Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossie-wintersport neem vriendskaplik deel teen Hoërskool Menlopark

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Vossies was die afgelope naweek in ‘n harde stryd teen Hoërskool Menlopark van Pretoria en het aan vriendskaplike wedstryde deelgeneem. Hoërskool Menlopark, een van die mega skole in die Noordvaal, het Die Hoërskool Ben Vorster se sport spanne omtrent laat werk om enige punte op die telbord te kry.  Die Vossies het wel karakter gewys en nie gaan lê nie.

 

HOKKIE

Die hokkie uitslae was as volg:

Hoërskool Menlopark het ses van die agt wedstryde gewen.

Die Vossies se O/14A-dogterspan het 2 elk geëindig en die 1ste dogterspan het hul wedstryd 2-1 gewen.  Die twee doele is deur Christine Kruger en Milané Smit / Amberley Bergmann aangeteken.

SPAN:                 H/S BV           H/S MENLOPARK

 

O/14A  2  2

O/14B  0  15

O/15A  0  4

O/15B  0  7

O/16A  0  5

2de span  0  2

1ste dogterspan  2  1

1ste seunspan  1  2

 

Ligawedstryd: Vossies se 1ste seunspan vs PHS

Die Vossies se 1ste seunspan het Woensdag, 10 April 2019, hul eerste ligawedstryd, tuis op hul astrobaan teen PHS kragte gemeet. 

Dit was ‘n strawwe wedstryd en die manne het tot op die einde geveg, maar kon net nie deurbreek om in die laaste paar minute doele teen PHS aan te teken nie. Die Vossies het op ‘n stadium 2-1 voorgeloop in die wedstryd. Die halftyd-telling was 3-2 vir PHS. Die Vossies het die wedstryd met een doel verloor (5-4).

Die Vossies is baie trots op die spelers en hou hul met verwagting dop vir die res van die liga.

Die O/15A-seunspan het ‘n vriendskaplike wedstryd teen PHS se O/14A-span gespeel.  Die Vossies het die wedstryd 3-1 gewen.

  

 

 

 Zoë in Mpumalanga Senior Dames IPT-hokkiespan

 11 Sep 2019 @ 00:00:00

Zoë Bergmann, ‘n 16 jarige leerder van Die Hoërskool Ben Vorster, is tydens die Julievakansie verkies as lid van die Mpumalanga Senior Dames IPT-hokkiespan. [ Lees meer . . . ]

 Die O/15-Vossie dogterhokkiespan is Champ of Champs in Limpopo!

 29 Jul 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 27 Julie, het twee van Die Hoërskool Ben Vorster se dogtershokkiespanne (O/14 en O/15) aan die “Champ of Champs” wedstryde in Polokwane gaan deelneem en uitstekend gevaar. [ Lees meer . . . ]

 Ben Vorster Dogters Hokkie Limpopo Semi en Finale

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Al vyf dogterhokkiespanne van Die Hoërskool Ben Vorster het deurgedring na die Limpopo semifinale, wat op Vrydag, 19 Julie 2019, plaasgevind het. [ Lees meer . . . ]

 Vossie hokkie wen 4 uit 5 wedstryde teen Stanford

 29 May 2019 @ 00:00:00

Op Maandag, 20 Mei 2019, het die twee eerste spanne en die O/15A-seunspan hul ligawedstryde teen Stanford gaan speel. [ Lees meer . . . ]

 Liam presteer!

 21 May 2019 @ 00:00:00

Liam Meintjes, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, is in die O/18A-IPT- hokkiespan, wat gedurende die Junie vakansie in Pietermaritzburg gaan deelneem, opgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie hokkie meet kragte teen by Kempton Park

 21 May 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 18 Mei 2019, het die Vossies - dou voor dag die lang pad aangevat Kempton Park toe. Die Vossies het twee wedstryde gewen en twee gelykop gespeel. [ Lees meer . . . ]

 Limpopo hokkie het hul A- en B-spanne aangekondig

 14 May 2019 @ 00:00:00

Baie geluk aan die volgende Vossie dogters wat in die onderskeie spanne opgeneem is om hul provinsie te gaan verteenwoordig gedurende die Junie vakansie. [ Lees meer . . . ]

 10 Vossie seunshokkiespelers in Limpopo spanne opgeneem

 03 May 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster is baie trots op die volgende seunshokkiespelers wat in onderskeie ouderdomsgroepe opgeneem is om hul provinsie te verteenwoordig tydens toernooie in die Junie /Julie vakansie. [ Lees meer . . . ]

 2019-Nedstar Hokkiekliniek

 08 Apr 2019 @ 00:00:00

Die eerste spanne van die Hoërskool Ben Vorster het gedurende die vakansie (20 - 23 Maart 2019) aan die Nedstarhokkiekliniek in Pretoria deelgeneem. [ Lees meer . . . ]