Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Ben Vorster is Limpopo swemkampioene

 24 Oct 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster het die Top 10-swemgala vir Hoërskole vir die sesde keer in ’n ry ingepalm.  Die Vossies het op Dinsdag, 15 Oktober, in Polokwane in ‘n bloedige warm dag gewys dat hulle nie die beker maklik gaan prys gee nie.  Die uitslae was as volg:

 

Medaljes: 19 Goud, 14 Silwer en 16 Brons

 

Medalje Wenners

 

Dogters:        Yvonne Botha, D O/14 (2 Brons)

                        Liandri de Bruin, D O/15 (2 Brons)

                        Kayla Olivier, D O/16 (1 Goud, 2 Silwer en 1 Brons)

                        Anika Bezuidenhout, D O/16 (2 Silwer en 2 Brons)

                        Zanel Steenkamp, Ope (5 Goud)

                        Elmé Genis, Ope (2 Silwer)

                        Zané Botha, Ope (1 Brons)

 

Seuns:           Juan Meintjes, S O/14 (4 Goud)

                        Armand van Vuuren, S O/14 (2 Brons)

                        Aldo Blignaut, S O/14 (1 Goud en 1 Silwer)

                        Marnus Kruger, S O/15 (3 Goud en 2 Silwer)

                        Pieter du Toit, S O/16 (2 Brons)

                        Erno Botha, S O/16 (2 Silwer)

                        Doran Kleynhans, Ope (2 Silwer)

 

Aflosse:         O/15-Dogterspan (1 Brons)

                        O/16-Dogterspan (2 Brons)

                        Ope Dogterspan (2 Goud)

                        O/14-Seunspan (2 Goud)

                        O/16-Seunspan (1 Goud en 1 Silwer)

                        Ope Seunspan (1 Brons)

 

Trofees:

Beste Individuele prestasie seuns (Junior)

Juan Meintjes, S O/14  50m-vlinderslag, 29,58 sekondes

Nuwe rekord 668 HY-Tek punte

 

Senior Victrix Ludorum

Zanel Steenkamp  100 punte, 5 goue medaljes

 

Beste seunspan

Hoërskool Ben Vorster  829,50 punte

 

Algehele wenners

Hoërskool Ben Vorster  1 593,50 punte

 

Puntestand van skole:

Hoërskool Ben Vorster  1593,50

Hoërskool Ben Viljoen  1578,50

Hoërskool Piet Potgieter  1551,50

Hoërskool Ellisras  1366

Hoërskool Warmbad  1281

Stanford Lake College  1251

Pietersburg Hoërskool  1231

Hoërskool Merensky  1057,50

Hoërskool Frans du Toit  731

Eric Louw Hoërskool  554

 

Baie geluk aan al die swemmers.  Die Vossies is trots op julle!  Ons wil van die geleentheid gebruik maak om al die onderwysers, swemmers, ouers, borge en afrigters [mnr. Johan Grobbelaar (SHAMU) en me. Liezl en mnr. Hein Toerien (TASK)] geluk te wens met hierdie puik prestasie.  ’n Spesiale dank aan mnr. Pohl (organiseerder) wat die Vossies so aanmoedig en inspireer! Sonder die toewyding en harde werk sou dit nie moontlik gewees het nie.  Ons salueer julle.

Foto 1:  Beste individuele prestasie seuns (Junior) – Juan Meintjes

Foto 2:  Senior Victrix Ludorum – Zanel Steenkamp

Foto 3:  

Limpopo swemkampioene 2019,

Kapteine – Doran Kleynhans en Zanel Steenkamp.

Foto 4:  Doran Kleynhans, kaptein - Beste seunspan met 829,50punte

Foto 5:  Senior aflosspan – Doran Kleynhans, Gustav Small en Nantus van der Nest. 

Foto 6:  

Hoërskool Ben Vorster swemspan 2019

Voor: Mnr. J. Pohl (organiseerder), Lané Prinsloo, Theané Krog, Bianca Oberholzer, Zanel Steenkamp (kaptein), Kayla Olivier, Juante Paulse, Tashné Opperman, me. E. Oosthuizen (spanbestuurder).

