Hoërskool Ben Vorster | Tzaneen Hoërskool | Tzaneen High School

Kaleidoskoopland - Encore

Die drama afdeling van Kaleidoskoopland bied al die toekomstige akteurs die geleentheid om hul slag te kom wys.  Die leerlinge ontvang drama opleiding. Jaarliks word ‘n toneelaand gehou waartydens al die produksies waaraan deur die jaar gewerk word, opgevoer word. Hulle tree elke jaar by die ATKV- tienertoneelkompetisie op en dit is dan ook een van die kultuur hoogtepunte van die jaar.  Daar is ook verskeie stukke wat na die Eisteddfod toe gaan.  Ons het ‘n junior afdeling sowel, as ‘n senior afdeling. Ons het ‘n splinternuwe ateljee waar al die akteurs hul slag kan wys. 

 

Kontak

Louise van der Zee
083 458 4748
Louise@tzaneen.com

 

 Nuus:

 Brons vir Vossies by ATKV-toneelkompetisie!

 15 Aug 2017 @ 09:14:07

Die Hoërskool Ben Vorster se Encore! spel- en vertoningsatteljee het op Vrydag, 11 Augustus 2017, aan die ATKV-tienertoneelkompetisie se Roodepoort streeksrondte deelgeneem. [ Lees meer . . . ]

 Vossie redenaars maak geskiedenis!

 14 Jun 2016 @ 20:00:53

Drie van die agt Vossies wat aan die provinsiale rondte van die ATKV-redenaars deelgeneem het dring deur na die nasionale rondte. [ Lees meer . . . ]