Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossies loop Italië plat!

 09 Oct 2019 @ 00:00:00

Bonjourno Ben Vorster! Wat ‘n ongelooflike ervaring. Sewentien Vossies het Italië aangedurf en met verwondering teruggekeer!

 

Die onvergeetlike toer het in die afgelope vakansie plaasgevind en almal was dit eens - dit was ‘n avontuur en ervaring soos min. 

 

Rome, Florence, Pisa, Gimingnano, Venesië en Milan het gesorg vir “WOW” - oomblikke van kunswerke, gondolas, katedrale, water taxi’s en smullekker Italiaanse kosse! 

 

Op 20 September was die tasse gepak en die paspoorte gereed vir ‘n bon voyage! Die groep was van vroeg tot laat besig gehou met besienswaardighede wat enige geharde reisiger sou laat swymel. Die Trevi Fontein, St Peters Katedraal en Sistynse Kapel, waar Michaelangelo nog daagliks skares betower, tot die leunende toring in Pisa en die bekoring van Toskane was vir die eerste vier dae op die agenda. Daarna het die Dawid beeld in Florence, die leer-en snuisterny-markte en ‘n segway rit (deur die stad) almal gaande gehad. Venesië se water bekoring en  glasblasers was die perfekte pasmaats vir die Doge paleis en Rialto. 

 

Milan is die Mekka van mode huise en met Leonardo da Vinci se teenwoordigheid lok die stad elkeen om te talm en het die Vossies swaar afskeid geneem van die Romeine. Vini vidi vici! Die Vossies het gekom, gesien en was oorweldig deur die bekoring van Italië!

 

Die leerders was in mee Anel Griesel en Adele du Plessis se bekwame hande en het behaaglik moeg op 30 September teruggekeer. 

 

Toergroep: Lané Prinsloo, Zoé Jacobs, Chantel v Schalkwyk, Zinnia du Plessis, Nicola van Heyningen, Ashleigh Nkapele, Helandré Venter, Danielle Swart, Nikita Sacks, Bevan Schoombie, Mia Wiid, Kay-Dean Swigelaar, Simoné Greeff, Tessa van Heyningen en Iloné Venter. 

 Vossies presteer by Tritech se Nasionale Rondte

 11 Sep 2019 @ 00:00:00

Die Tritech Nasionale Rondte het op 6 en 7 September by Hoërskool Merensky plaasgevind. [ Lees meer . . . ]

 Vossies verwerf niks minder as A’s en A-plusse tydens Radikale Redenaarskompetisie!

 21 Aug 2019 @ 00:00:00

Vossie leerders het op Maandag, 12 Augustus 2019, aan die Radikale Redenaarskompetisie deelgeneem en het beïndruk met vier A’s en twee A-plusse. [ Lees meer . . . ]

 Ben Vorster neem deel aan die Tritech Streeksrondte

 29 Jul 2019 @ 00:00:00

Op Vrydag, 19 Julie 2019, het vyf van Die Hoërskool Ben Vorster se leerders aan die Streeksrondte van Tritech te Ben Vorster deelgeneem en uitstekende uitslae behaal. [ Lees meer . . . ]

 Kan jy dink... of gaan jy sink???

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Op 12 Julie 2019 het ses spanne (18 leerders) van Hoërskool Ben Vorster aan die AfriForum Dink of Sink kompetisie deelgeneem. Dit was die eerste rondte van die Limpopo streek. [ Lees meer . . . ]

 Gekonfyte woorde wat werk

 04 Sep 2018 @ 00:00:00

Thys Nortjé,’n graad 11-leerder van Hoërskool Ben Vorster, het Vrydag, 17 Augustus, sy slag gewys tydens die ATKV-redenaars se finaal te Buffelspoort. [ Lees meer . . . ]

 Zoé vaar uitstekend by Rojac!

 04 Sep 2018 @ 00:00:00

Op Saterdag, 26 Augustus, het Zoé Robertson, ‘n graad 11-leerling van Hoërskool Ben Vorster, aan die jaarlikse “Rojac”-kompetisie te Polokwane deelgeneem. Rojac” staan vir “Rotary Junior Ambassador’ s Competition”. [ Lees meer . . . ]

 Zoé vaar uitstekend by Rojac!

 03 Sep 2018 @ 00:00:00

Op Saterdag, 26 Augustus, het Zoé Robertson, ‘n graad 11-leerling van Hoërskool Ben Vorster, aan die jaarlikse “Rojac”-kompetisie te Polokwane deelgeneem. Rojac” staan vir “Rotary Junior Ambassador’ s Competition”. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-onderwysers word vereer

 05 Feb 2018 @ 10:33:23

4 van die Hoërskool Ben Vorster se onderwysers is op 26 Januarie vereer tydens die Mayor’s Excellence Awards-seremonie gehou te Hotel@Tzaneen. [ Lees meer . . . ]

 Vossies presteer by Nasionale Tritech!

 18 Sep 2017 @ 10:52:44

Vyf leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster het op Vrydag, 15 September, aan die Nasionale Tritech rondte deelgeneem. [ Lees meer . . . ]