Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Argiewe

Soek deur ons argiewe vir nuusartikels en foto's

 Vossies by INTERHOËR

 28 Feb 2019 @ 00:00:00

Die Hoërskool Ben Vorster atlete het hulle atletiekseisoen afgesluit met die NWU-Interhoër (Groep 4) wat op die Herman Immelman Stadion op Dinsdag, 19 Februarie 2019, plaasgevind het. [ Lees meer . . . ]

 Nasionale Coca-Cola T20-krieket

 20 Feb 2019 @ 00:00:00

Op Woensdag, 13 Februarie, het Die Hoërskool se 1ste krieketspan teen Hoërskool Frans du Toit van Phalaborwa in hul laaste Nasionale Coca-Cola T20-rondomtalie westryd in Limpopo Noord streek te staan gekom en die Vossies het oortuigend met nege paaltjies gewen. [ Lees meer . . . ]

 Vossie ruiter - Azel Vorster

 20 Feb 2019 @ 00:00:00

Azel Vorster, ‘n graad 8-leerling van Die Hoërskool Ben Vorster, het die afgelope naweek aan haar 1ste SANESA-Limpopo Qualifier vir 2019 deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Zoë Bergmann is verkies tot die Mpumalanga Senior Dames Indoor hokkiespan

 20 Feb 2019 @ 00:00:00

Zoë Bergmann, ‘n graad 10-leerder van Die Hoërskool Ben Vorster, is verkies om die Mpumalanga senior dames indoor hokkiespan te verteenwoordig. Sy gaan aan die IPT-toernooi vanaf 20 tot 23 Februarie 2019 te Pietermaritzburg deelneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie-skuts op die wenpad!

 12 Feb 2019 @ 00:00:00

Die skyfskietspan van Die Hoërskool Ben Vorster het die afgelope naweek aan die eerste kompetisie van die jaar te Neos Akademie by Koedoeskop deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossies-atlete skitter by Lydenburg Atletiekbyeenkoms

 12 Feb 2019 @ 00:00:00

Die Vossie-atlete het op Saterdag, 9 Februarie 2019, aan die Lydenburg Prestige Atletiekbyeenkoms deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossies se uitblinkers word tydens hul prysuitdelingfunksie vereer

 12 Feb 2019 @ 00:00:00

Op Woensdag, 6 Februarie, is leerders van Hoërskool Ben Vorster vereer vir hul uitsonderlike prestasies. [ Lees meer . . . ]

 Vossies skitter by Top 15

 12 Feb 2019 @ 00:00:00

17 atlete van Die Hoërskool Ben Vorster het aan die Noordheuwel Top 15-atletiekbyeenkoms, wat by die UJ-stadion in Johannesburg plaasgevind het, deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Hoërskool Ben Vorster @ Hoërskool Merensky op krieketveld!

 06 Feb 2019 @ 00:00:00

Op Saterdag, 2 Februarie het die Vossies se Black Caps (1ste span) vas geval in die plaas se modder! Die Vossies het hul wedstryd ongelukkig teen Merensky met 2 paaltjies verloor, maar die Vossies se O/15-span het geseëvier en het Merensky oortuigend met 77 lopies gewen. [ Lees meer . . . ]

 Ben Vorster presteer in die water!

 06 Feb 2019 @ 00:00:00

Tien van Die Hoërskool Ben Vorster se swemmers het aan die Limpopo School Champs, wat op 1 en 2 Februarie in Polokwane plaasgevind het, deelgeneem. Baie geluk aan al ons swemmers - almal het puik presteer. [ Lees meer . . . ]
//3/4/5/6/7/8/9/10/11/12//