Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

E-boeke

Die dae is verby wanneer leeders gebuk hoef te gaan onder swaar tasse of tyd hoef te spandeer om
ou vraestelle op die internet op te spoor.

‘n Spesiale toep (app) stel leeders en onderwysers in staat om interaktief te kommunikeer.
Onderwysers kan hulle ekstra notas, videos, foto’s en internetskakels (links) op die boeke laai.

Leerders kan hulle eie notas in die boek aanbring en gedeeltes met kleur merk.
Die toep kan ‘n opsomming van die gemerkte gedeeltes genereer.

Onderwysers kan hulle eie handboeke en ou vraestelle met memo's via die toep beskikbaar stel.

‘n Jaarlikse registrasiefooi gee leeders toegang tot al die gratis materiaal asook toegang tot die toep via Wifi.
Indien leerders later in die jaar aansluit, word die registrasiefooi pro-rata uitgewerk.

Die e-boeke werk op die meeste slimfone en tablette met ten minste ‘n 16GB-geheue en 1GB-RAM.

 

Kontak

Estelle Oberholzer
076 821 7215
estelkie@yahoo.com