Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Vossie-wintersport neem vriendskaplik deel teen Hoërskool Menlopark

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Die Vossies was die afgelope naweek in ‘n harde stryd teen Hoërskool Menlopark van Pretoria en het aan vriendskaplike wedstryde deelgeneem. Hoërskool Menlopark, een van die mega skole in die Noordvaal, het Die Hoërskool Ben Vorster se sport spanne omtrent laat werk om enige punte op die telbord te kry.  Die Vossies het wel karakter gewys en nie gaan lê nie.

 

NETBAL

Die netbaluitslae was as volg:

 

BV se O/14A verloor 15-16 teen Menlo se O/14B.  Die Vossies was 13-1 voor, maar na halftyd het die planne teen hulle gewerk.

BV se O/14B verloor 6-13 teen Menlo se O14/C.

BV se O/14B verloor 17-19 teen Menlo se O14/D.

 

BV se O/15A verloor 16-25 teen Menlo se O/15A.

BV se O/15A wen 28-31 teen Menlo se O/14A.

BV se O/15B wen 24-16 teen Menlo se O/15D.

BV se O/15B verloor 13-28 teen Menlo se O/15C.

 

BV se O/16A verloor 16-31 teen Menlo se O/16A.

BV se O/16B verloor 8-22 teen Menlo se O/16C.

BV se O/16B wen 23-11 teen Menlo se O/16D.

Die 2de span verloor 11-26 teen Menlo se O/17A.

Die 2de span wen 15-9 teen Menlo se 2de span.

 

Die 1ste span het die eerste twee kwarte voorgeloop, maar die derde kwart gesukkel om balle deur te kry na die doele. Na 'n vinnige en skoon wedstryd het die Vossies die wedstryd teen Menlopark 31-27 verloor.

Lebogang Masedi en Shammar Ngobeni het vir groot opwinding aan die verdedigende kant gesorg.

Alhoewel die tellings teenstrydig was, kan ons getuig van uitstekende spel van die Vossies en beleef hoe die spelers se vaardighede met elke wedstryd verbeter het.

  

Foto 1:  Zonika Stapelberg (GS), Molatelo Makoro (GA) en Nicole Bergsma (WA) in aksie.

Foto 2:  1ste spanne na hul wedstryd.

Foto 3:  Shammar Ngobeni (GD) en Beverley Mackaukau (WD) in aksie.

 Vossie netbalspan 7de in Suid-Afrika

 08 Oct 2019 @ 00:00:00

Die O/15-netbalspan het tydens die skoolvakansie aan die Top Skole Fast 5-netbaltoernooi te Boksburg, van 22-25 September, deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie netbal wys hul staal tydens die Fast 5-netbaltoernooi

 11 Sep 2019 @ 00:00:00

Die O/15- en O/17-netbalspanne van Die Hoërskool Ben Vorster het die naweek van 6 en 7 September aan die Hoërskool Oos-Moot se Fast 5-netbaltoernooi deelgeneem in Pretoria. [ Lees meer . . . ]

 Die Vossies se O/15-netbalspan is as Limpopo Fast 5-Kampioene gekroon

 21 Aug 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster se O/15- en O/17-spanne het die afgelope naweek aan die Fast 5-Limpopo Kampioenskappe in Polokwane deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie netbal kompeteer by Top skole

 22 Jul 2019 @ 00:00:00

Die 1ste en O/16-span van Die Hoërskool Ben Vorster het vanaf 18-21 Julie aan die Top skole netbaltoernooi in Boksburg gaan deelneem waar hul teen die wenners en naaswenners van elke provinsie in die land meegeding het. [ Lees meer . . . ]

 Limpopo Netbalkampioenskappe

 05 Jun 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster se 1ste-, O/16- en O/14-netbalspanne het die afgelope naweek aan die Limpopo Netbalkampioenskappe by PHS deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Rooimasjien se netbalmeisies kook!

 29 May 2019 @ 00:00:00

Op Dinsdag, 21 Mei 2019, het Die Hoërskool Ben Vorster se netbal ligawedstryde teen Merensky plaasgevind. [ Lees meer . . . ]

 Die Vossies wen sewe uit agt wedstryde in die eerste netbal ligawedstryde

 03 May 2019 @ 00:00:00

Die Vossies het op 25 April 2019 Hoërskool Frans du Toit verwelkom vir hul eerste ligawedstryde van die seisoen. [ Lees meer . . . ]

 Vossies bied ‘n uiters suksesvolle Laerskole netbaltoernooi aan

 08 Apr 2019 @ 00:00:00

Dit was vir Die Hoërskool Ben Vorster ‘n groot voorreg om die 13 deelnemende skole – Laerskool Tzaneen, Laerskool Louis Trichardt, Laerskool Messina, Curro Heuwelkruin, Laerskool Lydenburg, Laerskool Krugerpark, Laerskool Drakensig, Laerskool Duiwelskloof, Unicorn Primary, Laerskool Mariepskop, Laerskool Phalaborwa Noord, Laerskool Dr. Annecke en Laerskool Pietersburg Noord - op Vrydag en Saterdag, 29 en 30 Maart 2019, te ontvang. [ Lees meer . . . ]

 Vossie netbal het goeie ritme

 12 Mar 2019 @ 00:00:00

Die Vossie netbalspanne is besig om in goeie ritme te kom vir die komende netbalseisoen. [ Lees meer . . . ]