Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Nuus

 Oud-Vossie pronk met TWEE toekennings by KyKNET se Silwerskermfees!

 03 Sep 2019 @ 00:00:00

Inamari Schoonraad, oud-Vossie (2007), is tydens die Silwerskermfees genomineer vir drie toekennings en het met twee toekennings weggeloop vir haar kortfilm “My gelykenis”.  Gaan loer gerus op Kyknet se webblad na die kortfilm.  Ons is baie trots op Inamari.  Sy was vervaardiger (saam met Janhendrik Burger) en regisseur.  Die toekennings was vir:  Beste Kortfilm Kinematografie en Beste Kortfilm Produksie Ontwerp.  Dis ‘n uitsonderlike prestasie!

 Oud-Vossie opgeneem in die 2019-Spar Netbal Proteaspan

 07 Jun 2019 @ 00:00:00

Khanyisa Chawane, oud-Vossie is in die 2019-Spar Netbal Proteaspan opgneem. Die Vossies is trots op jou! [ Lees meer . . . ]

 Oud-Vossie verwerf Golden Key

 07 Jun 2019 @ 00:00:00

Gerhard Bezuidenhout, wat in 2017 gematrikuleer het, het die Golden Key toekenning ontvang. [ Lees meer . . . ]

 Oud-Vossie presteer!

 29 May 2019 @ 00:00:00

Bonanza Bvuma, ‘n oud-Vossie (2014), het aan die Universiteit van Pretoria haar B Com (Honneurs) in Internasionale Ouditering verwerf.  [ Lees meer . . . ]

 Oud-Vossie verwerf haar Graad

 03 May 2019 @ 00:00:00

Elma Pohl, dogter van Jacques en Nikki Pohl-leerkragte van Die Hoërskool Ben Vorster- het op 12 April 2019 haar LLB-graad verwerf. [ Lees meer . . . ]

 Oud-Vossie verwerf BA-graad

 16 Apr 2019 @ 00:00:00

Michelle Rossouw, ‘n oud-Vossie, wat in 2014 gematrikuleer het, het haar BA-graad in Sport-, Gesondheids- en Vryetydwetenskap aan die Noordwes Universiteit verwerf. [ Lees meer . . . ]

 Oud-Vossie verwerf Somatologie Diploma

 29 Jan 2019 @ 00:00:00

Op 5 Desember 2018 het Babkie Dry,‘n oud-Vossie, haar 3-jaar diploma in Somatologie aan Isa Carstens Academy Pretoria verwerf. [ Lees meer . . . ]

 Oud-Vossie verwerf B Des-graad

 23 Jan 2019 @ 00:00:00

Rochelle van der Merwe (dogter van mnr. Marius en me. Hanlu van der Merwe) het op 5 Desember 2018, haar B Des-graad in Binnehuise Argitektuur verwerf. Ons is saam met haar ouers trots op Rochelle. Baie geluk, Rochelle. Mag God jou ryklike seën op jou pad vorentoe! [ Lees meer . . . ]

 Oud-Vossie Lou-Maré Geldenhuys

 20 Sep 2018 @ 00:00:00

Lou-Maré Geldenhuys, oud-Vossie van die Hoërskool Ben Vorster, het haar Baccalaureus Educationis Honores in Onderwysbestuur, -Reg en Beleid tydens ‘n gradeplegtigheid by die Universiteit van Pretoria op 7 September ontvang. Sy is tans werksaam by Hoërskool Menlopark in Pretoria. [ Lees meer . . . ]

 Twee oud-Vossies presteer!

 04 Sep 2018 @ 00:00:00

Philip en Bernard Nieuwoudt (seuns van Fielies en Lidwinia Nieuwoudt) het onderskeidelik (2002 / 2004) aan die Hoërskool Ben Vorster gematrikuleer. Hulle het altwee na hulle aanvanklike studies by NWU Potchefstroom verder studeer en beide internasionale kwalifikasies verwerf. [ Lees meer . . . ]