Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossies verower silwer by SA’s

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Twee van Die Hoërskool Ben Vorster se atlete het aan die Suid-Afrikaanse Hoërskole Atletiekbyeenkoms, wat vanaf 21 tot 23 Maart 2019 in Port Elizabeth plaasgevind het, deelgeneem en puik presteer.

 

Die uitslae was as volg:

Paballo Legodi (S O/15) het ‘n 6de plek in die 100m-semifinaal met ‘n tyd van 11,54 sekondes verower.

 

Tshegofatso Ramoloko (S O/15) het ‘n 3de plek in die 3de 100m-hekkie-uitdunne (met ‘n tyd van 13,72 sekondes) behaal.  Tshego het ook ‘n silwermedalje in verspring (met ‘n afstand van 6,72m) verwerf.

 

Baie geluk aan dié twee atlete.  Die Vossies is supertrots op julle!

Foto 1:  Tshegofatso Ramoloko en Paballo Legodi.

 Vossie atlete presteer by Distrikte Kampioenskappe

 05 Mar 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 23 Februarie 2019, het die Distrikte Atletiekbyeenkoms by Die Hoërskool Ben Vorster plaasgevind. [ Lees meer . . . ]

 Vossies by INTERHOËR

 28 Feb 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster atlete het hulle atletiekseisoen afgesluit met die NWU-Interhoër (Groep 4) wat op die Herman Immelman Stadion op Dinsdag, 19 Februarie 2019, plaasgevind het. [ Lees meer . . . ]

 Vossies-atlete skitter by Lydenburg Atletiekbyeenkoms

 12 Feb 2019 @ 00:00:00

Die Vossie-atlete het op Saterdag, 9 Februarie 2019, aan die Lydenburg Prestige Atletiekbyeenkoms deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossies skitter by Top 15

 12 Feb 2019 @ 00:00:00

17 atlete van Die Hoërskool Ben Vorster het aan die Noordheuwel Top 15-atletiekbyeenkoms, wat by die UJ-stadion in Johannesburg plaasgevind het, deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 BB Motorgroep Prestige Atletiek!

 06 Feb 2019 @ 00:00:00

Op Vrydag, 1 Februarie 2019, het die Hoërskool Ben Vorster die jaarlikse BB Motorgroep Prestige atletiekbyeenkoms aangebied. Skole wat die byeenkoms bygewoon het, was: Curro Nelspruit, Lowveld Academy en Stanford Lake College. [ Lees meer . . . ]

 Atletiek by Ben Voster in volle swang

 28 Jan 2019 @ 00:00:00

Die Vossie-atlete het op Vrydag, 25 Januarie 2019, aan die Middelburg Tegniese Prestige Atletiekbyeenkoms deelgeneem. Ongelukkig het die byeenkoms teen 19:00 uitgereën, maar die Vossies het nog steeds uitstekend presteer. [ Lees meer . . . ]

 Atlete presteer by Nelspruit atletiekbyeenkoms!

 23 Jan 2019 @ 00:00:00

Die atlete van Die Hoërskool Ben Vorster het op Saterdag, 19 Januarie 2019, aan die Nelspruit atletiekbyeenkoms deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossies hou Atletiek Interhuis

 15 Jan 2019 @ 00:00:00

Die jaarlikse Interhuis Atletiek van die Hoërskool Ben Vorster het op Donderdag en Vrydag, 10 en 11 Januarie 2019, plaasgevind. [ Lees meer . . . ]

 Vossies presteer by atletiekbyeenkoms met 7 goue medaljes

 24 Oct 2018 @ 00:00:00

Die Vossies het op Saterdag, 20 Oktober 2018, aan die Marius Lengton Atletiekbyeenkoms, wat deur Hoërskool Tom Naudé aangebied is, deelgeneem. [ Lees meer . . . ]