Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossie atlete presteer

 24 Oct 2019 @ 00:00:00

Die Vossie atlete het op Saterdag, 19 Oktober 2019, aan die voorseisoen JJJ-atletiekbyeenkoms gaan deelneem wat by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier plaasgevind het.

 

18 hoërskole het die bloedige hitte trotseer en die Vossie atlete het nie teleurgestel nie.  Die volgende atlete het die top ses posisies beklee:

 

Dogters:

  1. Yvett Mokwena, D O/14  90m-hekkies 6de, verspring 5de
  2. Mixo Nxamalo, D O15  110m 4de, verspring 3de – Brons
  3. Risima Ngobeni, D O/15  verspring 2de – Silwer
  4. Winnie Maluleke, D O/15  hoogspring 1ste – Goud
  5. Khanyisa Rikhotso, D O/15  driesprong 3de – Brons
  6. Hlanganani Mathebula, D O/15  spiesgooi 3de – Brons
  7. Vunene Mabuza, D O/15  gewigstoot 5de
  8. Khensani Ledwaba, D O/15  200m 6de
  9. Nachandré de Lange, D O/15  90m-hekkies 6de
  10. Elsje Kriel, D O/16  100m-hekkies 4de,

400m-hekkies 2de – Silwer

  1. Jolene Cordier, D O/16  400m 4de
  2. Zoë Bergmann, D O/16  spiesgooi 4de
  3. Jolandi van der Merwe, D O/19  spiesgooi 1ste – Goud

 

Seuns:

  1. Dion Sebela, S O/14  1500m 3de – Brons
  2. Paballo Legodi, S O/15  100m 2de – Silwer (rekord 10,98sek) 1007 ABSA-punte, 200m 2de - Silwer
  3. Tshegofatso Ramaloko, S O/15  100m-hekkies 1ste – Goud (13,26sek) 1021 ABSA-punte,

verspring 2de – Silwer (6,54m) 1022 ABSA-punte)

  1. Kea Maake, S O/15  diskus 4de
  2. Kagiso Ramaloto, S O/15  300m-hekkies 6de
  3. Tsaki Shingwenyana, S O/16  200m 4de
  4. Shaun Ndlopfu, S O/16  1500m 5de
  5. Mashohle Nkgapele, S O/16  1500m 6de
  6. Ndzalama Twala, S O/16  400m-hekkies 3de – Brons
  7. Atwell Mokgoloboto, S O/19  spiesgooi 2de – Silwer

 

 

Trofee:

Tshegofatso Ramaloko ontvang die volgende twee trofees:

  • Beste Junior seunshekkie-atleet
  • Junior Victor Lodorum

 

Baie geluk aan al hierdie atlete.  Die Vossies is trots op julle!

Foto 1:  

Voor: Jolene Cordier, Khanyisa Rikhotso en Yvett Mokwena.

Agter:  Winnie Maluleke, Zoë Bergmann, Risima Ngobeni, Elsje Kriel en Mixo Nxamalo.

Afwesig:  Hlanganani Mathebula, Vunene Mabuza, Khensani Ledwaba, Nachandré de Lange en Jolandi van der Merwe.

Foto 2:  

Voor: Dion Sebela

1ste ry:  Shaun Ndlopfu, Paballo Legodi, Mashohle Nkgapele en Tsaki Shingwenyana.

2de ry: Ndzalama Twala en Atwell Mokgoloboto.

Agter:  Tebogo M’khomazi, Kea Maake en Kagiso Ramaloto.

Afwesig: Tshegofatso Ramaloko en Mashohle Nkgapele.

Foto 3:  Tshegofatso Ramaloko ontvang die trofees vir die Beste Junior seunshekkie-atleet en  Junior Victor Lodorum

 

 Vossies verower silwer by SA’s

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Twee van Die Hoërskool Ben Vorster se atlete het aan die Suid-Afrikaanse Hoërskole Atletiekbyeenkoms, wat vanaf 21 tot 23 Maart 2019 in Port Elizabeth plaasgevind het, deelgeneem en puik presteer. [ Lees meer . . . ]

 Vossie atlete presteer by Distrikte Kampioenskappe

 05 Mar 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 23 Februarie 2019, het die Distrikte Atletiekbyeenkoms by Die Hoërskool Ben Vorster plaasgevind. [ Lees meer . . . ]

 Vossies by INTERHOËR

 28 Feb 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster atlete het hulle atletiekseisoen afgesluit met die NWU-Interhoër (Groep 4) wat op die Herman Immelman Stadion op Dinsdag, 19 Februarie 2019, plaasgevind het. [ Lees meer . . . ]

 Vossies-atlete skitter by Lydenburg Atletiekbyeenkoms

 12 Feb 2019 @ 00:00:00

Die Vossie-atlete het op Saterdag, 9 Februarie 2019, aan die Lydenburg Prestige Atletiekbyeenkoms deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossies skitter by Top 15

 12 Feb 2019 @ 00:00:00

17 atlete van Die Hoërskool Ben Vorster het aan die Noordheuwel Top 15-atletiekbyeenkoms, wat by die UJ-stadion in Johannesburg plaasgevind het, deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 BB Motorgroep Prestige Atletiek!

 06 Feb 2019 @ 00:00:00

Op Vrydag, 1 Februarie 2019, het die Hoërskool Ben Vorster die jaarlikse BB Motorgroep Prestige atletiekbyeenkoms aangebied. Skole wat die byeenkoms bygewoon het, was: Curro Nelspruit, Lowveld Academy en Stanford Lake College. [ Lees meer . . . ]

 Atletiek by Ben Voster in volle swang

 28 Jan 2019 @ 00:00:00

Die Vossie-atlete het op Vrydag, 25 Januarie 2019, aan die Middelburg Tegniese Prestige Atletiekbyeenkoms deelgeneem. Ongelukkig het die byeenkoms teen 19:00 uitgereën, maar die Vossies het nog steeds uitstekend presteer. [ Lees meer . . . ]

 Atlete presteer by Nelspruit atletiekbyeenkoms!

 23 Jan 2019 @ 00:00:00

Die atlete van Die Hoërskool Ben Vorster het op Saterdag, 19 Januarie 2019, aan die Nelspruit atletiekbyeenkoms deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossies hou Atletiek Interhuis

 15 Jan 2019 @ 00:00:00

Die jaarlikse Interhuis Atletiek van die Hoërskool Ben Vorster het op Donderdag en Vrydag, 10 en 11 Januarie 2019, plaasgevind. [ Lees meer . . . ]