Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Argiewe

Soek deur ons argiewe vir nuusartikels en foto's

 Welgedaan Tharishca met jou Limpopo-kleure!

 25 Sep 2018 @ 00:00:00

Tharischa van der Walt, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, is gekies om die Limpopo Provinsie by die SANESA-Western Mounted Games, wat van 29 September tot 1 Oktober 2018 in Parys (Vrystaat, te verteenwoordig. [ Lees meer . . . ]

 Limpopo Gholf-ster!

 25 Sep 2018 @ 00:00:00

Jaco de la Rey, ‘n graad 12-leerling van die Hoërskool Ben Vorster, is onlangs aangewys as die 2018-“Far North Junior Gholf Champion” van die jaar. [ Lees meer . . . ]

 Franco Broodryk aangewys as kaptein van rugbyspan!

 25 Sep 2018 @ 00:00:00

Gedurende die Maart vakansie het die Hoërskool Ben Vorster se Inyathi’s (2de span) deelgeneem aan ‘n rugbytoernooi te Grootvlei Sport academy Pretoria waar hulle meegeding het teen ander skole se 1ste spanne. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-netbal skitter by Fast 5-toernooi

 20 Sep 2018 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster se netbal het die afgelope naweek sukses beleef met hulle deelname aan die jaarlikse Fast 5-toernooi te Hoërskool Oos-Moot in Pretoria. Die Vossies se O/15-span is as naaswenners aangewys en die O/17-span het bronsmedaljes verower. [ Lees meer . . . ]

 Noordvaal Top 16-Sewesrugby

 20 Sep 2018 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster het die afgelope naweek te Pretoria aan die Noordvaal Sewesrugbykampioenskappe deelgeneem en puik presteer waar die O/15-sewesspan 7de en die O/17-sewesspan 11de geëindig het. [ Lees meer . . . ]

 Oud-Vossie Lou-Maré Geldenhuys

 20 Sep 2018 @ 00:00:00

Lou-Maré Geldenhuys, oud-Vossie van die Hoërskool Ben Vorster, het haar Baccalaureus Educationis Honores in Onderwysbestuur, -Reg en Beleid tydens ‘n gradeplegtigheid by die Universiteit van Pretoria op 7 September ontvang. Sy is tans werksaam by Hoërskool Menlopark in Pretoria. [ Lees meer . . . ]

 Mnr en Mej Vossie 2018 aangewys

 20 Sep 2018 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster het op 6 September hulle jaarlikse glansaand, waar mnr. en mej. Vossie vir 2018 aangewys word, gehou. HANCO – oud-Vossie, het ons vermaak op die rooi tapyt van Hollywood! [ Lees meer . . . ]

 Twee oud-Vossies presteer!

 04 Sep 2018 @ 00:00:00

Philip en Bernard Nieuwoudt (seuns van Fielies en Lidwinia Nieuwoudt) het onderskeidelik (2002 / 2004) aan die Hoërskool Ben Vorster gematrikuleer. Hulle het altwee na hulle aanvanklike studies by NWU Potchefstroom verder studeer en beide internasionale kwalifikasies verwerf. [ Lees meer . . . ]

 Gekonfyte woorde wat werk

 04 Sep 2018 @ 00:00:00

Thys Nortjé,’n graad 11-leerder van Hoërskool Ben Vorster, het Vrydag, 17 Augustus, sy slag gewys tydens die ATKV-redenaars se finaal te Buffelspoort. [ Lees meer . . . ]

 Zoé vaar uitstekend by Rojac!

 04 Sep 2018 @ 00:00:00

Op Saterdag, 26 Augustus, het Zoé Robertson, ‘n graad 11-leerling van Hoërskool Ben Vorster, aan die jaarlikse “Rojac”-kompetisie te Polokwane deelgeneem. Rojac” staan vir “Rotary Junior Ambassador’ s Competition”. [ Lees meer . . . ]
//1/2/3/4/5/6/7/8/9/10//