die Junior British International Championship in Bisley, Engeland. Sy’s die enigste Limpopo skut wat in die SA-Skolespan is. Die Vossies sien uit na goeie tellings en medaljes!

Foto 1:  

Voor:  Zack Verster, Cleo Kotzé, Johandré le Roux, Maryke Basson en me. Anél Griesel (afrigter).

Agter: Pieter Basson, Mareli Delport, Tiard Thompson, Zander Engelbrecht, Liam Meredith en Semilda van Hansen.

Afwesig:  Joshua Prior.

Foto 2:  Maryke Basson vertrek hierdie week na Engeland om te gaan deelneem aan die Junior British International Championship in Bisley, Engeland.

 Maryke bring goud van Engeland huistoe!

 21 Aug 2019 @ 00:00:00

Maryke Basson, ‘n leerling van Die Hoërskool Ben Vorster, het Woendag teruggekeer van Engeland waar sy in Bisley aan die British Junior International Championships gaan deelneem het. [ Lees meer . . . ]

 Vossies skuts doen dit weer!

 21 Aug 2019 @ 00:00:00

Die afgelope naweek is die Limpopo Skyfskietkampioenskappe by Die Hoërskool Ben Vorster gehou. Ses skole se spanlede het meegeding vir 21 plekke in die span. [ Lees meer . . . ]

 Vossie skuts kraai koning by die Leeu kompetisie in Louis Trichardt.

 07 May 2019 @ 00:00:00

Op 4 Mei het die Vossies die skuts van Pietersburg Hoërskool, Hoërskool Louis Trichardt, Hoërskool Piet Potgieter en ME Akademie aangedurf en gewys dat hulle ‘n gedugte span is. [ Lees meer . . . ]

 Vossies bied met trots SA-skyfskietproewe aan

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster was die afgelope naweek die gasheer vir die SANSSU proewe vanaf 11-13 April 2019. [ Lees meer . . . ]

 Vossie Skuts Mik Sekuur!

 12 Mar 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster se skyfskietspan het weer gewys waar die teikens se kolskote lê. Hulle is fynskuts, wat hard werk, en het die vrugte daarvan gepluk. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-skuts op die wenpad!

 12 Feb 2019 @ 00:00:00

Die skyfskietspan van Die Hoërskool Ben Vorster het die afgelope naweek aan die eerste kompetisie van die jaar te Neos Akademie by Koedoeskop deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie skyfskietklub huisves afrigterskursus!

 30 Jan 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 19 Januarie 2019, was Ben Vorster Skyfskietklub die gasheer vir ‘n skyfskietafrigterskursus. Johan Pienaar is ‘n afrigter van Gauteng, en het die ISSF-kursus, wat groot byval gevind het, aangebied. [ Lees meer . . . ]

 Vossies vol vuur op SA’s

 15 Oct 2018 @ 00:00:00

Vossies was soos oudergewoonte op hul beste by die Suid-Afrikaanse skyfskiet-kampioenskappe in Newcastle, wat van 29 September tot 5 Oktober, plaasgevind het. [ Lees meer . . . ]

 Skyfskiet by Limpopo Kampioenskappe

 27 Aug 2018 @ 00:00:00

Die skyfskietjaar is besig om tot ‘n einde te kom en die provisiale hoogtepunt het op 18 Augsutus plaasgevind met die Limpopo Kampioenskappe wat by Hoërskool Ben Vorster aangebied is. [ Lees meer . . . ]