1ste ry: Luan Lategan, Anika Bezuidenhout, Nicola van Heyningen, Yvonne Botha, Jarike Stapelberg, Liandri de Bruin, Danielle Naudé, Zané Botha, Nicola Aucamp.

2de ry: Joalize Smit, Vian Jacobs, Elmé Genis, Nantus van der Nest, Brenda Hermann, Pieter du Toit, Renschie Engelbrecht en Ruan Paulse.

Agter: Ruben Vosloo, Armand van Vuuren, Gustav Small, Aldo Blignaut, Erno Botha, Lodewikus Joubert, Marnus Kruger, Ernst van der Schyff en Johan Snyman.

Afwesig: Doran Kleynhans (kaptein), Juan Meintjes en Maynhardt Kleynhans.

 Vossie flippers blink uit by die Limpopo Skole Kampioenskappe

 09 Oct 2019 @ 00:00:00

Agt van Die Hoërskool Ben Vorster se swemmers het aan die Limpopo Skole Kampioenskappe op Saterdag, 5 Oktober, tot Sondag, 6 Oktober, in Polokwane gaan deelneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie swemmers presteer!

 29 Jul 2019 @ 00:00:00

Vyf leerlinge van Die Hoërskool Ben Vorster het uitstekend gevaar tydens die Age Group 2 Swemgala, wat op Saterdag, 20 Julie 2019, te Ben Vorster, plaasgevind het. [ Lees meer . . . ]

 Vossie Flippers presteer tydens Level 3-swemkampioenskappe

 08 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Suid-Afrikaanse Level 3-swemkampioenskappe het vanaf 28-31 Maart 2019 by Germiston (Johannesburg) plaasgevind. Die Vossie swemmers het uitstekend gevaar met die volgende top uitslae van elke swemmer: [ Lees meer . . . ]

 Ben Vorster presteer in die water!

 06 Feb 2019 @ 00:00:00

Tien van Die Hoërskool Ben Vorster se swemmers het aan die Limpopo School Champs, wat op 1 en 2 Februarie in Polokwane plaasgevind het, deelgeneem. Baie geluk aan al ons swemmers - almal het puik presteer. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-Flippers is SA-skole swemgala-kampioene

 11 Jan 2019 @ 00:00:00

Die volgende Vossie-swemmers het vanaf 9 tot 14 Desember 2018 aan die SA-skole swemgala-kampioenskappe deelgeneem. Dit het by Ellispark in Johannesburg plaasgevind en hulle het puik presteer! [ Lees meer . . . ]

 Vossie Sprint Gala

 27 Aug 2018 @ 00:00:00

Vier swemmers van Hoërskool Ben Vorster het op Saterdag, 18 Augustus 2018, aan die TUKS Sprint Gala deelgeneem wat op Mokopane plaasgevind het. Baie geluk aan al die swemmers. [ Lees meer . . . ]

 Vossies in Limpopo-swemspan

 27 Aug 2018 @ 00:00:00

Elf Vossie-swemmers het vir die Limpopo-swemspan gekwalifiseer, wat tussen 9 – 14 Desember 2018 aan die SA-skole Kampioenskappe te Kaapstad, gaan deelneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossies swem die wêreld aan die brand!

 05 Jun 2018 @ 00:00:00

Vier leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster is gekies vir die Limpopo Aquatics swemgroep. Ruan Hanaczeck-Krüger is vir die Elite Senior groep gekies en Doran Kleynhans, Erno Botha en Pieter Du Toit is vir die Junior FAST TRACK groep gekies. [ Lees meer . . . ]

 Ruan presteer tydens die SA-swem te Durban

 16 Apr 2018 @ 00:00:00

Ruan Hanaczeck-Krüger, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, het aan die SA-swemkampioenskappe in Durban deelgeneem. [ Lees meer . . . ]