Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Argiewe

Soek deur ons argiewe vir nuusartikels en foto's

 Vossies oortref alle rekords

 05 Jun 2018 @ 00:00:00

Hoërskool Ben Vorster se netbal het by die afgelope naweek se Provinsiale Netbal Kampioenskappe gewys dat die Vossie-netbal net van krag-tot-krag gaan en het skoonskip gemaak in al die ouderdomsgroepe. [ Lees meer . . . ]

 Vossie spelers vereer!

 05 Jun 2018 @ 00:00:00

Johan Harms is Vrydagaand, 25 Mei 2018 tydens Limpopo Krieket Unie se jaarlikse prysuitdeling aangewys as Limpopo se O/15 krieketspeler van die jaar. [ Lees meer . . . ]

 Tien uit tien vir die Vossies teen nog ‘n makro skool

 05 Jun 2018 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster se rugby spanne het die afgelope naweek teen Hoërskool Jeugland van Kemptonpark te staan gekom. Al tien die verskillende spanne van die Vossies het skoonskip gemaak. [ Lees meer . . . ]

 Jolandi presteer!

 05 Jun 2018 @ 00:00:00

‘n Leerling van die Hoërskool Ben Vorster, Jolandi van der Merwe, is gekies vir die SPLIT SECOND ELITE-atletiekgroep wat van 28 Junie tot 8 Julie 2018 in Europa gaan toer. [ Lees meer . . . ]

 Inyathi's - spelers gekies vir Skotland en Engeland!

 05 Jun 2018 @ 00:00:00

Gedurende die Maart-skoolvakansie, 7 tot 9 April, het Ben Vorster se Inyathi's deelgeneem aan ‘n toernooi by Grootvlei-sportsentrum te Pretoria. [ Lees meer . . . ]

 Vossies swem die wêreld aan die brand!

 05 Jun 2018 @ 00:00:00

Vier leerlinge van die Hoërskool Ben Vorster is gekies vir die Limpopo Aquatics swemgroep. Ruan Hanaczeck-Krüger is vir die Elite Senior groep gekies en Doran Kleynhans, Erno Botha en Pieter Du Toit is vir die Junior FAST TRACK groep gekies. [ Lees meer . . . ]

 26 Vossie-rugbyspelers gekies vir Noordvaal- en Limpopo-spanne

 23 May 2018 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster het oudergewoonte hierdie jaar weer ‘n mooi aantal rugbyspelers wat opgeneem is in spanne vir die: Cravenweek, O/18-akademie-, Grant Khomo- en Noordvaal PUK-week. [ Lees meer . . . ]

 Die Vossies netbal skitter tydens liga-wedstryde teen Merensky

 23 May 2018 @ 00:00:00

Ben Vorster het op 17 Mei 2018, hulle liga-wedstryde teen Merensky gespeel en die Vossies het behoorlik geskitter tydens die netbal wedstryde. [ Lees meer . . . ]

 Ben Vorster hokkie liga-uitslae

 21 May 2018 @ 00:00:00

Op Woensdag, 16 Mei 2018, het die seuns liga-wedstryde teen Groblersdal Academy tuis plaasgevind. Die Vossies het een wedstryd gewen en een verloor. [ Lees meer . . . ]

 Vossies verséker te sterk vir Florida

 21 May 2018 @ 00:00:00

Die Vossies het op Saterdag, 12 Mei 2018, in hul tweede Virseker beker wedstryd teen Florida te staan gekom. Hulle het die manne van die rand met kous oor die kop huis toe gestuur deur sewe van die agt wedstryde te wen. [ Lees meer . . . ]
//1/2/3/4/5/6/7/8/9/10//